WAT 'N BOGSPUL
By die punt van de Klerk se reënboog was daar toe nie ‘n pot goud (vryheid, vrede en voorspoed)
nie, maar ‘n plas bloed op ‘n boer se plaas. Die “almal saam” regeringsorgie (regering van on-nasionale nasionale eenheid) het toe nie uitgewerk nie. Die probleem met de Klerk se reënboog is dat hoe nader jy aan hom beweeg, hoe verder beweeg hy weg van jou. Sy nasiebouprojek (eenheid in verskeidenheid) het uitgeloop op ‘n onenigheid in gesamentlikheid. Die brug van die reënboog (tussen swart en wit) was te groot.
Wat die omstandighede vir sommige Afrikaners as onomkeerbaar, of liewer onafwendbaar dikteer het, het hulle beginsels laat versaak omdat hulle geloof in die onbekende maar voorspelde voorspooksels, sterker was as in die bewese suksesvolle beginsels wat op 6 September 1966 in die parlement vermoor is.
Die mediawêreld se negatiewe kommentaar oor die ondernemings van Donald Trump in sy verkiesingskampanje, wat die onhaalbaarheid enersyds en die katastrofiese gevolge indien dit wel toegepas sou word andersyds, met oorgawe verkondig het, het klaaglik gefaal! Die doel was immers om hom daarvan te laat afsien en die kiesers teen hom gaande te maak.
Om reg te wees is egter om ‘n mag te wees, mits jy die moed het om te bly staan al moet jy alleen staan!.
Wat ek hier skryf het nie die bedoeling om te verwyt, te beskuldig of te verkwalik nie. Ek konstateer bloot feite. Of jy nou na die sluipmoord op dr. Verwoerd met die veranderde beleid van John Vorster saamgestem of in 1969 saam met dr. Albert Hertzog van die NP weggebreek het en deel geword het van die strydende minderheid Nasionaliste in die Herstigte Nasionale Party, dit het gevolge gehad!
Toe jou voorbeeld aan jou kinders en kleinkinders een van ‘n volhardende gelowige Nasionalis was met die beginselafwyking van P.W. Botha en later F.W.de Klerk, het dit gevolge gehad en wat meer is, langdurige gevolge voortgedra deur wat jy voortgebring het.
Matt. 8:23-27
“En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.” (:26).
Ek staan in verwondering oor die wêreld se totale histerie rondom die COVID19 virus. Die oorweldigende vrees wat mense beetpak wanneer hulle met die gedagte van die dood gekonfronteer word. En tot watter opofferings mense bereid sou wees om die realiteit van die dood te probeer ontwyk.
Daar is allerhande teorieë rondom hierdie virus
Dr. Herman, aangesien jyself nie erg het aan jou titel in jou ope brief nie, vergun my dus asseblief dieselfde onge-ergdheid, hoewel nie uit disrespek vir jou titel nie. Dit is tog wonderlik hoe tydsverloop genesing kan bring. Die tydsverloop waarna ek hier verwys het egter vir ons volk ook erge benouing gebring wat ons gespaar kon gebly het.
Jou brief handel vanuit Maroela Media se meningsvormingsdebat dat ons ‘n plig het om nee te sê en mekaar te help. Daarmee kan ek nie verskil nie behalwe om te sê dat jou aanvanklike brief se beperking tot vriende en makkers, asook die behoefte van waarmee jy wil hê dat “ons” mekaar moet help, beligting benodig.
Jy sal begrip hê dat daar ook nog Afrikaners in ons land oorgebly het wat verskil met die woordgebruik en politieke inklinasie van beide Solidariteit en Afriforum. Julle vermy sover moontlik die term Afrikanervolk wat ons langs raslyne onderskei van ander volke en julle verfoei die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling wat deur die woordgebruik “apartheid” gedemoniseer en beklad is met alles wat dit nie is nie.
PEGIDA VOORMAN MNR EDWIN WAGENSVELD: "NA MY SIENING MISBRUIK MOSKEË MAATREEËLS WAT VANWEË DIE CORONAVIRUS DEUR DIE OUTORITEITE GENEEM IS OM DIE GEBEDSOPROEP' NOU OOR BAIE STEDE UIT TE SPREI"
Geagte leser. Ons het nav. die berig dat baie moskeë in Nederland en in die buiteland tydens die
corona krises hul kans skoon sien om die sg 'gebedsoproep' te laat klink, weer 'n interessante onderhoud gehad met mnr Edwin Wagensveld. Toe ons kontak met hom opgeneem het, het hy ons gesê dat 'n goeie vriend van hom 'n klag ingedien het ivm. hierdie oproepe. Op dieselfde oomblik het meneer 'n Tweet berig geplaas omdat in die Duitse stad MonchenGladbach die Burgemeester en die moskeebestuur ooreengekom was om die 'gebedsoproep' nie te laat klink solank die coronamaatreëls van krag is nie".
‘n Epidemie is ‘n aansteeklike siekte waaraan ‘n groot groep mense tegelykertyd ly. Dit word versprei deur besmetting. Bekende voorbeelde van siektes wat as ‘n epidemie kan voorkom, is pokke, cholera, griep, masels, kinkhoes en skarlakenkoors, volkstate en hulp uit vreemde oorde.
Dit het ons in ‘n vorige artikel op die AVP se webblad verneem. Ek wil nog ‘n ernstige siekte bylas, naamlik verdeeldheid, wat ‘n huis en selfs ‘n koninkryk kan laat val! Die bewys dat ons volksgenote dit nie geglo het en nou nog nie glo nie, is die “Nuwe Suid Afrika” wat in skerwe rondom ons lê! Nie in herwinbare, lasbare stukke op ‘n skoon oppervlakte nie, maar flenters in stof en as!