In terugskouing opsoek na die werklike oorsaak van die dilemma waarin ons Afrikanervolk ons bevind, is van al die flaters van die verlede de klerk se utopiese flater sekerlik die mees roekeloseen onbegryplike. Volgens hom sou ‘n utopie op Suid Afrika neerdaal as ons net sou oorgee aan ‘n swart meerderheidsregering.
Om by die kiesers verby te kom is sy senterslag verwoord met die leuens van beleggings, vrede, veiligheid en voorspoed. Sy onderneming in die parlement dat die uitkoms van die onderhandelinge met die ANC, aan blank Suid Afrika voorgehou sou word in ‘n referendum, het hy doelbewus nie nagekom nie. Om sy verraad te kon deurvoer span hy toe die kar voor die perde en hou hy ‘n referendum voordat die onderhandeling van oorgawe bekend geword het by Kodessa.
As Panyaza Lesufi daarna verwys dat “ons” die skole in lykshuise omskep, is die “ons” waarna hy verwys uiteraard die swartmense. Dit is net húlle wat in Suid Afrika alles afbrand en moor en roof as ‘n middel tot die oplossing van wat hulle as onreg beskou, ongeag of dit reg of verkeerd is.
Met aanstigting tot moord deur hulle slagkrete wat al meer as ‘n halfmiljoen moorde opgelewer het sedert 1994, het hulle in elk geval nog niks bereik behalwe om die hele Suid Afrika in ‘n lykshuis te omskep nie en daarby ’n vervalle en verwaarloosde “lykshuis”!
Die onderstaande nuusberig het in Engels op die AVP se lessenaar beland wat sonder omhaal die Afrikapatroon van korrupsie en magsmisbruik aldaar blootlê. Nie die blankes, of die Rehobot Basters, Damaras, Hereros of Namas, in kort die inheemse inwoners van Suidwes sal oor die langtermyn baat by die “bevryding” van “Namibië” nie!
Getallepolitiek is ook daar in beheer en getalle erken nie meriete, moraliteit, standaarde, godsdiens, wet en orde, geregtigheid en selfbeheersing nie. Getallepolitiek erken net die mag van die meerderheid en die korttermyn voordele wat dit meebring. Resolusie 435 was nie ‘n seën vir daardie eens pragtige land nie, maar ‘n vloek! Wie dit nie vandag kan sien en glo omdat hy dit sien en ervaar nie, het geen erg aan ordelike, beskaafde en regverdige norme waarin veiligheid, voorspoed en vrede moontlik is nie.
Rigters 16:1-31
“Toe sê sy: Die Filistyne op jou, Simson! En toe hy uit sy slaap wakker word, sê hy: Ek sal vry uitgaan soos die vorige kere en my losruk. Want hy het nie geweet dat die HERE van hom gewyk het nie. Daarop het die Filistyne hom gegryp en sy oë uitgesteek en hom afgebring na Gasa en met koperkettings gebind; en hy moes maal in die gevangenis.” (:20&21).
Daar is die bekende spreekwoord wat lui – “Die liefde is blind”. Die meeste van ons dink sekerlik aan hierdie spreekwoord wanneer ons hierdie bekende gedeelte van Simson & Delíla uit God se Woord lees. Hoe blind is hierdie man nie?! Hy moes mos kon agterkom dat die vrou besig was om hom te ondermyn! Hy moes mos gesien het dat sy hom skade gaan berokken. Ek bedoel – om elke keer aan haar te kenne te gee waardeur jou krag belemmer sou word en dan presies daardeur verstrik te wees, is mos meer as genoeg rede om by jou agterdog te wek. Inteendeel, jy moet basies blind wees om nie te kan agterkom dat hierdie vrou besig is om jou om die bos te lei of te bedrieg nie. Dit is tog vir almal wat hierdie gedeelte lees sommer glashelder.
Luister na hierdie stommiteit!
January 16, 2020 - Nuus
Bheki Cele
Die ANC se Minister van Polisie, Bheki Cele, reken hy gaan sy stryd voortsit om Suid-Afrika ‘n wapen vrye land te maak.
Cele sê geen persoon in die land behoort ‘n wapen te besit nie, en gaan ‘n voorstel inhandig vir ‘n wysiging van die Wet op Vuurwapen Beheer.
Hy het aan die media verslaggewers gesê die regering maak goeie vordering met die vuurwapens wat vrywillig ingehandig word onder die amnestie tydperk wat eersdaags verval.
Die minister sê meer as 2,000 vuurwapens is reeds ingehandig onder die amnestie regulasie wat duur tot die einde van Mei 2020.
Kommer bestaan egter oor die wapens wat ingehandig is, aangesien korrupte polisiebeamptes die grootste gevaar kan word om wapens in die hand van misdadigers te laat beland.Die beklemtoning is van die AVP.
In die Rooi Vrydag toespraak van F.W. de Klerk van 2 Februarie 1990, waarin al die geheime samesprekings, ooreenkomste en sameswerings om Suid Afrika se beheer oor te gee aan ‘n swart meerderheidsregime, openlik beslag gegee is, is die gevolge van getallepolitiek beslis nie in berekening gebring nie.
Die druk vanuit die buiteland, wat Pik Botha as minister van buitelandse sake by die agterdeur ingesleep het in belang van die buiteland, het die nugterdenke van die eertydse Nasionale Party dermate vertroebel dat selfs die logika van meerderheidsgevolg nêrens in daardie geledere meer gefigureer het nie.

Die beroepe wat nou op Ramaphosa gedoen word vanuit Egipte en Iran is steeds net simptome van de Klerk, Pik Botha, Chris Heunis, Gerrit Viljoen, Neil Barnard, Barend du Plessis, Roelf Meyer, Marthinus van Schalkwyk, Constand Viljoen,en, en, en, se wanstaltige politieke insig en die onvermoë om die verloop en gevolge daarvan vooruit te kon sien.
Dit is te begrype dat Suid Afrika se betrokkenheid by die BRICS lande ons sal betrek by konflik tussen Oos en Wes! Dat ons daarby betrek sou kon word selfs onder die ou politieke bedeling is stellig ook waar. Die verskil is egter dat ons in daardie geval nie aan die Kommunisme blootgestel sou wees nie, maar wel aan ons rasgenote waaruit ons as ‘n volk ontstaan het.