Die AVP plaas dit egter en rig dit aan die regte adres, naamlik dié van die FW Stigting, Afriforum en Ernst Roets. Die verdere lys wat dit behoort te ontvang is te lank om hier te plaas, maar hulle sal wel weet wie kwalifiseer.
Die onbenoemde Engelsman mag egter dalk duiwelsadvokaat wees. Nietemin is sy waarneming geldig en kan die loues en floues wat onbetrokke op die kantlyn sit, ook maar kennis neem. As daar niks gedoen word nie sal daar niks gebeur nie! In die tyewaarna die Engelsman verwys was dit nie nodig om Afrikaners te soebat om betrokke te raak nie, hulle het self aangemeld!
Die verskil in Afrikanerdenke kom van vêr af! Die grootste verskil was nog altyd tussen diegene wat ander volke, rasse en tale se belange bokant dié van hulle eie volk gestel het, teenoor Afrikaners wat soos Genl. Hertzog gesê het: “Suid Afrika Eerste”
Daar is ‘n ongeskrewe wetmatigheid dat bloed dikker is as water! Bogenoemde stelling geld dus oral in die wêreld waar daar meer as een ras of volk in dieselfde geografiese gebied woonagtig is. Die argument dat vreedsame naasbestaan wel moontlik is in multikultuurgebiede, geld net waar die meerderheid in politieke beheer is en daardie meerderheid ‘n beskaafde en hoofsaaklik ‘n Christenvolk is.
Génesis 6:1-22
“Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ‘n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.” (:9).
Daar is baie mense vir wie daar geen groter vrees is as om alleen te wees nie. Hulle kan nie vir ‘n paar ure alleen wees nie en is deurgaans opsoek na geleenthede om in ander mense se geselskap te wees.
Daar is egter geen groter eensaamheid as om van God verlate te wees nie. Ek wonder dan soms hoeveel mense gedurig na geselskap soek om juis daardie gevoel van verlatenheid te probeer ontwyk? En ironies genoeg is die uitweg hiervoor om juis genoeg tyd in te ruim in u lewe om uself met God af te sonder en alleen met Hom te vergader.
In 'n Bloedplas op die vloer van die parlementsgebou was die getuienis op 6 september 1966 onuitwisbaar vasgelê. Getuienis van die moord op die beleidsrigting waardeur vreedsame naasbestaan, vooruitgang en voorspoed vir die volkere verskeidenheid in Suid Afrika, en as voorbeeld vir die wêreld daarbuite, sigbaar, suksesvol en uitvoerbaar soos wat dit was, in die doofpot gestop is.
Ons plaas graag ‘n artikel van mnr jaap Marais van die destydse HNP waaruit die AVP sy ontstaan het. Ten einde die beginsels waarvoor die HNP uit die NP va
n de Klerk in 1969 weggebreek het en deur die HNP tydens en na die dood van mnr. Willie Marais begin versaak het, te kon bly handhaaf, is die AVP die enigste politieke party wat vandag nog daarby staan!
Handhaaf die beginsels van Afrikanernasionalisme (2002 Jaap Marais)
‘n Party wat beginsels het waarmee sy lede en ondersteuners hulle vereenselwig, se eerste plig is om die beginsels te handhaaf. Die verval van die Nasionale Party tot die politieke skroot van vandag het begin toe hy nie sy beginsels wou handhaaf en verdedig nie en daarvan afgewyk het.
Besluit: Kort na die diaboliese, berekende en fyn beplande sluipmoord op dr. H.F. Verwoerd, word binne die Afrikaner Broederbond, die drie suster en ander kerke, besluit dat apartheid sonde is, nie moreel verdedigbaar is nie, magsdeling moet plaasvind, ‘n geïntegreerde regering van nasionale eenheid totstand gebring word, alles terwille van blanke en Afrikanervoortbestaan!
OORSAAK: Die oorsaak hiervan is tweeledig.
Die HNP is in 1969 gestig toe dit duidelik geword het dat die Nasionale Party, onder leiding van John Vorster besig was om af te wyk van die beleid van afsonderlike
ontwikkeling. Die direkte causa causans was die afwyking van die tradisionele sportbeleid toe die NP-regering in beginsel besluit het om gemengde buitelandse sportspanne in Suid-Afrika te ontvang. Sodoende is die buiteland toegelaat om in te meng met ons binnelandse beleid.
Vroeg reeds het HNP-leiers voorspel dat hierdie oёnskynlike klein afwyking van die beleid van afsonderlike ontwikkeling, sal lei tot groter toegewings aan buitelandse druk en uiteindelik tot swart meerderheidsregering in Suid-Afrika. Dit het binne 25 jaar gerealiseer.