1 Kor. 10:14-22
“DAAROM, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.” (:14).
Paulus gee aan die Korinthiërs ‘n opdrag om van afgodediens af weg te vlug. Ons vind ‘n soortgelyke vermaning in 1 Joh. 5:21 – “My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.” En ons maak maklik die fout om te dink dat hierdie vermaninge maar aan die gemeentes van daardie tyd gerig was. Wanneer dít ons uitgangspunt is, sal ons onsself die vraag moet afvra wat van ons belydenis word dat die Skrif die Heilige en Lewende Woord van God is. Spreek elke woord en elke teksvers in God se Woord nie steeds vandag ook tot elke ware gelowige nie? Die Woord van God spreek inderdaad steeds tot elke gelowige wat die Gees van die waarheid ontvang het om hierdie Woord van God aan te neem. En daarom moet ons ag gee op elke vermaning uit God se Woord en dit ter harte neem!

Openlike betrokkenheid by die dood van internasionale leiers begin by Sadam Hoesein, Osama Bin Laden, Muamar Gadaffi en nou Qasem Soleimani, hoof van Iranese weermag. Dit is waarvan kennis geneem kon word in die media. Leiers wat op bedenklike wyse die lewe gelaat het soos die leier van Panama, Venuzuela en dr. Verwoerd van Suid Afrika en sekerlik nog vele ander minder bekendes waarvoor nie onomstootlike bewys bestaan om die VSA aan hulle dood te kan verbind nie, het tog die kenmerk dat Amerika op een of ander wyse in hulle binnelandse aangeleenthede betrokke was.
Oorlog is oorlog en daar dood mense mekaar. Is daar egter regverdiging vir die vermoording van enigiemand van ‘n ander land of volk vir watter rede ookal? Daar is altyd verklarings van die bedreiging van wêreldvrede, voorkoming van bloedvergieting, menseregte vergrype, ens. Die onbeantwoorde vraag is egter altyd, wie trek voordeel uit so iemand se dood en watter vorm neem daardie voordeel aan?
Rigters 13:1-25
“En die Gees van die HERE het hom begin drywe in die laer van Dan tussen Sórea en Estáol.” (:25).
‘n Algemene fout wat mense maak, is om te dink dat Jesus Christus eers in die Nuwe Testament begin figureer. Hy wat Jesus Christus is, het nie eers begin leef toe Hy in Betlehem gebore is nie. Hierdie gebeurtenis was slegs Sy verskyning in die vlees om onder ons te woon, maar Hy is van ewigheid af alreeds by God die Vader. “IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.” (Joh. 1:1). ‘n Behoorlike bestudering van die Woord van God leer ook vir ons op verskeie plekke waar Hy alreeds in die Ou Testament aan mense verskyn het. Lees maar gerus met die nodige aandag in Génesis 18 van Sy verskyning aan Abraham.
Met ‘n toename in staatskuld, plaasaanvalle en moorde op blankes in Suid Afrika, is daar tog tekens van hoop vir die toekoms wat om die draai lê. Tenspyte van toenemende verval van infrastruktuur, bankrot munisipaliteite, volgehoue dreigemente van onteiening sonder vergoeding, nogmaals beurtkrag van tot skedule ses en selfs agt vlakke, is die harde kern van die Afrikanervolk stadig maar seker besig om te konsolideer.
Ons volk se grootste probleem tot dusver, was ons verdeeldheid. Die planmatige en suksesvolle strategie, beplan en geloods vanuit die Afrikaner Broederbond, onder die invloed van sekere Internasionale imperiale en wêreldorde beplanners, om ‘n opvangsgebied te skep vir die golf van ontevrede Afrikaners, het die strewe om soewerein onafhanklik te bly, onberenbare skade berokken.
In die Citizenkoerant word daar verwys na ‘n berig in Sunday World van ‘n lid van die ANC wat Ramaphosa in die hof daag oor die moontlike ongeldigheid van die CR17 Leierskap konferensie by Nasrec.
Lubabalo Sanqela: “President Jacob G Zuma is here to stay so get used to it” 4:56 PM · Feb 1, 2018·Twitter Web Client Dit is dieselfde Lubabalo Sanqela wat nou die hofgeding begin het, waarskynlik met die hoof oogmerk om Ramaphosa se “presidentskap” ongeldig verklaar te kry. Dat dit die Zulu netwerk is wat nou in werking kom, is onteenseglik so. Indien hulle op hulle meerdere getalle steun en dit reg aanwend, sal die Venda president, soos die vorigeXhosa president Mbeki, rede tot kommer hê.
Jak. 3:1-12
“Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie. ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?” (:10&12).
Ons almal is bekend met die woorde van Jesus Christus uit Matt. 7 wat dit stel dat ‘n mens wat waarlik tot geloof in God gekom het se dade, sy optrede, van hierdie saligmakende geloof sal getuig. Hy spreek Homself uit teen die valse profete wat voorgee om gelowig te wees terwyl hul dade van ongelowigheid spreek! “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.” (Matt. 7:15). Ons vergeet myns insiens heeltemal te maklik dat dieselfde reël vir die woorde van gelowiges geld. Ons doen dalk baie moeite in ons strewe om vrug te dra deur ons optrede en dade wat by die bekering pas. Maar ons vergeet dalk ewe maklik om met dieselfde ywer woorde voort te bring wat by ons bekering pas. As ons dade die beeld van Christus in ons moet weerspieël, is ons woorde nie ook aan dieselfde standaard onderworpe nie?
Kan enige beskaafde wese hieroor swyg?
Sondagoggend 15 Desember 2019, verf plaasaanvallers slagspreuke van Kill you, Kill the Boer, Kill. Op die Toyota bakkie van mnr. Nicholson van die plaas Buffelspooetnaby Rustenburg voordat hulle dit aan die brandsteek en op die vlug slaan!
Statistiek dui op 376 plaasaanvalle sedert die begin van 2019, met 36 moorde! Verlede maand was daar elke dag ten minste een aanval opgeteken. In Oktober, 28 aanvalle en drie moorde. September 46 aanvalle en 7 moorde. Augustus 45 aanvalle en 4 moorde. Julie 39 aanvalle en 4 moorde. Juniemaand 34 aanvalle en 6 moorde. Vanaf 1 Januarie tot einde Mei was daar 184 aanvalle en 20 moorde!