
Die AVP plaas hierdie ontleding van Antjie Krog op die webblad van Praag, met erkenning aan Praag. Dit sluit aan by die verwarde denke van die sestigers wie se gif ‘n stroom van besoedeling geword het tot vandag en waarskynlik nog vele môres ook! Wie daaraan teug word terminaal vergiftig en in selfopgelegde kwarantyn geplaas, afgesonder van hulle Afrikanerskap, volk en vaderland.
LEON LEMMER: ANTJIE KROG EN MAX DU PREEZ: UIT DIE BEEK OF MODDERPOEL?
Antjie Krog, die digteres, en Max du Preez, die joernalis, is al lank geesgenote. Hulle kon nie wag dat die ANC uit ballingskap na Suid-Afrika terugkeer nie. Daarom het hulle hierdie terreurorganisasie in die buiteland gaan opsoek. Daar word vertel dat Krog in snot en trane was toe sy van hierdie vryheidstryders afskeid geneem het omdat sy bevrees was dat die ANC-kamerade deur die apartheidsregime se bomme en koeëls afgemaai sou word.
DIE SESTIGERS
Die ‘beweging’ van sestig en daarna
Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2 (1983)–J.C. Kannemeyer
In 1968 word daar in die Senaat voorgestel om, gedagtig aan premier Verwoerd se versugting dat ons skrywers ook die heldedade van hulle eie geslag ‘sal besing en nie net volgens moderne patrone ... wat elders by volkere wat reeds oud is, die mode’ geword het nie, 'n prys in te stel wat die naam van Verwoerd sal dra.
Wat baat dit jou om kritiek uit te spreek teen die vier Bengaalse tiere wat hulle hanteerder na soveel jare bespring en verskeur? Sou sulke kritiek daarin kon slaag om die tiere tot ander insig te bring? Anders gestel. Sou kritiek teenoor die hanteerder hom daarvan weerhou om saam met die tiere in dieselfde omheining in te gaan ten einde hulle, teen hulle natuurlike aard te oorreed, of liewer op “beskaafde wyse” hulle te intimideer om toertjies uit te voer wat vir hom geld in die sak besorg?
Lukas 18:1-8
“EN Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,” (:1)
“Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?” (:7&8).
Ek wonder hoeveel mense besef waarlik wat die waarde van gebed is. Ons het mos só besig geraak in ons lewens dat daar nie meer tyd vir gebed is nie. Daar is nie tyd vir gesonde kommunikasie nie – nie met mekaar nie en ook nie met God nie. En dit terwyl ek my tyd verspil op allerhande sosiale platforms waar weinig sterk verhoudings gebou word.
MNR HUGO BOS: 'SIMONS GEMORS EN KIE VOER OORLOË TEEN ONS TRADISIES"
Geagte leser. Dalk kan u u nog herinner dat ons op 28 April 2018 'n insiggewende vraaggesprek gehad het vanweë die feit dat mnr. Hugo Bos van die organisasie Civitas Christiani
geprotesteer het teen homoseksuele uitings wat deur die klerebedryf Suitsuply gepropageer word. Baie teënstanders was ook opgedaag en het die feit gehekel dat 'n klein klompie christene dit gewaag het om te protesteer teen hierdie morele verval. Hulle het gedreig en gespoeg, en die reënboogvlae wat die vuilgoed dra was gebruik om hulle vrees aan te jaag. In die gesprek het ook na vore gekom dat hierdie organisasie nie net protesteer teen hierdie sedeverwildering maar ook teen die afbreek van tradisies soos die Sinterklaasfees. Omdat veral politiek partye as Bij1 en die Party vir die Arbeid en Groen Links elke jaar weer hierdie fees teiken het mnr. Bos besluit 'n petisie te begin vir die behoud van Zwarte Piet.
Die valsheid van liberalisme is daarin geleë dat dit die vrymaking van die mens voorhou maar ‘n nalatenskap van verwoesting agterlaat. Liberalisme verhef individuele vryheid tot ‘n oppergesag van goddelike status. Hul belydenis is: volg jou hart, jy kan doen en glo wat jy wil. Ook God moet uitgerangeer word omdat Sy wil belemmerend is ten opsigte van die menslike eiewil. Die ingesteldheid van menslike bevrediging is die essensie van die liberale kultus.

Dit is in Lesotho waar die regering afgewyk het van die tradisionele bemarking van wol en bokhaar deur BKB makelaars van Suid Afrika toe hulle ‘n ooreenkoms gesluit het met ‘n Chinese makelaar.
Hierdie Chinees het skynbaar die produkte ontvang maar nie daarvoor betaal nie met die gevolg dat produsente wat afhanklik is van hoofsaaklik die uitvoer van wol en Sybokhaar, in opstand is in Lesotho.