1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7508830

Besoekers aanlyn

Ons het 24 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

MEDIAVERKLARING OOR HAATSPRAAK-WET

Hate Crimes BillDie voorgestelde Prevention and Combating of Hate Crimes and Hate Speech Bill is nog ‘n aflewering in die ANC/SAKP-regime se toenemend diktatoriale optrede. Dit vorm deel van ‘n program, die sogenaamde Tweede fase van die Rewolusie, om toenemend beheer uit te oefen oor alle sfere van die samelewing en terselfdertyd kritiek en teenstand teen die regime te elimineer.

Die voorgestelde wetsontwerp gaan veel verder as die bekamping van wat normaalweg as sogenaamde “haatmisdade” en “haatspraak” beskou sou word. Volgens klousule 4 van die Wetsontwerp, word die misdaad van haatspraak onder andere gepleeg deur enige sogenaamde “beledigende kommunikasie” (wat ook in die vorm van ‘n gebaar of lyftaal kan wees) wat met ‘n ander persoon of groep die spot dryf. Die spot moet gebaseer wees op een van ‘n aantal eienskappe wat in die wetsontwerp uiteengesit word soos ras, geslag, godsdiens, geloof, kultuur, taal, seksuele orientasie en selfs beroep of nering. Hierdie misdaad is strafbaar met ‘n stywe boete en/of drie jaar tronkstraf.

Volgens hierdie absurde bepaling sal vele satiriese werke, soos byvoorbeeld Herman Charles Bosman se Marico-verhale oor rasseverhoudinge, neerkom op die misdaad van haatspraak. Beroepsgrappies oor “skelm” prokureurs en ouditeure sonder persoonlikheid, sal eweneens strafbaar wees as haatspraak!

Die belangrikste oogmerk met die voorgestelde wet is waarskynlik om kritici van die onbevoegdheid en korrupsie binne die ANC/SAKP-regime tot stilswye te inhibeer en intimideer. Opvallend is die wye en vae bewoording van die voorgestelde wet wat regsonsekerheid in die hand werk en die gaping skep vir politieke hof-uitsprake. Die teenstanders van die regime moet in vrees leef vir viktimisasie en kriminele vervolging om sodoende die swye opgelê te word.

Hierdie voorgestelde wetgewing word gebaseer op die Grondwet wat veronderstel is om vryheid van spraak te waarborg. Ons het reeds gesien dat die eiendomsklousule in die Grondwet, soos geïnterpreteer deur die Konstitusionele Hofregters, nie eiendomsreg in Suid-Afrika waarborg nie. Die voorgestelde haatspraak-wetgewing toon dat die kamtige grondwetlike waarborg van vryheid van spraak eweneens nie veel werd is nie.

Die AVP meen die voorgestelde wetgewing is totaal ongevraagd in die lig van die Suid-Afrikaanse gemenereg oor die beskerming van die goeie naam en die eergevoel, asook crimen iniuria. Die AVP verwerp die voorgestelde haatspraak-wet as die tipiese gekamoefleerde optrede van ‘n kommunistiese regime wat enige kritiek en weerstand as “teen-rewolusioner” beskou en wil onderdruk. Die publiek moet wakker skrik en besef wat die ware aard en doel van die huidige staatkundige bestel is en die gevolge wat dit vir hulle inhou.

Pieter de W van der Spuy (AVP-woordvoerder: Justisie)

Prevention and Combating of Hate Crimes and Hate Speech Bill

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie