Waarmee in Suid Afrika geslaag is om ‘n hele soewerein onafhanklike volk te onteien van sy land, en daarin geslaag is om sy regering te vervang met ‘n swart meerderheidsregime, is ‘n fenomeen waarneembaar wat nou wêreldwyd toegepas word om die hele blankedom te ontsetel en uiteindelik assimileer te kry tot in vergetelheid.
Dit was net ‘n klemverskuiwing. Die klem op die noodsaak vir die handhawing van identiteit is vervang deur die klem te verskuif na eenheid in diversiteit. Daarmee saam verval wet en orde, prestasie, integriteit, eerlikheid en verantwoordelikheid.
RAADSLID MNR ERWIN VERSTEEG: "ONS WIL MET SOWEL VERBINDEND ENSCHEDE AS MET DIE DINKTENK 'N EENHEID IN VERSKEIDENHEID BEWERKSTELLIG"
"Ons het 'n baie insiggewende vraaggesprek gehad met die raadslid mnr. Erwin Versteeg wat behalwe dat hy die party Verbindend Enschede ly, ook betrokke is by die dinktenk IDNL.
"Meneer Versteeg misschien kunt u eerst iets over u zelf vertellen aan de lezers?"
"Ik ben getrouwd met Gerrie, we hebben twee kinderen en inmiddels drie kleinkinderen".
Anders as die huidige geslag Afrikaners wat verskeurd en verdeeld in opponerende faksies, na die sluipmoord op dr. Verwoerd steeds agteruit gedwing word, is die voorspelling van wyle mnr. Jaap Marais dat geweld onder die etniesverdeelde swartes sal uitbreek, besig om in vervulling te gaan.
Hoewel die moorde op blankes toeneem, is die oplaaiende spanning tussen hoofsaaklik die Zoeloevolk aan die eenkant en die ander swart etniese leiers en hulle volgelinge aan die anderkant, sigbaar besig om tot ‘n klimaks te ontwikkel.
Mnr Jaap Albertus Marais (1922 – 2000) was die toonbeeld van ‘n politieke figuur wat met onwrikbare beginsels die stryd in belang van die behoud van sy volk gestry het, gedurende die
tydperk vanaf die sluipmoord op dr. Hendrik Verwoerd in 1966, tot en met sy dood in 2000. In die huidige tyd wat die Afrikanervolk hom in die grootste krisis van sy bestaan bevind is dit gepas om die stryd wat hy oor ‘n tydperk van 32 jaar sonder skroom of eiebelang gevoer het, weereens in oënskou te neem en krag en motivering daaruit te put met die oog op die herwinning van ons vryheid. Ons plaas hiermee die eerste aflewering van ‘n huldeblyk aan mnr Marais, wat op die Jaarkongres van die Afrikaner Volksparty in Oktober 2013 gelewer is.
Ps. 74:1-23
“Aan u behoort die dag, aan U behoort ook die nag; Ú het hemelligte en son vasgestel. Ú het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, Ú het hulle geformeer.” (:16&17).
Die Almagtige God wat die Skepper van hemel en aarde is, is ook die Een wat grense ingestel het. Hy is ‘n God van orde en om hierdie orde te handhaaf, het Hy grense gestel. Hy het vir die somer en winter hul grense gestel. Hy bepaal vir die son sy tyd om onder te gaan en begrens dit hierdeur.
FAKSIEVOORSITTER MENEER RENÉ DERCKSEN: "EK VERSTAAN NIE HOE TER WÊRELD HIERDIE RAADSLID DIE PLASING VAN HAAR EIE FOTO RASSISME KAN NOEM"
Raadslid Ugbaad Killinci van die Emmense afdeling van die Party vir die Arbeid is baie vies.....vanweë 'n foto van haar, wat in Desember 2018 op die Facebookblad van die
Party vir die Vryheid van die afdeling Utrecht geplaas is. Sy stap na die regter omdat sy voel hierdie is gepubliseer om haat te saai. Nav. hierdie feit het ons 'n insiggewende vraaggesprek gehad met mnr. Renè Dercksen, faksievoorsitter van die Party vir die Vryheid afdeling Utrecht. Ons het in Augustus 2015 al die genoeë om met hom te gesels oor die feit dat sy party met sukses wal gegooi het teen die islamisering in sy stad Utrecht. Lees ook asb. by: http://afrikanervolksparty.org/index.php/media/160-artikels/6211-stok-in-die-speek-van-moslemse-organisasie.html
FAKSIEVOORSITTER MNR HENK-JAN MOLENAAR: "ONS AS STAATKUNDIGE GEREFORMEERDE PARTY IS ONTSTEL"
Die linkse politieke partye van Gemeentenbelangen Woudenberg, Party vir die Arbeid-Groen Links en die liberale VVD het in die Woudenbergse raad 'n inisiatiefvoorstel ingedien om die
gebed waar eers elke vergadering mee begin het te skrap. Hulle voel dat hierdie gebed waar vir wysheid en God se seën gebid word nie pas by 'n gemeenteraad waar elke inwoners hul moet in herken. Ons moet hierby lees: 'wat nie pas in 'n reënboognasie nie'. Die Staatkundige Gereformeerde Party en die Christenunie en die Christen Demokratiese Appél het teen gestem. Hulle is van mening dat hierdie gebed baie belangrik is om te wys ons is afhankelik van die Here. Nav. van die besluit het ons 'n insiggewende vraaggesprek gehad met die faksievoorsitter van die SGP, meneer Henk-Jan Molenaar.