Hierdie is ‘n uittreksel en opsomming wat iemand uit die engelse pers se koerante gemaak het soos wat dit op een of ander stadium publiseer is. Dit laat die lig skyn op ‘n geheelbeeld van die werklike aard van die ANC regime en die mense waaruit hy saamgestel is. Daarmee saam ook die voorspelde ellende van die beleid waartoe feitlik die hele Westerse wêreld behulpsaam was om ten koste van die Afrikanervolk, hier gevestig te kry.
Komende uit die Engelse pers, moet daar in aanmerking geneem word dat dit ‘n Afrikanervyandige bron is wat vanuit die staanspoor ons volk en politieke beleidsrigting beveg , verketter en belaster het, waaruit hierdie “prestasielys” van die ANC saamgestel is. Elkeen van die items wat hieronder gelys is was sake waarteen die Afrikanerleiers gewaarsku het, sou die beleid wat die Engelse “establishment” bepleit het, toegepas word in Suid Afrika.
Die absurde speletjie van virusvlakke wat in die aangekondigde “vlak 3”, tot bepaal wat jy mag aantrek en welke klere jy mag koop, het die toppunt van kleutervermoë in die regime se regeerliggame blootgelê! As daar egter dieper gekyk word en jy moet aanhoor dat jou patroon van groet ook ingeperk word, dan kry die prentjie ‘n ander kleur.
U mag moeg word vir die AVP se konstante terugverwys na die verlede, maar daarsonder sal die noodsaaklikheid vir die handhawing van bestaande en bewese suksesvolle beginselstandpunte vervaag, soos wat gebeur het na diie moord op dr. Verwoerd, en ellende jou geleidelik bekruip en te gronde rig soos wat ons nou ervaar!
Tenspyte van dr. Verwoerd se uit die vuis beantwoording op die lank vooruit en deeglik uitgewerkte “winds of change” toespraak van Harold MacMilan, destydse Eerste Minister van Brittanje, het ons volk gekies om een verandering na die ander, gelate te aanvaar en dr. Verwoerd se waarskuwing aan MacMilan in die wind te slaan!
WAT 'N BOGSPUL
By die punt van de Klerk se reënboog was daar toe nie ‘n pot goud (vryheid, vrede en voorspoed)
nie, maar ‘n plas bloed op ‘n boer se plaas. Die “almal saam” regeringsorgie (regering van on-nasionale nasionale eenheid) het toe nie uitgewerk nie. Die probleem met de Klerk se reënboog is dat hoe nader jy aan hom beweeg, hoe verder beweeg hy weg van jou. Sy nasiebouprojek (eenheid in verskeidenheid) het uitgeloop op ‘n onenigheid in gesamentlikheid. Die brug van die reënboog (tussen swart en wit) was te groot.
Wat die omstandighede vir sommige Afrikaners as onomkeerbaar, of liewer onafwendbaar dikteer het, het hulle beginsels laat versaak omdat hulle geloof in die onbekende maar voorspelde voorspooksels, sterker was as in die bewese suksesvolle beginsels wat op 6 September 1966 in die parlement vermoor is.
Die mediawêreld se negatiewe kommentaar oor die ondernemings van Donald Trump in sy verkiesingskampanje, wat die onhaalbaarheid enersyds en die katastrofiese gevolge indien dit wel toegepas sou word andersyds, met oorgawe verkondig het, het klaaglik gefaal! Die doel was immers om hom daarvan te laat afsien en die kiesers teen hom gaande te maak.
Om reg te wees is egter om ‘n mag te wees, mits jy die moed het om te bly staan al moet jy alleen staan!.
Wat ek hier skryf het nie die bedoeling om te verwyt, te beskuldig of te verkwalik nie. Ek konstateer bloot feite. Of jy nou na die sluipmoord op dr. Verwoerd met die veranderde beleid van John Vorster saamgestem of in 1969 saam met dr. Albert Hertzog van die NP weggebreek het en deel geword het van die strydende minderheid Nasionaliste in die Herstigte Nasionale Party, dit het gevolge gehad!
Toe jou voorbeeld aan jou kinders en kleinkinders een van ‘n volhardende gelowige Nasionalis was met die beginselafwyking van P.W. Botha en later F.W.de Klerk, het dit gevolge gehad en wat meer is, langdurige gevolge voortgedra deur wat jy voortgebring het.
Matt. 8:23-27
“En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.” (:26).
Ek staan in verwondering oor die wêreld se totale histerie rondom die COVID19 virus. Die oorweldigende vrees wat mense beetpak wanneer hulle met die gedagte van die dood gekonfronteer word. En tot watter opofferings mense bereid sou wees om die realiteit van die dood te probeer ontwyk.
Daar is allerhande teorieë rondom hierdie virus
Dr. Herman, aangesien jyself nie erg het aan jou titel in jou ope brief nie, vergun my dus asseblief dieselfde onge-ergdheid, hoewel nie uit disrespek vir jou titel nie. Dit is tog wonderlik hoe tydsverloop genesing kan bring. Die tydsverloop waarna ek hier verwys het egter vir ons volk ook erge benouing gebring wat ons gespaar kon gebly het.
Jou brief handel vanuit Maroela Media se meningsvormingsdebat dat ons ‘n plig het om nee te sê en mekaar te help. Daarmee kan ek nie verskil nie behalwe om te sê dat jou aanvanklike brief se beperking tot vriende en makkers, asook die behoefte van waarmee jy wil hê dat “ons” mekaar moet help, beligting benodig.
Jy sal begrip hê dat daar ook nog Afrikaners in ons land oorgebly het wat verskil met die woordgebruik en politieke inklinasie van beide Solidariteit en Afriforum. Julle vermy sover moontlik die term Afrikanervolk wat ons langs raslyne onderskei van ander volke en julle verfoei die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling wat deur die woordgebruik “apartheid” gedemoniseer en beklad is met alles wat dit nie is nie.