PERSVERKLARING
Na die afsterwe van Genl. Constand Viljoen op Vrydag 3 April 2020 is hy vanuit verskeie oorde en telkens met verskillende perspektiewe gloeiend geloof en prys. Met die afsterwe van enige persoon volg daar altyd hartseer en ‘n gemis. Die Afrikaner Volksparty wil daarom ook aan sy familie ons opregte simpatie betuig.
Hierdie verklaring is nie ‘n aanval op die persoon van genl. Viljoen as mens nie maar is daarop gerig om sy politieke verlede en nalatenskap nugter in perspektief te stel. As ‘n mens jou in die openbare lewe begewe stel jy jou bloot daaraan dat jou optrede en woorde die onderwerp van kritiese ontleding kan word. Dit is veral so as jou openbare optrede op die terrein van die politiek was en dit die toekoms van jou volk ingrypend geraak het. Dit was so in die verlede en is ook so in die huidige. Daarvan is daar verskeie voorbeelde uit die geskiedenis van die Afrikanervolk – genl. Jan Smuts en Louis Botha is maar enkele voorbeelde hiervan.
VLAAMS BELANG SE VOORSITTER MNR. TOM VAN GRIEKEN: "ONS HET 'N OPE BRIEF AAN DIE EERSTE MINISTER GESTUUR OM TEEN HIERDIE UITSLUITING TE PROTESTEER".
Geagte leser. In ons eerdere vraaggesprek wat ons met die voorsitter van Vlaams Belang in
Oktober 2019 gehad het, het dit geblyk dat hulle 'n baie groot oorwinning behaal het. Ons sou dus kan veronderstel dat die party uitgenooi sou word om deel te neem aan die nuwe regering. Nogtans word hul geignoreer en bestaan die nuwe regering vir die merendeel uit politieke partye wat baie verloor het. Om teen hierdie gang van sake te protesteer het mnr. van Grieken 'n ope brief geskryf aan die Eerste minister mev. Wilmés.
Jer. 10:1-16
“So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.” (:2).
Ek en u as Afrikaner kinders is deel van ‘n baie unieke volk aan die Suidpunt van Afrika. Ons is deel van ‘n volk in wie se geskiedenis ‘n verhouding met God Drie-Enig duidelik sigbaar is. ‘n Volk in wie se geskiedenis die roemryke dade, barmhartigheid en almag van God sigbaar is. Ons is ‘n volk wie se voorsate nie alles reg gedoen het nie, want hulle was ook maar mense. Ons is deel van ‘n volk met individue waarvoor ‘n mens jou behoort te skaam weens hul skandelike optredes en menigmaal veragting en verloëning van die Here. Maar in dieselfde volk was daar mense wie se lewens getuig het van ‘n diepe liefde, ware kennis en nederige ootmoed teenoor God. Diegene wat deur hul Godvresende lewens die barmhartigheid, getrouheid en goedertierenheid van God vir hul nageslagte verwerf het. “Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.” (Deut. 7:9).
Oor die ontstaan van die virusword daar baie uitsprake gemaak. Amerika sê dit is China en China sê dit is Amerika. Indien die virus mensgemaak is, is daar ook ‘n wye meningsverskil oor die oogmerk daarmee.
Dat daar met getalle, die omvang en effek van die virus op bedenklike wyse omgegaan word, is daar geen twyfel as dit gemeet word aan voorheen vergelykbare “epidemies” nie. Die mate van huisarres waarin ons in Suid Afrika onderwerp word, word gebruik om die “effektiewe” beheermaatreëls van die regime te regverdig met verwysing na die aantal gevalle en sterftes waarmee ons gesus word. Dit dien dan ook sommer om die brutale optrede van polisie en weermag te verantwoord.
In hierdie swart leier van swartes se toespraak van 30Maart 2020 is ‘n uitspraak wat meer om die lyf het as wat daarin gelees word. Hy sê: ““We are now entering a new phase in the fight against the COVID-19 pandemic. Around 10 000 field workers will be visiting homes in villages, towns and cities to screen residents for COVID-19 symptoms,” President Cyril Ramaphosa said.”
In dieselfde asem sê hy , South Africans urged to stay home: President Ramaphosa reiterated his call to South African to stay at home for the next 17 days.
Waarom die risiko om tienduisend “veldwerkers” landwyd in digbewoonde gebiede, huise te laat besoek met die moontlikheid van verdere verspreiding van die “virus?”
In Suid Afrika was dit Mbekwane wat die Reserwe bank aangedurf het. In die webblad van die AVP het ons ‘n artikel daaroor geskryf op 13 Junie 2017:
DIE SUID AFRIKAANSE RESERWE BANK, MKWEBANE EN STEPHEN GOODSON
Dit is baie duidelik dat die Openbare Beskermer, (OB) die spreekwoordelike kat in die duiwehok losgelaat het met haar aanbeveling wat die mandaat van die Reserwebank betref.
Die AVP verskil nie met haar oor die opmerking dat Stephen Goodson se boek oor die reserwebank ‘n “moet lees boek” is nie. Inteendeel word die sluier daarin gelig oor die wyse waarop geld uit niks geskep word waarop die leners dan rente moet betaal nie. ‘n Beginsel van woekerwins waarteen die Woord van God uitdruklik waarsku.
Verder word daar ook aangedui dat die reserwe bank soos oral elders in die wêreld, dié instrument in die internasionalle geldmag se hand is waarmee regerings, hulle geldwaarde en energiebronne beheer en gemanipuleer word en die banke gebruik word om die man in die straat finansieël te verkneg. Werkloosheid en inflasie word geskep en aangewend om bevolkings afhanklik te hou, onluste aan te stig en wanorde en chaos te laat toeneem of te beheer na gelang dit hulle agenda pas. Vir die gewone Afrikaner is die boek van Goodson ‘n belangrike opvoedkundige inligtingstuk vir perspektief oor hoe die ekonomie geplooi is.
Regeringshoofde wat nie daarby inval nie word eenvoudig verwyder, hetsy deur staatsgrepe, ditsy deur sluipmoord. In hulle plek kom dan gewoonlik ‘n lakei van die geldmag. Gevalle soos Saddam Hoesein, Gadafi en huidig die aanslag op Asaad van Sirië waar in elke geval redes vir ingrype aldaar aangevoer is wat glad nie strook met die waarheid nie.
Dit gesê, laat dit die vraag ontstaan oor wie agter Mkhwebane se aanstelling sit. Aanvanklik het dit na Zuma gelyk en het hy waarskynlik daarin ‘n hand gehad. Baie bepaald is sy nie ‘n geldmag aanstelling nie.
Wat egter interressant is, is die teenkanting teen Mkhwebane se aanbevelings dat die mandaat van die Reserwebank verander moet word. Feitlik elke finansiële “kundige” professor en ekonoom het dit as ‘n fout bestempel.
SA Reserwebank skop vas teen die Openbare Beskermer se aksieplan om die Bank se mandaat te verander
Dr Roelof Botha – Gibbs sake skool & Professor Andre Duvenage – politieke wetenskaplike by die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus
Andries van Zyl / 20 June 2017 19:11
MEV. CAROLINE VAN LEIDEN: "CORONAVIRUS WORD NET VEROORSAAK DEUR BOSE MAGTE WAT GOD SE SKEPPING TEIKEN"
bevorder word deur sosialiste en kommuniste. Nou sal ons haar bevra oor die Coronakrisis en die gevolge daarvan op die lange termyn. Mevrou se siening is dat die virus dalk 'n waarskuwing is dat mense nie voort moet bly gaan op die pad waarop hulle gaan nie omdat die duiwel dan die laaste lag.