FAKSIEVOORSITTER MNR. MICHEL VAN BREMPT VAN VLAAMS BELANG AFDELING AALST: "DIE STADSKOERANT VAN AALST HET MY DIÉ FILIP DEWINTER VAN MY STAD GENOEM, DOG NA MY OPINIE IS DIT TE VEEL EER NIE"
Ons het 'n interessante vraaggesprek gehad ivm. met 'n 'rassisties insident' wat plaasgevind het op die eerste dag dat die nuwe gemeenteraad van die stad Aalst vergader het. Die koerant se storie is dat die faksievoorsitter mnr van Brempt onverdraagsaam was teen 'n gemeenteraadslid van die linkse party Groen , en het dit 'n swart oomblik vir die demokrasie van Aalst genoem.
Die enigste feit is dat hy het hom net gesteur aan die hoofdoek wat hierdie Turkse raadslid Fatma Yildiz dra en hy het hier geen doekies om gedraai nie, Die faksie van Vlaams Belang bestaan uit Mevre. Anja de Gols, Els van Puyvelde, Anja Blackaert en Mnre.Steve Herman, Johan van Nieuwenhove, Guy Claus, Raf Moraleda Barona en Michel van Brempt.
Want ek kan doen met ‘n miljoen, of straks ‘n biljoen! Met ‘n goedgemikte stem in die komende verkiesing, dalk selfs ‘n triljoen.
In die sestiger jare was beroepsvoorligting se klem op die staat. Dit was waar die sekuriteit in ‘n beroepskeuse gelê het. Die privaatsektor was wisselvallig en ‘n beroep, hoewel in terme van inkomste meer rooskleurig, nie so standvastig soos in die staat nie. In beide areas was korrupsie, diefstal en vergrype ‘n rariteit.
Na die moord op dr. Verwoerd op 6 September 1966, het daar ‘n merkbare verandering in Suid Afrika ingetree. Verandering was die slagkreet! Alles moes verander. Verandering wat toe stelselmatig toegepas is deur veral die kerk en staat is deur kultuur, onderwys en Universiteit aanvaar. Die gepropageerde oogmerk van ‘n “demokrasie”, rasseharmonie, vrede en voorspoed wat aan die wêreld voorgehou is as rolmodel viir die sukses vir multikulturalisme, lê na 24 jaar se ononderbroke agteruitgang in stof en as!
“En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.” (:15).
Ons hoor gereeld van sogenaamde wêreld vrede. Die vrede waarvan hier gepraat word, is heeltemal ‘n ander vrede as waarvan ons in God se Woord lees. Die sogenaamde wêreld vrede is ‘n vrede oor alle grense heen wat kwansuis tussen alle mense heen bewerkstellig moet word. Ten einde hierdie vrede te kan bereik, sal alle verskille uit die weg geruim moet word. En in besonder sou verskille o.g.v. geloofsoortuigings moet verdwyn. Dit is ‘n baie slim taktiek van die Satan om hierdie vyandskap wat in die tyd van Adam en Eva reeds begin het te probeer verdoesel.
Vergelyk vandag se Afrikaners met die Engelse van 1921 soos in die artikel wat in “Het Kerkblad” van 1 September 1921 verskyn het. Dit was Totius wat James Douglas se artikel in die Sunday Express waardig geag het om dit in die kerkblad te laat opneem. Die afleiding wat gemaak word is dat hy sy eie volk aan Douglas se ontleding gemeet het.
Die vraag wat by die AVP ontstaan het nadat hierdie artikel op ons webblad beland het, is of wat Douglas in 1921 oor die Engelse kwytgeraak het nie met meer klem op óns volk vandag toegepas kan word nie. Daarmee sluit ons dan nie die huidige Britse volk en elke ander volk in Europa uit nie!
Op 20 Februarie 2019 het die minister van finansies van die ANC-regime in Suid-Afrika, Tito Mboweni, sy begrotingsrede gelewer. Dit was interessant om te sien dat hy in hierdie rede nie minder as drie aanhalings uit die Bybel (“the Good Book” soos hy dit noem) maak nie.
Enige aanhaling uit die Bybel kom gewoonlik baie vroom voor. Feit is egter dat enigeen wat teksverse uit die Bybel aanhaal hulself nie noodwendig aan die gesag van God se Woord onderwerp en dit gehoorsaam nie. Dink maar aan die Satan wat Christus in die woestyn versoek het. (Matt. 4:6:“en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ’n klip stamp nie.”).
…WANT ONS DIEN ‘N JALOERSE GOD
Jak. 4:1-12
“Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?” (:5).
“Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!” (:8).
Dit is duidelik uit God se Woord dat Hy min tyd het vir ‘n dubbelhartige man. Getrouheid, eerlikheid en opregtheid is alles eienskappe wat in God se oë kosbaar is. ‘n Dubbelhartige persoon het nie hierdie eienskappe nie. Ons word selfs in Jakobus 1 geleer dat die gebed van ‘n persoon wat dubbelhartig is nie vir God aanneemlik is nie. “Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie – so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.” (Jak. 1:7&8).
Die twis wat ontstaan het tussen die Autraliese uitvoerders en Chinese invoerders, kan moontlik ‘n nadraai in Suid Afrika hê.’n Twis wat nou tot gevolg het dat vyf van die noordelike Chinese hawens wat deur die Dalian doeane beheer word, nl. Bayuquan, Panjin, Dandong en Beiliang klaring weier van Australiese steenkool. Die werklike oorsaak is nie bekend nie en die Chinese owerhede gee ook geen verduideliking vir die verbod nie.
Ook by ander Chinese hawens word Australiese steenkoolklarings met tot 40 dae lank vertraag. Van die 14 miljoen ton steenkoolinvoere in China, voorsien Australië nagenoeg die helfte.