Thembinkosi Ndhlovu, die woordvoerder vir die bovermelde Raad van Opvoeders in Suid Afrika beken aan die Citizen op 7 Augustus in ‘n onderhoud dat hierdie ‘n yslike probleem geword het en dat dit nie die eerste maal is dat kommer daaroor uitgespreek word nie.
Hy beskou dit as ‘n “breindrein” uit Suid Afrika van jong gekwalifiseerde onderwysers wat Suid Afrika verlaat na die buiteland.
In al die skommelinge, twis, tweedrag en uiteindelik verdeeldheid wat binne die drie susterkerke in Suid Afrika sedert ons volkswording plaasgevind het, kan niks daarvan vergelyk word met die skade wat die Broederbond binne elk van hierdie drie kerke en nog later binne die APKerk aangerig het nie.
Die vroom aansprake dat die kerk deur die Gees van God binne kerkvergaderings gelei het in weerwil daarvan dat dit besluite van die AB was wat deur die “super Afrikaners”, die manne van naam en aansien, in die vergaderings ingedra is het ‘n onuitwisbare letsel op die Afrikaner se kerk gelaat wat elke betrokke predikant, pastoor, ouderling en gewone lidmaat onder verdenking gebring het. Die “eenheid” binne kerkverband het heeltemal ‘n ander betekenis gekry en is vanuit die kerk die politiek binnegedra wat op sy beurt die Afrikanervolk se lewens-en-wêreldbeskouing besoedel het!
Ons kyk weer na voorbeelde uit Beaumont Schoeman se boek “Die Broederbond in die Afrikaner-politiek” wat aanhalings uit relevante dokumente van die AB gebruik om hierdie stuk besmetlike geskiedenis in ons volk se verval bloot te lê.
Ons plaas hiermee die tweede aflewering van ‘n huldeblyk aan mnr Marais, wat op die
Jaarkongres van die Afrikaner Volksparty in Oktober 2013 gelewer is. In hierdie aflewering kyk ons na die praktiese manifestasies van die Afrikaner volksnasionalisme en mnr. Jaap Marais se suiwer aanvoeling daarvan.
• Die aard van die Nasionalisme
In hierdie verband sê mnr. Marais die volgende:
“Die nasionalisme is die ongeskrewe maar onbreekbare kontrak tussen die geslagte wat verby is, die wat tans leef, en die wat sal kom."
T.B. Floyd sê in sy boek Afrikaner-nasionalisme dat die nasionalisme spruit uit sekere Godgegewe beginsels, een waarvan is dat God verskillende nasies geskep het. Hieruit spruit sekere beginsels waaronder dat elke nasie dieselfde bestaansreg het op aarde. Wanneer een nasie die bestaansreg van ‘n ander bedreig deur oorlog, imperialisme of op watter ander wyse ookal, sê Floyd, dat dit ‘n vernietiging van ‘n skepping van God is en daarom ‘n misdaad. Hy trek ook hierdie beginsel deur na die individue binne ‘n nasie:
In die eerste plek omdat die Woord van God sê in MARKUS 4:22 “Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.” JOHANNES 3:21 “Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.”
As jy gelowig is sal jy dit glo en daaraan gehoorsaam wees. As jy egter “slim” is sal jy dit ook glo maar omseil deur allerhande akademiese praksasies van waarom so ‘n geheime organisasie tog noodsaaklik is.
Ons het by herhaling al daarop gewys dat die spanning tussen die verskillende swart etniese volke besig is om op te laai. Die politieke eierdanse rondom Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer, is die duidelikste bewys daarvan.
ANC secretary general Ace Magashule and his deputy Jessie Duarte briefed media on the outcomes of the national executive committee meeting held in Irene, Pretoria, over the weekend.
1 Kor. 15:1-58
“En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.” (:49).
Wanneer ons in Génesis lees van die mens wat deur God geskape is, word dit gestel dat die mens na God se beeld geskape is. “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.” (Gén. 1:26). Die satan het deur sy verleiding die mens tot ongehoorsaamheid aan God verlei en sodoende hierdie beeld van God in die mens geskend.
Onse God wat groot is aan ontferming en wie se barmhartigheid geweldig is, gee nie hierdie mens met sy gebrokenheid oor om verlore te gaan nie.
Abra Kadabra! Dit is bitter selde om uit swart geledere te hoor dat Afrika 600 jaar agter is met betrekking tot die Renaisance wat in die veertiende eeu in Europa plaasgevind het. Afrika Emansipasie, glo dit as jy wil, het in Mbekistan begin. Nadat die Sangoma sy beesstert geswaai het met dié woorde: “Ek kul jou hier ek toor jou daar, het Bekkie die aankondiging gemaak.