1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7464776

Besoekers aanlyn

Ons het 22 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

SLIMMIGHEID VANG SY BETERWETER EN DOMPEL SUID AFRIKA IN EEN VAN DONALD TRUMP SE “SHITHOLES”

C.J. Langenhoven‘n Skitterende ontleding van C.J. Langenhoven van vandag se politieke “leiers” in Suid Afrika wat langs sosiale media op die AVP se lessenaar beland het. Ons plaas dit graag, met erkenning.

"Die Afrikaner vertoon ‘n aantal merkwaardige karaktertrekke wat almal takke is van een wortel.

Hy is ‘n verdrukte en ‘n verslaafde en ‘n uitgesuigde , ‘n vrywillig uitgebuite en parasietprooi, omdat hy ‘n gloër en ‘n naprater en ‘n hendsopper is, ‘n nee-broer en ‘n ja-vreemde. En dit alles omrede van sy buitensporige dwase slimmigheid.

Die wortel van sy kwaad is dat hy ‘n beterweter is.   Sy beter-wetenskap bestaan daarin dat elkeen beter weet as al die ander wat elkeen beter weet as hy en beter as mekaar.

AmoebaDaarom kan jy nooit ‘n Afrikanerleier kry nie.   Net so gou as jy een het, het jy twee; en daar is skaars twee of elkeen van die twee is weer twee; nes die onsterflike, ongebore, eensellige kiemgoggatjies wat die merkwaardige rekenkundige probleem opgelos het om met verdeling te vermenigvuldig.

Wanneer daar ‘n wa van ons vasval en daar is ‘n span osse nodig om hom uit te sleep, soek ons twee span. Elke os word deur twee man aangebring, een van agter met ‘n sambok om hom haastig te maak, en een van voor met ‘n stomp vuur om hom terug te verskrik.

Wanneer ons dan op hierdie vernuftige manier die nodige dubbele aantal osse bymekaar versamel het, en daarna klaar rusie gemaak het oor elke besonderse os of hy in hierdie span sal trek of in daardie, en dan weer of hy haar moet kom of hot, naasvoor of op-ses, dan bind ons die een span se trektou aan die disselboom en die ander aan die briek en ons dryf op, vorentoe en agteruit, tot daar een van twee dinge gebeur.

Of die wa word middeldeur geskeur en elke span neem met sy stuk stelletjie die loop,  en dan baklei ons oor watter ander wa ons daar sal bring om te laat vasval. Of anders sleep die een span die wa met die ander en al weg en dan gryp die drywer van die verloorspan sy geweer en skiet die drywer van die winspan dood.

Wanneer ons in ‘n wanhopige oorlog gewikkel is (waar ons nie na gesoek het nie- ons is nooit eensgesind genoeg om na wát ook te soek nie) volg ons dieselfde gedragslyn, As die oorlog bietjie te onverwags skielik op ons lyf afkom, voor ons tyd gehad het om ons eie oorloggie onder mekaar aan die gang te sit om tot ‘n beslissing te kom aangaande die verdedigingplan, dan kan dit nog wees dat ons met een leër en een generaal begin.

Maar voor daar klaaar opgesaal en gegroet is, het ons twee.   Twee leërs en twee generaals.

Aanvanklik maak dit die vyand verbouereerd.   Hy kan nie so ‘n soort taktiek begryp om hom daarna te skik nie.   Ons bewegings is vir hom onberekenbaar, verwarrend; verrassend; verbysterend.

Net soos hy hom klaargemaak het dat ons nou sal links trek, borrel daar ‘n klomp van ons opsy uit en hulle trek regs.   Of hy oorval ons met ‘n oorstelpende oormag van honderd teen een, en ons retireer natuurlik.   Hy spring weg om ons te agtervolg en hy stuur triomferende kabelgramme agteruit home toe dat die oorlog oor is en die Boere totaal gedemoraliseer.

En dan plotseling vlie daar ‘n handjievol van ons terug onder ‘n splinternuwe opposisiegeneraal en hulle storm op die juigende oorwinnaar af en hulle skiet sy hele leër plat.   Dan moet hy maar weer kabelgramme stuur, sterker nog as die voriges, soveel honderdduisend Boere gesneuwel as wat dit Engelse was.

Hierdie dubbelsinnige taktiek is barbaars onbillik teenoor die teëparty. Hoe maak jy met ‘n vyand as jy nooit kan raai wat hy besig is om te probeer doen nie?   As dit ‘n bul is verwag jy hy sal stoot. ‘n Volstruis se plan sal wees om te trap en ‘n hond s’n om te byt.   Volgens daardie redelike verwagting maak jy jou eie planne klaar en kies jy jou gereedskap.   Maar as die bul dan begin te byt en die volstruis stoot en die hond trap, dan staan jy met al jou teëmaatreëls verspot!

Met erkenning aan Oom Buks Barnard

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie