Jy kan nie albei wees nie, tensy jy ‘n gesplete persoonlikheid het. Jou identireit bepaal dit so. Swart is nie wit nie en wit is nie swart nie. Dit is tragies as mense nie weet wie of wat hulle is nie. Om voor te gee dit wat jy nie is nie, is skelm en onwaardig.
Die slenter om eweskielik ‘n Afrikaan te wil wees, is bloot ‘n sieklike politieke poging tot kamoeflering. Jy word bloot ‘n dwaalgees.
Anti intellektualisme is ‘n blywende draad wat sy weg deur ons politieke en kulturele lewe baan, gevoed deur die valse opvatting dat demokrasie beteken dat my onkunde net so goed is as jou kennis. Isaac Asimov
Dit is sekerlik die beste vertolking van die verskil tussen die liberale en sekulêre sienings en dié van behoudende nasionalistiese benaderings in die bestuur en beheer van staatsinstellings. De Klerk se onderhoude vadag in Februarie 2020 na aanleiding van sy herdenking van die katastrofale 1990 optrede, is tekenend hiervan.
Rommel word beskryf as nuttelose voorwerpe wat boonop deurmekaar rondlê terwyl status beskryf word as ‘n hoedanigheid waaraan bepaalde regsgevolge verbonde is. Met Moody’s wat die Lanbank nou na rommestatus afgradeer het, saamgelees met die vry algemene siening dat Suid Afrika reeds lankal na rommelstatus verval het, is dit nie moeilik om in jou geestesoog die nuttelose entiteite wat voorheen ge-ordende en goedfunksionerende strukture was waarmee landsregering vlot verloop het, se hoedanigheid waar te neem as wanbestuurde instrumente waarvan die bestuurders daarvan gevolglik strafbaar behoort te wees.
Die onsinnige vreesaanjagende bloedbadscenarios wat de Klerk en sy samesweerders die Afrikanervolk voorgehou het indien ons in 1994 nie wou magdeel nie, is steeds hierdie grootste landsverraaier wat die Afrikanervolk ooit opgelewer het, se retoriek! Dit sou soos in Sirië gewees het sê hy in Sondag se Rapportkoerant van 2 Februarie 2020.
Vanweë sy inklinasie tot immoraliteit het hy waarskynlik vergeet dat die Afrikanervolk se geloof in ons hemelse Vader, die enigste Skepper van hemel en aarde setel. ‘n Vader wat ons gehoor het toe ons by Bloedrivier, Majuba en Magersfontein geroep het en Hy geregtigheid laat seëvier het toe Hy ons telkens uitgered het!
1 Konings 3:1-28
“Toe verskyn die HERE in Gíbeon in ’n nagtelike droom aan Salomo; en God het gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.” (:5).
“Gee dus aan u kneg ’n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer? En dit was goed in die oë van die Here dat Salomo dit begeer het.” (:9&10).
Dit klink darem so lekker. Hoe gelukkige man was Salomo nie – hy het ‘n geleentheid gekry om enigiets van God te vra en God het aan hom belowe dat Hy sy wens sou vervul. Ek wonder wat ek en u sal vra indien ons hierdie geleentheid sou kry? Tog kry ons dieselfde geleentheid, maar nie alleen een maal in ons lewe nie. Ons kry die geleentheid om gereeld in gebed tot God se troon te nader en die wense van ons hart voor Hom te lê.
MNR. VERMEULEN: "ONS SAL BLY DEURGAAN TOTDAT DIE VERPLIGTE BESOEKE AAN MOSKEË "VOORGOED VAN DIE BAAN IS".
Geagte leser. Ons het gedurende Oktober verlede jaar reeds berig oor die verpligting van Vlaamse skoliere om islamitiese 'gebedshuise' te gaan besoek om kwansuis 'religie' te gaan ontdek en as hulle weier hulle 'n strafstudie of 'n andere sanksie wag. U sal u ongetwyfel die strorie van die moedige skoliere mej. Silke Vasterman uit die Oos- Vlaamse stad Beveren onthou, wat deur haar weier 'n ander skool moes gaan soek.
Omdat dit nou bekend is dat dit nie 'n geval is wat net in Beveren speel nie, het die aksiegroep Voorpost in die Vlaams-Brabantse stad Aarschot, op Woensdagmore 15 Januarie dmv. 'n protesdemonstrasie omstreeks halfagt verhinder dat busse met skoliere na die plaaslike moskee sou gaan ry. Ons het 'n insiggewende vraaggesprek gehad met die voormalige aksieleier van Voorpost, mnr Luc Vermeulen oor die blokkade.
1 Timótheüs 1:3-20
“Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.” (:15).
God die Vader het Sy geliefde Seun, Jesus Christus, met ‘n doel – ‘n spesifieke opdrag – na die aarde gestuur. Christus moes kom herstel wat deur die mens gebreek is. Daardie verhouding met ons Skepper en Vader wat deur die ongehoorsaamheid van die eerste mens onberekenbare skade gely het moes deur Hom herstel word. “Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;” (1 Kor. 15:22). Net soos wat die sonde ons van God af weg lei, het Christus gekom om ons van die sonde weg te lei en weer tot God te bring. ” Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.” (Rom. 5:10).