By die ent van dié reenboog lê daar ‘n pot. ‘n Pot met ontlasting van ‘n mistasting, en die groen gras groei daarom. Volgens de Klerk is dit waar hemel en aarde bymekaar sou kom. Hy het gedink dat niemand ooit agter die waarheid sou kom. Ongelukkig het die Guptas vir nr. 1 gevra hoé om daar te kom. Die goud is gesteel en dit het die land suur bekom. Nou weet almal wat bedoel was met hemel en aarde in Reënboogland. ‘n Pot ontlasting vir ieder en elk se mistasting.
Nou vra jy my hoe tweederde aan valse waarhede kon glo. My vriend, ontmoet sommige van gister en vandag se politici.
LPF FAKSIEVOORSITTER MNR DAVE VAN KOPPEN: "MINISTER VAN ONDERWYS SLOB WIL ONS NOU DWING OM HIERDIE SKOOL DAREM TE AANVAAR MAAR ONS SAL DESNOODS NA DIE EUROPESE HOF STAP OM DIT TE VERHINDER"
Op Dinsdag 9 Julie het die politieke partye LPF Westland, Westland Verstandig en GemeenteBelang Westland nie ingestem met die koms van 'n islamitiese skool nie. Die Raad van
State het egter gemeen volgens die wet moet dit word toegestaan. Aangesien die plan verwerp is, dreig mnr. Arie Slob, die minister van onderwys nou om in te gryp. Hy het die gemeenteraad tot Dinsdag 16 Julie tyd gegee om alsnog in te stem met die skool. Bly hulle weier dan sal die minister die voorstel self onderteken waarna dit wettig is. Ons het nav. van hierdie dwingelandy 'n interessante vraaggsprek gehad met mnr. Dave van Koppen, faksievoorsitter van die LPF.
REFERAAT DEUR DR. A. HERTZOG OP DIE EKONOMIESE VOLKSKONGRES 3 TOT 5 OKTOBER 1939 IN BLOEMFONTEIN
Prediker 5:1-19
“WEES nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ’n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.” (:1).
“Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ’n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ’n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?” (:5).
Ons kan soms vinnig moedeloos raak en voel asof God nie na ons gebede luister nie. Ons voel maklik asof God nie vir ons omgee wanneer ons gebede onbeantwoord gelaat word nie. Maar beproef ons onsself dikwels genoeg om in oënskou te neem hoe ons gesprekke met God lyk?
Beskawing het alles te make met jou siening van die mens, van God en van jouself. Hieruit vloei voort geloof, respek vir lewe, moraliteit, verantwoordelikheid, liefde, menslikheid, reg en geregtigheid en nog vele ander aspekte. Gemeet aan hierdie standaarde moet die nuwe Suid Afrika eintlik beskryf word as die na-beskawingsera. Met na-beskawing bedoel ek die terugval na die gruwels van barbarisme. Die weersinwekkendheid van barbarisme in die nuwe Suid Afrika is so ontstellend, juis omdat te veel mense dit nie meer weersinwekkend vind nie!

Die AVP plaas hierdie ontleding van Antjie Krog op die webblad van Praag, met erkenning aan Praag. Dit sluit aan by die verwarde denke van die sestigers wie se gif ‘n stroom van besoedeling geword het tot vandag en waarskynlik nog vele môres ook! Wie daaraan teug word terminaal vergiftig en in selfopgelegde kwarantyn geplaas, afgesonder van hulle Afrikanerskap, volk en vaderland.
LEON LEMMER: ANTJIE KROG EN MAX DU PREEZ: UIT DIE BEEK OF MODDERPOEL?
Antjie Krog, die digteres, en Max du Preez, die joernalis, is al lank geesgenote. Hulle kon nie wag dat die ANC uit ballingskap na Suid-Afrika terugkeer nie. Daarom het hulle hierdie terreurorganisasie in die buiteland gaan opsoek. Daar word vertel dat Krog in snot en trane was toe sy van hierdie vryheidstryders afskeid geneem het omdat sy bevrees was dat die ANC-kamerade deur die apartheidsregime se bomme en koeëls afgemaai sou word.
DIE SESTIGERS
Die ‘beweging’ van sestig en daarna
Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2 (1983)–J.C. Kannemeyer
In 1968 word daar in die Senaat voorgestel om, gedagtig aan premier Verwoerd se versugting dat ons skrywers ook die heldedade van hulle eie geslag ‘sal besing en nie net volgens moderne patrone ... wat elders by volkere wat reeds oud is, die mode’ geword het nie, 'n prys in te stel wat die naam van Verwoerd sal dra.