Die verkiesing wat voorlê bied aan ons ‘n gulde geleentheid om as ‘n volk, soos met die Anglo- Boereoorlog, vir die wêreld te wys dat ons die ongeregtigheid wat op ons afgedwing word, met veragting verwerp deur almal in verset van die stembus weg te bly! Dit sal in lyn wees met die Britse volk se referendum, ( Brexit) om buite die Europese Unie se invloed te kom en die Amerikaanse volk wat Donald Trump verkies het “to make America Great again, ons geledere te sluit ter wille van geregtigheid!
Daar is geen plaasvervanger vir geloof nie en Ons Hemelse Vader se Woord sê die hoop beskaam nie! Die gees van wanhoop wat sy oorsprong het in ongeloof, wat voed uit die misleiding van die sogenaamde onomkeerbaarheid van ons toestand, is ‘n valse gees wat bestry moet word.
MEI 2019 VERKIESING
AVP SE OPROEP STERK EN DUIDELIK: KIES REG, BLY WEG!
(Deur Pieter de W van der Spuy (Voorsitter van die Afrikanervolksparty))
Die NP het in 1994 boedel oorgegee en die ANC/SAKP het die mag gegryp. Die NP-leiers het toegestem tot meerderheidsregering en ‘n politieke bedeling het tot stand gekom wat dit vir die Afrikaner onmoontlik maak om sy soewereine vryheid by die stembus te herwin. Trouens, die verkiesing van 1994 was ‘n eenmalige gryp van mag ingevolge ‘n grondwet wat ‘n swart diktatuur magtig en in stand hou.
FAKSIEVOORSITTER VAN DIE PARTY VIR DIE VRYHEID AFDELING ZAANSTAD: "ONS SAL DIT AAN DIE KAAK KAN STEL BY DIE KOLLEGE VAN ZAANSTAD VANWEË DIE FEIT DAT DIE VEILIGHEID IN DIE GEDING IS"
Ons het 'n interessante vraaggesprek gehad met meneer Peter van Haasen die faksievoorsitter van die PVV afdeling
Zaanstad ivm. die feit dat 62 private gegewens van bekommerde inwoners openbaar gemaak is. Die party wil oor hierdie kwessie vrae stel aan die Kollege hoekom dit kon gebeur het?
2 Thessalonicense 2:1-17
“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.” (:3&4).
Daar is in ons dae geen tekort aan godsdienstige bewegings nie. Dit is net jammer dat die minimum van hierdie bewegings hul met die waarheid besig hou. Die samelewing van ons tyd is baie verward en talle mense sal op die vorige stelling dieselfde vraag as Pilatus wou stel – “Wat is waarheid?”.
Die godsdienstige bewegings wat myns insiens die grootste aftrek kry, is daardie bewegings wat kitsoplossings voorhou.
INLEIDING
1 KORINTHIËRS 4: 8 en 9
Alreeds is julle versadig, alreeds het julle ryk geword, sonder ons het julle geheers. Het julle tog maar geheers, sodat ons saam met julle kon heers!
Want dit lyk vir my dat God ons apostels die laaste plek aangewys het as tot die dood veroordeel; want ons het ’n skouspel geword vir die wêreld, vir die engele sowel as vir die mense.
Internasionale politieke ontplooiing waarby Suid Afrika en Afrikaners nou (intens),betrokke is, is ‘n ongeregtigheid wat gepleeg word onder die voorwendsel dat dit in belang van internasionale vrede is.
Daar word wêreldwyd onskuldige en selfs gelowige mense hierby betrek wat vas glo dat hulle betrokkenheid en optrede geregverdig is omdat hulle onbewus is van die netwerk waarbinne hulle ingetrek is en onbewus van wat die oogmerk is van hierdie “onsigbare, agter die skerms” netwerk.

Géén veiligheid, géén beskerming, géén wet en orde, maar ‘n misdaadmekka van moor en steel en vernietig terwyl die swart regimeverteenwoordigers op belastingbetalersgeld oorsee rinkink en deur buitelandse “hoogwaardigheidsbekleërs” ontvang en onthaal word! Amptenare van lande wat hulle tande slyp om die Afrikaner se swaarverdiende land en regmatige besit te bekom op die mees veragtelike wyse!
Wat ‘n tragiese toestand van onregmatige, immorele verraderlike klomp struikrowers wat soos aasvoëls sit en wag om wat nie aan hulle behoort te bekom, ten koste van honderde-duisende lewens en daarmee saam totale volke probeer uitwis. In hierdie praktyke word die onbevoegde swart en ook ander sukkelende rasse gebruik om later weer uitgespoeg te word as die skuldiges. Daar sal niks verander na die verkiesing wat deur swartes oorheers gaan word, behalwe dat hulle greep telkens op Suid Afrika ten koste van die blanke sal verstewig nie.
Is daar nog iets wat jy benodig? Is die genade van God ons hemelse Vader nie vir jou genoeg nie? Wat is die waarde van dit wat jy wil byvoeg by God se genade? Groter verlossing, meer eer, beter verdienste?
Laat jou swakheid, jou afhanklikheid van die genade van ons hemelse Vader jou krag word, want daarin word jou verlossing volbring!
2 KORINTHIËRS 12:
DIT is waarlik vir my nie nuttig om te roem nie, want ek sal kom tot gesigte en openbaringe van die Here.