March 24, 2014
Uit 'n berig van die Vryburger:
Die voorsitter van die Afrikanerbond, Pieter Vorster het met onmiddellike ingang uitgetree as voorsitter vanweë sy betrokkenheid by die Vryheidsfront Plus as kandidaat vir die komende algemene verkiesing. Vorster sê die Bond se politieke onverbondenheid mag nie geskaad word nie, en daarom tree hy dadelik uit. Hy was voorheen burgemeester van Bloemfontein, en ook DA raadslid van die gesamentlike munisipaliteit van Brandfort, Theunissen, Winburg, Verkeerdevlei en Soutpan.Vorster is vyfde op die lys van die VF Plus se kandidatelys.
Jan Bosman, sekretaris van die Afrikanerbond, sê Jaco Schoeman, ’n boer van die Barkly-Oos distrik in die Oos-Kaap is aangewys as waarnemende voorsitter van die omstrede beweging. Vorster sê hy kan nou vir die eerste keer sy politieke oortuigings uitleef sonder ’n albatros om sy nek. Daar kan nou met reg gevra word, wie en wat is die VF+ werklik en veral wat is hulle rol in die Afrikanerpolitiek.
Al die beloftes van werkskepping was toe al die tyd leë beloftes waar net sommige uitverkorenes gebaat het. Dit blyk egter baie effektief te wees as kiesers gewerf moet word, om jou ondersteuningsbasis uit te brei deur beloftes wat mooi klink maar nie bedoel is om te realiseer nie. Dit bly egter tragies dat die de Klerkbende in hulle hele kabinet nie genoeg politieke insig oorgehad het om hierdie soort uitkoms te voorsien nie! Suid Afrika se reënboog en hooggeroemde demokrasie is reeds kleurloos en ‘n korruptokrasie van formaat!
ARMS DEAL JOBS: WHAT CITY PRESS FOUND
2014-03-30 16:58
The commission is investigating allegations of corruption in the controversial multi-billion rand arms deal. (AFP)
Athandiwe Saba, Paddy Harper and Jeanne van der Merwe investigate. THE GOOD Gemco Promised: 2 100 jobs. Found: Seven when it was sold
One of the companies we visited was Gemco, a manufacturer of false teeth, which was established in 2004 by BAE Systems, the arms manufacturer that sold the Gripen fighter jets and Hawks trainer jets to South Africa for what the department of trade and industry report said was $7.2 billion. Sixty-five percent of Gemco was owned by two men – Seth Phalatse and a business partner. The company was supposed to have created 2 100 jobs, but was sold in 2010 with seven people on its staff.
Het daar in die afgelope twintig jaar sedert ‘n een-mens-een-stemverkiesing in Suid Afrika wat deur die NP regering van F.W. de Klerk en kie bewerkstellig is, geen verskil aan die gevolge van Afrikaner deelname aan so ‘n verkiesing ontstaan nie. Wanneer daar in verkiesings nie ‘n moontlikheid bestaan dat die regering deurlopend daaraan blootgestel is om deur sy opposisie verslaan te kan word nie, kan daar in die eerste plek nie sprake van demokrasie in so ‘n land wees nie. Dit het sedert 1994 eerder swakker as beter geword. Vir enige ander politieke party om swart steun te verkry vir ‘n noemenswaardige sterk opposisie, sal die ANC geklop moet word met beloftes en begunstiging van swartes en benadeling van blankes, wat so ‘n party feitlik ‘n duplikaat van die ANC sal maak. Indien Afrikaners dus aan so ‘n verkiesing sou deelneem sonder die moontlikheid om die regering te vervang, is die noodwendige gevolg aanvaarding van deelname aan ‘n ondemokratiese stelsel wat van die betekenis van demokrasie ‘n belagging maak en volgens NP van Wyk Louw, reeds ‘n vorm van diktatuur. Deelname deur ander partye in so ‘n bestel verbloem net hierdie feit.
POLITIEK KORREKTE POLITIEKE PARTYE DINK NET AAN 'HULLE' MAATJIES.
Na ons siening is die allergrootste 'seëning' van ons nasies die feit dat in dié samelewing net die politiek korrekte politieke partye 'n stem lyk te hê, en mense wat nie daarvan hou nie word uitgesluit.
Die Kordon Sanitêr waar ons reeds talle kere oor geskryf het, is 'n baie goeie en effektiewe wapen om andersdenkende monde stil te maak.
Hulle hoef net die toörwoordjies 'rassisme' en soms selfs 'fascisme' te gebruik om daardie resultaat te bereik. As hulle dit gedoen het kan hul hierdie 'pragtige' droom werklikheid laat word. Die multikulturele sirkus kan begin en teenstanders staan net vir 'n voldwonge feit. Die sluise word voluit oopgetrek vir veral Moslems wat blatant wyke en buurte beset en die oorspronklike bewoners vinnig verjaag. Hulle word hierin ondersteun deur die sogenoemde demokratiese partye wat voel die buurte moet veelkleurige word en mense wat daar reeds woon moet maar net aanpas aan die nuwe wyk bewoners. Omgedraai is hulle van mening die Moslems moet nie aanpas nie maar met alles gehelp word. 'n Paar voorbeelde: Wil hulle 'n moskee dan kry hulle die. Eis hulle swem net vir Moslemse vroue dan is die munisipaliteit baie gewillig.
Hoewel baie interessant, is hierdie inligting nie werklik verbasend nie. As daar in drie departemente vir onthaal, kos en reis die onderstaand miljoene spandeer word, kan daar hoegenaamd verwag word dat die weermag sal verbeter met n’ vergrote begroting? “The three departments responsible for the most spending on entertainment, food and travel expenses were defence (R780m), the police (R685m) and justice (R454m). The department of defence's travel and accommodation expenses amounted to R733m.”
SA MILITARY IN DIRE STRAITS - REVIEW
2014-03-26 05:30
Cape Town - South Africa's cash-strapped armed forces are in a "critical state of decline" that will take at least a decade to fix even with urgent action, according to a military strategy review seen by Reuters.
ANC set to secure 66%
Die stommiteit van die liberalistiese gelykstellingsideologie waar die klem op ontkenning van ras en verskil val, en “majority rule” democracy beteken, sal die getalsbegrip dat ‘n meerderheid noodwendig meer is as ‘n minderheid, stadig maar seker tot elke blanke kieser se skuldbelade en benewelde verstand deurdring. Wanneer sommige wat verwag dat die ANC ernstig swakker gaan vaar vanweë swak dienslewering en Zuma se jakkalsdraaie, verslae na die verkiesingsuitslag na 7 Mei 2014 kyk en daar weinig indien enige verandering plaasgevind het. Dit is eers dan dat mnr. Jaap Marais se herhaalde waarskuwing, helaas ook net by sommige sal grondvat, nl. Dat Afrika ons aanskouingsles is. Mag dit dan ons volk se samehorigheid versterk in verset teen die onreg ons aangedoen!
33 PARTIES WHO'D REGISTERED FOR THE 7 MAY ELECTIONS
Op 16 Augustus 2011, het ons kommentaar gelewer op Tutu se uitsprake wat daarop gerig is om die Afrikaner te benadeel. ‘n Uitspraak wat nou na aanleiding van die Engelse se openbare vertoon van minagting vir die Afrikanervolk, en verering van die terroriste, weer kommentaar verdien. Die kommentaar wat ons destyds gelewer het, is nou weer relevant en plaas ons dit opnuut, veral omdat die Britte in hulle voortsetting van die oorlog teen die Afrikanervolk, wat hulle nog nooit permanent kon onderkry deur oorlog en geweld nie, swartes teen ons gebruik het om die onreg wat teen ons gepleeg word, op iemand anders se brood gesmeer te kry terwyl hulle volledig betrokke is! Nie alleen in Tutu se aanstelling nie maar ook in die huisvesting van die SAKP, Peter Hain en ander terroriste en in die vrylating en aanstelling van Mandela.
Desmond Tutu
Die invloed van Brittanje deur middel van die Anglikaanse staatskerk in die Suid Afrikaanse politiek, moet ook nie uit die oog verloor word wanneer die Anglikaanse Biskop, Tutu, wat deur die Engelse koningin in sy amp aangestel is, uitsprake maak wat die blanke se posisie in Suid-Afrika raak nie.