1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9961716

Besoekers aanlyn

Ons het 134 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

POLITIEKE KORREKTHEID

alt‘n Mens staan somtyds verstom oor hoe Afrikaners wil wegskram van ras as onderskeidingsfaktor, net omdat ons vyande die kreet van rassisme gebruik om ‘n internasionale etiket van rassis om jou nek te hang. Die terme kultuur en volk word aangevoer as terme wat nie aanstoot gee nie en eerder gebruik behoort te word om die rasse verskeidenheid, nierassig te maak! 

 

Die een ding wat sigbaar die verskil en andersheid wat tussen mense bestaan, klankloos verduidelik vanweë die Godgeskapenheid daarvan, moet ons nou in ontkenning ignoreer bloot omdat daar mense is wat dit nie wil aanvaar nie, asof dit nie ‘n werklikheid is nie.

Dit wat jy met jou oë kan sien, moet jy behandel asof jy dit nie sien nie, selfs asof dit nie bestaan nie! So vêr is die blanke al wêreldwyd gekondisioneer dat dit doodgewoon aanvaar word dat daar in die media selde indien ooit gemeld sal word dat dit swartes is wat blankes vermoor het of in die skool met wiskunde en wetenskap swak gevaar het of op welke wyse sou aandui dat daar verskil in optrede en/of prestasie tussen blank en swart bestaan. 

Daar is egter ook diegene wat jou skuins aankyk as jy negatief is oor die gebruik van Engels ten koste van Afrikaans. Om polities korrek te wees sal ‘n groep Afrikaners almal met mekaar Engels praat wanneer daar slegs een Engelstalige bykom. In ‘n briewekolom van ‘n koerant van 22 Januarie 1971, skryf ‘n Engelsman van Oos London, T.K. Smith, (ek haal slegs enkele opmerkings aan): “U weet, ek wil elke keer uitbars van die lag wanneer ek van Afrikaners hoor of lees wat as sulke groot beskermhere van die Engelse taal wil poseer. Hoe dikwels moes ek nie al lees of in ‘n gesprek hoor dat jy nie vir hierdie of daardie party moet stem omdat hulle die Engelsman se regte van hom wil wegvat. Dit is om te lag, maar dit is ook tragies...... Laat my toe om as buitestaander en vreemdeling aan julle ‘n klein stukkie advies te gee. Vergeet my taal Dit is ‘n wêreldtaal wat nie sal verdwyn nie en as hy dan moet verdwyn, nie gered sal word deur die beskermde hand wat die Afrikaner oor hom wil hou nie. Vergeet van jul stryd vir die Engelse regte en spaar julleself verdere vernedering..... en red jul eie taal”.

Die Afrikanervolk se voorvegters vir die swartman se regte en nierassigheid, stel die Afrikaner bloot aan dieselfde soort vernedering waarna hierdie Engelsman verwys. Dit is veral opmerklik hoe Blanke en in baie gevalle Afrikaner blanke skoolhoofde en onderwysers vinnig is om te verklaar dat konflik en voorvalle op die skoolgronde en in klaskamers nie rasgebaseerd is nie maar te make het met kultuurverskille.

 

Dit is tog logies dat ras nie uit kultuur ontstaan het nie maar andersom! Dit is juis jou ras wat jou sigbaar onderskei van ander. Die kultuur van misdaad en opvoedkundige agterstand is by herhaling bewys dat dit met ras te maak het en nie met opvoeding, onderwys, sosiale status of omgewing nie. Die sigbare verskil tussen blank en swart het met rassisme niks te maak nie. Dit is ‘n geskape werklikheid waaruit elke ras se kultuur volgens sy aard ontwikkel wat hom onderskei van ander.

 

Wanneer kulture van verskillende volke vermeng wat aan dieselfde ras behoort, is daar kruisbestuiwing soos met die vorming van die Afrikanervolk uit verskillende Germaanse volke waar die basiese waardes en standaarde behoue bly. Wanneer verskillende rasse egter vermeng, verval die morele en opvoedkundige waardes en standaard. Mnr. Jaap Marais het by geleentheid gesê dat Rassetrots nie selfverheffing of etiese vergryp is nie, maar ‘n betuiging van selfrespek as ‘n lid van ‘n onderskeibare soort mensegroep waaraan daar ‘n erflike gebondenheid is. Daar ontstaan ‘n behae om deel van so ‘n volk te wees waarbinne jy kan presteer en vry wees om jouself te wees. Waarom wil ‘n mens so ‘n edele gegewe eienskap soos pêrels voor die swyne gooi om vertrap te word omdat wêreldlinge dit so wil hê en jy graag polities korrek wil wees?

 

A definition worth remembering :

There's an annual contest at Bond University , Australia , calling for the most appropriate definition of a contemporary term. This year's chosen term was "political correctness".

The winning student wrote :

"Political correctness is a doctrine, fostered by a delusional, illogical minority, and promoted by mainstream media, which holds forth the proposition that it is entirely possible to pick up a piece of shit by the clean end."

... The most truthful words ever spoken ...

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie