Om te begryp wat dit beteken wanneer ons praat van beginsels, wat in die verklarende Afrikaanse Woordeboek beskryf word as “oorsprong”, “Grondslag”, “oortuiging”, is die woord “beginselvas” se definisie, van karaktervas, waarskynlik die beste verduideliking van waarvan daar gepraat word. Dit beklemtoon dat ‘n beginselvaste persoon karaktervas is. Beginsels het dus te make met die oorsprong van dit wat met oortuiging jou karakter vorm. Op sy beurt sal daardie karakter weer jou lewens-en-wêreldbeskouing vorm op sterkte waarvan jy sinvolle en goedgefundeerde beginselbesluite kan neem.
In 1948 het daar geskiedkundige gebeure plaasgevind wat ‘n fondasie gelê het waarop die Afrikanervolk, maar ook ander volke van die wêreld begin bou het.
Gaandeweg het dit vir sommige geblyk rots te wees terwyl ander moes uitvind dat dit sand was!
Die gevolg daarvan, soos die Bybel waarsku was, òf bestand teen die storms, òf ineenstorting onder die aanslag.
In ‘n boek getiteld “Because they hate” deur ‘n persoon wat vanwee haar persoonlike ervaring, geroepe voel om die Christenwêreld te waarsku teen die terroriste aanslag vanuit die fundamentalistiese Muslimwêreld, het sekere ontwikkelings my opgeval wat nie net ‘n duidelike ooreenkoms met ontwikkelings in Suid Afrika vertoon nie, maar ook die insig van Afrikanerleiers ten opsigte van Internasionale gebeure en gevolge, sterk beklemtoon.
Die vorm van kultuur gee uitdrukking aan die kollektiewe gerigtheid van ‘n bepaalde groep mense deur middel van afkoms, reëls, waardes, geloof en gebruike om sodoende ‘n gemeenskaplikheid te beleef en jou identiteit te bewaar.
Dit bevestig wat jy is. Dit gee ‘n bepaalde inhoud aan jou bestaan. Geloof is die basis waarop kultuur rus vir primitiewe sowel as ontwikkelde samelewings. Kultuur is dus altyd groepsgebonde en ontwikkel oor tyd en omstandigheid. Geloof en kultuur kan nie van mekaar geskei word nie. Die aard van kultuur sluit dus in maar dit sluit ook uit! Lidmaatskap tot die groep word sodoende gereguleer.
Fil. 4:1-9
“Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.” (:8).
Ons onderskat meermale die uitwerking van ons gedagtes op ons menswees, op ons lewens. Is dit nie so dat die dinge wat ons gedurigdeur bedink eindelik die begeertes van ons hart sal vorm nie? En dat dit wat ons in ons binneste koester weer uiteindelik ‘n groot invloed op ons optrede en dade het nie? God het immers vir Petrus daarop gewys dat hy verkeerd optree omdat sy gedagtes nie suiwer was nie. “Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van mense.” (Matt. 16:23).
VLAAMS BELANG BESTUURSLID MNR. JAMIE KERREMANS VAN DIE AFDELING BEVEREN: "NA MY SIENING WORD HIERDIE SKOLIERE GROOT ONREG AANGEDOEN"
In ons vorige artikel het ons mej. Vasterman aan die woord gelaat wat, soos u sal kan herinner
net vanweë die feit dat sy geweier het 'n moslemse 'gebedshuis' binne te gaan en buitendien dit ook nog gewaag het om na 'n week 'blatant' lid te word van die Vlaams Belang in haar stad, 'n andere skool het moes soek. Nav. van die vraaggesprek het ons 'n insiggewende vraaggesprek gehad met mnr. Jamie Kerremans, wat 'n bestuurslid is van reeds genoemde politieke party.
Lees met aandag en begryp wat die verskil is tussen Nasionalisme en Liberalisme deur dit wat ons vandag beleef te meet aan die uitsprake van ‘n ware Afrikanerleier. ‘n Leier wat ook gemeet aan die standaard sienings, uitsprake en besluite van Wêreldleiers, sy gelyke nie het nie. Hierdie uitsprake is net só van toepassing op ander blanke volke in die wêreld as op die Afrikanervolk, en net so toepaslik vandag as toe hy dit uitgespreek het!
Die winde van verandering waarna Harold MacMillan, Eerste Minister van Brittanje verwys het in sy toespraak op 3 February 1960, het ook sy neerslag gevind in Suid Afrika se onderwysstelsel, in die vorm van ‘n vernietigende politieke rukwind!
Dit is nou op 22 Oktober 2019 59 jaar later en sedert de Klerk se veragtelike abdikasie in 1994, 25 jaar wat verloop het met tientalle aanpassings aan die aanvanklike veranderde leerplanne wat een na die ander niks behalwe agteruitgang tot gevolg gehad het nie.