Rigters 13:1-25
“En die Gees van die HERE het hom begin drywe in die laer van Dan tussen Sórea en Estáol.” (:25).
‘n Algemene fout wat mense maak, is om te dink dat Jesus Christus eers in die Nuwe Testament begin figureer. Hy wat Jesus Christus is, het nie eers begin leef toe Hy in Betlehem gebore is nie. Hierdie gebeurtenis was slegs Sy verskyning in die vlees om onder ons te woon, maar Hy is van ewigheid af alreeds by God die Vader. “IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.” (Joh. 1:1). ‘n Behoorlike bestudering van die Woord van God leer ook vir ons op verskeie plekke waar Hy alreeds in die Ou Testament aan mense verskyn het. Lees maar gerus met die nodige aandag in Génesis 18 van Sy verskyning aan Abraham.
Met ‘n toename in staatskuld, plaasaanvalle en moorde op blankes in Suid Afrika, is daar tog tekens van hoop vir die toekoms wat om die draai lê. Tenspyte van toenemende verval van infrastruktuur, bankrot munisipaliteite, volgehoue dreigemente van onteiening sonder vergoeding, nogmaals beurtkrag van tot skedule ses en selfs agt vlakke, is die harde kern van die Afrikanervolk stadig maar seker besig om te konsolideer.
Ons volk se grootste probleem tot dusver, was ons verdeeldheid. Die planmatige en suksesvolle strategie, beplan en geloods vanuit die Afrikaner Broederbond, onder die invloed van sekere Internasionale imperiale en wêreldorde beplanners, om ‘n opvangsgebied te skep vir die golf van ontevrede Afrikaners, het die strewe om soewerein onafhanklik te bly, onberenbare skade berokken.
In die Citizenkoerant word daar verwys na ‘n berig in Sunday World van ‘n lid van die ANC wat Ramaphosa in die hof daag oor die moontlike ongeldigheid van die CR17 Leierskap konferensie by Nasrec.
Lubabalo Sanqela: “President Jacob G Zuma is here to stay so get used to it” 4:56 PM · Feb 1, 2018·Twitter Web Client Dit is dieselfde Lubabalo Sanqela wat nou die hofgeding begin het, waarskynlik met die hoof oogmerk om Ramaphosa se “presidentskap” ongeldig verklaar te kry. Dat dit die Zulu netwerk is wat nou in werking kom, is onteenseglik so. Indien hulle op hulle meerdere getalle steun en dit reg aanwend, sal die Venda president, soos die vorigeXhosa president Mbeki, rede tot kommer hê.
Jak. 3:1-12
“Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie. ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?” (:10&12).
Ons almal is bekend met die woorde van Jesus Christus uit Matt. 7 wat dit stel dat ‘n mens wat waarlik tot geloof in God gekom het se dade, sy optrede, van hierdie saligmakende geloof sal getuig. Hy spreek Homself uit teen die valse profete wat voorgee om gelowig te wees terwyl hul dade van ongelowigheid spreek! “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.” (Matt. 7:15). Ons vergeet myns insiens heeltemal te maklik dat dieselfde reël vir die woorde van gelowiges geld. Ons doen dalk baie moeite in ons strewe om vrug te dra deur ons optrede en dade wat by die bekering pas. Maar ons vergeet dalk ewe maklik om met dieselfde ywer woorde voort te bring wat by ons bekering pas. As ons dade die beeld van Christus in ons moet weerspieël, is ons woorde nie ook aan dieselfde standaard onderworpe nie?
Kan enige beskaafde wese hieroor swyg?
Sondagoggend 15 Desember 2019, verf plaasaanvallers slagspreuke van Kill you, Kill the Boer, Kill. Op die Toyota bakkie van mnr. Nicholson van die plaas Buffelspooetnaby Rustenburg voordat hulle dit aan die brandsteek en op die vlug slaan!
Statistiek dui op 376 plaasaanvalle sedert die begin van 2019, met 36 moorde! Verlede maand was daar elke dag ten minste een aanval opgeteken. In Oktober, 28 aanvalle en drie moorde. September 46 aanvalle en 7 moorde. Augustus 45 aanvalle en 4 moorde. Julie 39 aanvalle en 4 moorde. Juniemaand 34 aanvalle en 6 moorde. Vanaf 1 Januarie tot einde Mei was daar 184 aanvalle en 20 moorde!
Tito Mboweni minister van finansies. Oct 29, 2018, 12:12 PM
By die aanstelling van die nuwe minister van finansies het die media, banke,georganiseerde sake en vele ander ekonome,die nuus van Tito Titus Mboweni se aanstelling nie net geloof nie maar as `n briljante stap verwelkom wat die ekonomie in 'n "veilige paar hande" plaas.
Ons moet egter bedag wees op sy komministiese agtergrond want sy prestasielys vertel `n ander storie.Mboweni het in sy tyd aanbeveel dat die staat 40% van mynmaatsappye in besit moes neem,`n staatsbank moes begin,alle grond moes oorneem,en `n soewereine welfaartfonds moes skep, wat gefinansier sou word deur die beslaglegging op aandele van maatskappye - "sonder vergoeding."
Ps. 81:1-17
“In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela.” (:8).
Daar is deur die genade van die Here jaarliks nog volksgenote wat getrou die Gelofte van Bloedrivier nakom. Die Gelofte wat ons voorouers gemaak het dat ons hierdie dag van oorwinning jaarliks as ‘n dankdag en soos ‘n Sabbat sal deurbring en op hierdie wyse die eer en roem van oorwinning aan God sal laat toekom.
Daar is ongelukkig ook baie mense wat allerhande verskonings probeer formuleer waarom hierdie dag nie eerbiedig hoef te word nie.