Aan Wyle dr. H.F. Verwoerd
Soos 'n klein boompie oorgeplant
Vanuit die verre Nederland
Hier opgeskiet en hoog gegroei
'n Seder sterk en vol in bloei
Groot Vryheidsheld was hierdie man
Hy het apartheid hier beplan
Hy so geliefd en so bemin
Maar vyand het nie besin
Die “ongelooflike, kundige en tydige” beheermaatreëls wat die “bekwame president” van Suid Afrika aangelê het en waarmee die “pandemie” volgens sy lofbetuigers grootliks aan bande gelê is, word oraloor hoog aangeprys.
Hy kondig ‘n Nasionale Ramptoestand af en nie ‘n Nasionale Noodtoestand nie. ( Not a National state of emergency but a National state of disaster!)
In sy toespraak Sondag 16 Maart, 2020 -.”We have now declared a national state of disaster in terms of the Disaster Management Act. This will enable us to have an integrated and co-ordinated disaster management mechanism that will focus on preventing and reducing the outbreak of this virus.
Volgens Ramaphosa dus, is die Ramptoestand verklaar, hoofsaaklik om die “virus te voorkom en te bekamp.
Covid 1994 is ‘n geestesvirus waarmee FW de Klerk en sy “donkergenote” Suid Afrika geïnfekteer het. Vandag ervaar en beleef ons die gevolge van hulle filosofiese denke ten opsigte van samelewing, godsdiens, en waardes. Hulle oordeel was dat die bestaande samelewing so sleg was dat blank Suid Afrika totaal vernietig moes word om ‘n “Nuwe Suid Afrika” tot stand te bring.
DS KORT: "EK STEM VOLLEDIG MET DIE BESLUIT VAN DIE NG KERK HEILBRON-SUID".
Geagte leser. Nav. die artikel Heilbron Suid doleer, het ons 'n vervolggesprek gehad met die
Krimpense predikant ds. A Kort. U sal hom ongetwyfel onthou van die interessante onderhoud wat ons 'n paar dae gelede met hom gevoer het oor sy brief waarin hy 'n oproep gedoen het om weer terug te keer na God en wat daarom baie bohaai veroorsaak het. Ons het verneem dat die dominee, volledig ingestem het met die inhoud van reeds genoemde artikel, en het gemeen die doleansie van hierdie gemeente was die enigste manier om te wys dat die selfdegeslagtverhoudinge nie in ooreenstemming is soos God dit bedoel het nie.
Matt. 26:17:30
“Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.” (:28).
Daar is ‘n dwaling in ons tyd dat die sterwe van ons dierbare Here Jesus Christus vir elke liewe mens ‘n plek in die hemel verseker het. Die dwaling lê daarin dat elke mens kwansuis gered is omdat Jesus Christus aan die vloekhout gesterf het, ongeag.
Die woorde van ons Verlosser, Jesus Christus, uit Matt. 26:28 stel die volgende baie duidelik:
Sy bloed is die bloed van die nuwe testament, m.a.w. die bloed van die nuwe verbond;
Sy bloed word vir baie uitgestort;
Sy bloed is uitgestort tot vergifnis van sondes.
Wat ‘n fees vir die kriminele in Suid Afrika! Die regime se moedswillige weiering om veiligheidsorganisasies toe te laat om met patrolering voort te gaan en ook ‘n beperking te plaas op boereveiligheidsorganisasies, skep ‘n teelaarde vir ‘n onbeheersde misdaadvlaag wat daagliks eskaleer.
Swart kinders wat in die boere se mielielande ingestuur word wat sakke vol groenmielies pluk en dit dan in die donker na die pad toe sleep waar bakkies dit oplaai en aan straatverkopers voorsien wat oral in die stede en dorpe sit en dit verkoop, rig enorme skade en verlies aan inkomste vir die boere aan.
As die toenemende skaap en bees diefstal bygereken word, die verhoogde plaasaanvalle en moorde op boere, is die regime se beheermaatreëls in belang van die bekamping van Cvid 19, ernstig onder verdenking.
Dit is met dankbaarheid in die hart om te kan beleef hoedat daar aan die die Woord van God nog deur sommige gelowiges voorkeur verleen word in teenstelling met die leuen wat besig is om die "kerk" in die ganse wêreld te vernietig! Die hele wêreld leef 'n leuen! Dit verstom 'n mens dat die grootste leuen in menseheugenis, die Corona leuen, sonder slag of stoot gesluk word en soos skape gelei deur 'n Judasbok, aanvaar die hele wêreld huisarres en inperking van elke basiese vryheid asof daar geen uitkoms is nie!
Soos die hiërargie van die kerk, alle kerke hulle onderwerp aan sinodebesluite en lidmate hulle weer laat saamsleep deur hulle ringe en kerkrade, só onderwerp regerings hulle aan die leiding van groter moondhede en burgers op hulle beurt weer aan hulle owerhede, ongeag of daardie besluite meriete het of nie!
Nietemin loof ons van die AVP, Heilbron -Suid gemeente wat die waarheid van die Woord hoër ag as die valsheid van ringe en sinodes wat die pad byster geraak het
Wie dit mag aangaan
Insake: Dolering van die Ned. Gerf. Gemeente Heilbron-Suid