Die gedokumenteerde geskiedenis van die Groot Trek is deur Voortrekkerpers Beperk in verskeie historiese leesboeke onder die redaksie van D.P. Goosen, Prof. F.A. van Jaarsveld, prof. C.F.J. Muller en prof. Theo van Wyk saamgevat en was deurlopend van onskatbare waarde om veral die Afrikanerkind op te voed met die agtergrond van geskiedkundige verloop en gebeure waaruit die Afrikanervolk tot stand gekom en sy lewens-en-wereldbeskouing gevorm is.Een so ‘n boek is getiteld Piet Retief deur Maria Hugo wat die wel en weë van die trekkers en hulle leiers bestryk op só ‘n wyse dat die leser daarvan die verloop van die trek kan meeleef en ook instaat gestel word om in die ordening van sy volkslewe, dit wat nadelig sou wees te vermy en dit wat positief was as boustene te gebruik, soos wat President Paul Kruger inderdaad later as riglyn vir die nageslag aangebied het in sy welbekende laaste boodskap. “Daarom: soek in die verlede al die goeie en skone wat daarin te ontdek is, vorm daarna u ideaal en probeer om daardie ideaal te verwesenlik. Dit is waar, veel van wat opgebou was, is nou vernietig, verniel en het geval. Maar met eenheid van sin en eenheid van kragte kan weer opgerig word wat nou daar plat lê”.
Die rondborstige bekentenis tot dusver deur FW de Klerk self dat hy fataal gehandel het toe hy die land aan die kommunistiese ANC oorhandig het, word weerspieël in hierdie toespraak op 31 Januarie tydens die Stigting se jaarlikse konferensie in Kaapstad.
Let ook op die waarskuwing wat hy rig oor die rewolusie waarna hy telkens verwys. Vir de Klerk om nadat hy deurlopend vir vier-en-veertig jaar deur WYSE AFRIKANERS gewaarsku was oor dit wat nou besig is om te gebeur, Suid Afrikaners wat nou van Zuma en die ANC se planne kennis gaan neem wys te noem, is om van te stik! Miskien moet dit bygesê word dat dit slegs in Afrika is waar dit ‘n tendens is dat politieke verwaandheid die geneigdheid het om intelligensie te bowe te gaan!
Die hernieude aanslag op die Afrikanervolk se besit, ja, sy totale besit en nie net sy grond nie, word deur die media op elke moontlike forum en by elke moontlike geleentheid bespreek en gedebatteer sodat die Afrikaner se wil tot stryd en verset afgetakel moet word na ‘n gelatenheid wat gelyk is aan oorgee. Dit is by die twintigjarige herdenkingsfunksie van die GHA opnuut gehoor toe een van die lofbetuigers dit onomwonde gestel het dat Blanke Afrikaners nooit weer in beheer van Suid Afrika sal kom nie. Uit ons geskiedenis weerklink egter die geloofsryke en patriotiese Afrikanerleiers se oproep: “Die stryd is eers verby as jy die wil om te stry verloor het!” Die harde kern van die Afrikanervolk sal eers gebreek moet word voor sulke afbrekende en negatiewe retoriek, wat knus inpas by die vyande van ons volk se aanslag, ‘n werklikheid kan word.
Wie se leiding verkies u. Amerika en al die lande wat Uganda veroordeel, of die Woord van God. U keuse mag dalk daartoe bydra om u ewigheidsbestemming te bepaal.
1.I KORINTHIËRS 6:10
Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
Daar is nou twee modelle. Die een is die model van regter Johan Kriegler wat met die 1994 verkiesing op ʼn vraag van wyle mnr. Jaap Marais hoe dit moontlik is dat hy die 1994 verkiesing vry en regverdig kan verklaar as daar een-en-‘n-halfmiljoen meer stemme getel is as waarvoor daar stembriewe gedruk is, was sy antwoord dat daar maar altyd hier en daar ongerymdhede in ʼn verkiesing voorkom. “ ʼn Mens kan nie in ʼn bordeel werk en kuis bly nie” het hy gesê. Hierdie model impliseer ongerymdheid, korrupsie en oneerlikheid op ‘n skaal wat ‘n mens laat duisel.

Na aanleiding van Kerry se standpunt en afkeer van die wet op homoseksualisme wat hierdie week deur Uganda aangeneem is, laat ‘n mens wonder oor sy eie status in hierdie verband. (Reaksie van die AVP na aanleiding van ‘n berig in Beeld van 28 Februarie 2014) Om te beweer dat dit net so verkeerd is as wat apartheid tussen die 50’s en 60’s was, daarom is hierdie wet nou ook verkeerd, het ‘n betekenis waarvan die wortel veel dieper as die vel setel. Behalwe dat dit die kollig op Kerry se afkoms en opvoeding laat val, demonstreer sy uitspraak terselfdertyd die blatante vergryp van die Amerikaanse owerheid om in state se binnelandse aangeleenthede in te meng,
27 Februarie 2014
Die aanval op Clive Derby Lewis in die C-Maks, maksimum veiligheidsgevangenis in Pretoria, reflekteer nie net op die maksimum veiligheid binne daardie gevangenis nie, maar laat ernstige vrae ontstaan oor die rede waarom daar nie parool aan Derby Lewis toegestaan word ten spyte daarvan dat hy volgens elke regsreël daarvoor kwalifiseer nie. Wil die regime hom laat vermoor binne die gevangenis? Clive Derby Lewis wat in sy hele bestaan niemand ooit enige leed aangedoen het nie, wat nog te sê vermoor het, word op 78 jarige leeftyd in hierdie “maksimum veiligheid" gevangenis aangehou terwyl die ergste wat hy gedoen het was om ‘n vuurwapen aan iemand te voorsien wat daarmee ‘n politieke moord gepleeg het.