‘N OORLOG SONDER KOEëLS: VERSET DIE WAPEN VIR ONS TYD
"Wat moet ons doen? Die eerste is om as Afrikaners saam te trek op die grondslag wat die geskiedenis helder aanwys, naamlik verset teen onreg. Telkens het die Afrikanervolk die gang van die geskiedenis bepaal deur sy verset teen onreg: Die Groot Trek, uit verset …; Die 1881 Vryheidsoorlog, uit verset …; Die 1899-1902 oorlog, uit verset …; Republiekwording in 1961, uit verset …” (Mnr. Jaap Marais – Julie 2000)
Ons weier om ons te berus in die toestand waarin ons volk hom op die oomblik bevind en verwerp enige gedagte of uitspraak dat die situasie onomkeerbaar is. Ons verwerp die gedagte dat ons slegs geregtig is op ‘n ongedefinieerde stukkie grond êrens in die land en dat ons, ons Vryheid moet soek in ‘n volkstaatjie wat onderworpe is aan die staatkundige en politieke mag van die huidige illegitieme regime en sy vyandige grondwet. Ons verset ons teen die onreg teen ons volk!
2 Kron. 26:1-23
“En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Amásia gedoen het. En hy het God gedurig gesoek in die dae van Sagaría, wat onderrig gegee het in die vrees van God. En in die dae dat Hy die HERE gesoek het, het God hom voorspoedig gemaak.” (:4&5).
Koning Ussía het gedoen wat reg was in die oë van die Here. Hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here omdat dit vir hom ‘n prioriteit in sy lewe was – dit was vir hom belangrik om te probeer doen wat reg is in God se oë.
Die geweldsklimaat in Suid Afrika, waar selfs die getallebeheerde “staatspresident”, wat tot nou toe nie net in ontkenning geleef het nie maar selfs bereid was om op Internasionale verhoog blatant daaroor te lieg, dui onteenseglik op belangrike tendense in Suid Afrika.
Eerstens dat geweld, wat Mandela nie bereid was om af te sweer voor onderhandelings nie, bepaald ‘n middel tot ‘n doel was en vandag nog is! Tweedens dat die veragtelikheid en prehistoriese barbaarsheid daarvan deur die beheerde hoofstroommedia onderspeel word deur dit as doodgewone misdaad af te maak. Derdens dat die vrees wat daardeur ontketen wil word, die Afrikanervolk tot oorgawe moet dwing!
"ONS BLY WAL GOOI TEEN DIE HAATUITINGS EN SAL NIE TOESTAAN DAT HIERDIE IDEOLOGIE SAL WEN NIE!"
Geagte leser ons het die genoë gehad om weer 'n baie insiggewende vraaggesprek te hê met
mev. Karen Gerbrands die raadslid vir die Party vir die Vryheid van die Afdeling Den Haag. Soos u sal herinner was die aanleiding vir die laaste vraaggesprek wat ons in September 2018 gevoer het 'n baie trieste een. Toe het mos mevrou se kollegaraadslid mev. Willie Dille haar lewe geneem nav. die verkragting deur moslemse gemors. Die outoriteite het geen rede gesien om 'n groot ondersoek te begin nie en die saak is dus in die doofpot gestop. Omdat mev. Gerbrands ondanks die gat wat geval het in die PVV faksie het verklaar dat sy deur sal gaan en haar nie uit die veld laat slaan nie, sal ons haar oa. vrae stel hoe dit sedert die droewige gebeurtenis met haar gaan.
Matt. 21:33-46
“En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang. Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en ’n ander een doodgemaak en ’n ander een gestenig.” (:34&35).
“Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ’n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.” (:43).
Dit is interessant hoedat God in verskillende tye deur ‘n soortgelyke gelykenis tot Sy kinders spreek. Hy het in die tyd van Jesaja Sy volk oor hul vrugtelose geloofslewe aangespreek.
Die AVP plaas dit egter en rig dit aan die regte adres, naamlik dié van die FW Stigting, Afriforum en Ernst Roets. Die verdere lys wat dit behoort te ontvang is te lank om hier te plaas, maar hulle sal wel weet wie kwalifiseer.
Die onbenoemde Engelsman mag egter dalk duiwelsadvokaat wees. Nietemin is sy waarneming geldig en kan die loues en floues wat onbetrokke op die kantlyn sit, ook maar kennis neem. As daar niks gedoen word nie sal daar niks gebeur nie! In die tyewaarna die Engelsman verwys was dit nie nodig om Afrikaners te soebat om betrokke te raak nie, hulle het self aangemeld!
Die verskil in Afrikanerdenke kom van vêr af! Die grootste verskil was nog altyd tussen diegene wat ander volke, rasse en tale se belange bokant dié van hulle eie volk gestel het, teenoor Afrikaners wat soos Genl. Hertzog gesê het: “Suid Afrika Eerste”
Daar is ‘n ongeskrewe wetmatigheid dat bloed dikker is as water! Bogenoemde stelling geld dus oral in die wêreld waar daar meer as een ras of volk in dieselfde geografiese gebied woonagtig is. Die argument dat vreedsame naasbestaan wel moontlik is in multikultuurgebiede, geld net waar die meerderheid in politieke beheer is en daardie meerderheid ‘n beskaafde en hoofsaaklik ‘n Christenvolk is.