Wenners van watter wêreldbeker sou u seker wil weet? Rugby? Nee, hulle het na jare se verval as gevolg van “politiek-korrekte” belaglike indien nie waansinnige aanpassings, kwotas en afrigters, uiteindelik daarin geslaag om die wêreldbeker te wen. Hulle is daarna oral geparadeer van een dorp na die ander, oor dié “prysenswaardige” prestasie.
Nee, wat die AVP betref, is dit allereers moord, verkragting, verminking, verval, gewettigde diefstal, volksmoord, immoraliteit, onsedelikheid en nog bladsye en bladsye negatiewe feitlikhede van die wêreldbevredigende de Klerk-en-genote se “oorwinning” oor die Afrikanervolk sedert 6 September 1966!
Die NG Kerk se beginselafwyking in 1986 toe hulle apartheid as ‘n sonde verklaar het onder leiding van die Afrikaner Broederbond, het geleidelik momentum gekry en storm nou volstoom na benede!
Met apartheid afgehandel as ‘n “euwele beleid” en in pas met die kommuniste, die wêreldraad van kerke en elke ander vyand van die Afrikanervolk, is die wiele nou besig om af te kom! Namate kerkgangers die Woord van God bo die verkose liberaliste in sinodes, ringe en kerkrade se humanistiese en politiekkorrekte dwalings begin stel oor homoseksualisme en dieselfdegeslag huwelike, is die uiteindelike verplettering van diesulke kerke, onvermydelik!
1 Pet. 4:1-19
“Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ’n menigte sondes bedek.” (:8).
‘n Rare verskynsel in ons samelewing – liefde. Die mense word mos deur die vermaaklikheidswêreld van die dag geleer wat “liefde” is. ‘n Oppervlakkige, oënskynlik opwindende gevoel tussen twee mense waarin net elke een se selfsugtige geluk en begeertes belangrik is. ‘n Situasie waarin die res van die wêreld nie bestaan nie en nie in ag geneem hoef te word nie. Daar is nie sprake van opoffering, selfvernedering diensbaarheid en vergewensgesindheid, m.a.w. ware liefde, nie.
MNR. JOHN VAN DE VORST DIE WOORDVOERDER VAN DIE ORGANISASIE 'EINDHOVEN HANDHAAF ZWARTE PIET': "ONS STREWE IS OM DIE SINTERKLAASTRADISIE TE BLY ONDERSTEUN"
Ons het 'n interessante onderhoud gehad met mnr. John van de Vorst, dié woordvoerder van die
organisasie 'Eindhoven handhaaf Swarte Piet' wat dit as se taak sien om die Sinterklaastradisie te kan behou. Dit doen hulle ondanks die klompies teenstanders wat die fees elke jaar weer wil versteur en daarby baie bohaai veroorsaak omdat dit nie pas in 'hul' beeld van 'n reëenboognasie nie. In hul oë is ieder wat die tradisie in stand wil hou by voorbaat 'n rassis.
Ons sal die woordvoerder oa. vrae stel hoe sy organisasie dink die figuur van Swarte Piet te kan behou.
Pred. 11:1-10
“WERP jou brood uit op die water, want ná verloop van baie dae sal jy dit vind. Gee ’n deel aan sewe, ja, ook aan agt; want jy weet nie watter onheil daar op die aarde sal wees nie.” (:1&2).
Ons samelewing raak toenemend individualisties en selfsugtig. Elke man vir homself. Ek is gelukkig solank dit met my goed gaan – my medemens se welstand is sy eie verantwoordelikheid. Hy kan mos so hard werk soos ek om iewers te kom. Hy is mos mooi groot en kan mos na homself kyk. Dinge is klaar moeilik soos dit is. Ek sukkel alreeds hard genoeg om net in my eie behoeftes te voorsien – hoe moet ek nog na ‘n ander ook omsien?
Na 1994 was daar ten spyte van waarskuwings ‘n geskarrel van sommige blankes om op die soustrein se betaalstaat te kom en sit sommige nou nog daar. Die enigste waarde wat dit het is in die guns van die onwettige Swart Meerderheidsregime. Dit wek die skyn dat hulle ‘n aanspraak op Suid Afrika het omdat “Afrikaners” dit dan sou aanvaar het deur hulle deelname in die bestel wat tot stand gekom het.
In sy boek “Stryd teen vreemde oorheersing” skryf mnr Jaap Marais dat: “ Geeneen van hierdie partye is 'n stem van 'n denkende persoon werd nie. Hulle verteenwoordig net verskillende fasette van beginselloosheid en van uilverkoping aan die ANC-SAKP.
Daar is net een eerbare en verstandige stem: dit is om te stem vir jou eie selfbehoud, jou eie selfrespek en tegelyk vir jou volk se eer. Deur nie te stem, oefen jy ook 'n stemreg uit. Jy weier om te stem vir jou volk se ondergang. Jou weiering om te stem, sal getel word om te bereken watter persentasie van die stemgeregtigdes nie aan die gedrogtelike verkiesing deelgeneem het nie.
Die twee Russiese bomwerpers in Suid Afrika het hier geland uit liefde vir die Afrikanervolk? So ‘n stelling sou vergelyk kon word met ‘n afleiding dat Brittanje Suid Afrika nou gaan om verskoning vra vir hulle oorlogsmisdade teen ons gepleeg tydens die Aglo Boereoorlog.
Die Britse volk het in ‘n referendum in 2016 besluit om die Europese Unie te verlaat sodat hulle weer hulle onafhanklikheid kan terugkry. Die algemene gevoel onder die deursnee gewone Engelsman op straat is dat die Europese Unie eintlik in beheer van Brittanje is en nie die regering wat deur hulle verkies is nie.