1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9962393

Besoekers aanlyn

Ons het 92 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

VRY EN REGVERDIGE VERKIESINGS WERKLIK NOU ‘N BORDEEL?

altDaar is nou twee modelle. Die een is die model van regter Johan Kriegler wat met die 1994 verkiesing   op ʼn vraag van wyle mnr. Jaap Marais hoe dit moontlik is dat hy die 1994 verkiesing vry en regverdig kan verklaar as daar een-en-‘n-halfmiljoen meer stemme getel is as waarvoor daar stembriewe gedruk is, was sy antwoord dat daar maar altyd hier en daar ongerymdhede in ʼn verkiesing voorkom. “ ʼn Mens kan nie in ʼn bordeel werk en kuis bly nie” het hy gesê. Hierdie model impliseer ongerymdheid, korrupsie en oneerlikheid op ‘n skaal wat ‘n mens laat duisel.

 alt

Johan Eybers van Beeld berig op bladsy 11, 28 Februarie 2014 dat Ekurhuleni Munisipaliteit sowat 17 Miljoen rand begroot het vir partytjies en funksies wat hulle voorhou as pogings om mense te oortuig om te registreer. R20,000-00 vir gebede vir politieke leiers, R4,3 miljoen vir uitstapies na winkelsentrums, piekniek en aankope van T-hemde wat die munisipaliteit volhou is bloot vir registrasie van kiesers.

 

Gooi nou nog R14 miljoen by vir funksies van tussen R1 en R 5 miljoen wat deur die burgemeester versoek is en gister goedgekeur is op die munisipaliteit se raadsvergadering in ‘n aangepaste begroting, dan is die prentjie feitlik voltooi vir ‘n “absoluut vry en regverdige verkiesing”.

Wat egter in hierdie scenario ontbreek, is die tweede model van ‘n bordeelbenadering. Dit blyk nou dat regter Kriegler nie bloot banaal was toe hy die voorbeeld van ‘n bordeel gebruik het in sy beoordeling van ‘n verkiesing in Suid Afrika nie. Dit is nou twintig jaar later en die Jeugliga van die ANC gebruik openlik prostitute vir werwingswerk met allerhande beloftes vir kiesers wat vir die ANC stem. Was daar dalk in Kriegler se tyd ook sulke praktyke wat net nie ooglopend was nie of het hy dalk die Jeugliga beïnvloed met die paslike metafoor wat hy gebruik het?

Hoe dit ookal sy, na gelang die verkiesingskampanje op dreef kom, word dit elke dag duideliker dat Suid Afrika in sy kern vrot is! Blankes wat aan diesulke verkiesings deelneem is reeds gekontamineer en loop die risiko om terminaal siek te word soos wat Kriegler tereg opgemerk het: “Mens kan nie in ʼn bordeel werk en kuis bly nie” het hy gesê.

Die AVP raai elke Afrikaner in besonder en blankes in die algemeen aan om van die stembus weg te bly. Dit is die sterkste vorm van nie gewelddadige verset, om jou openlik te distansieer van die onwettige regime se korrupte beheer van Suid Afrika, al sê wie ook wat van jou nie-deelname.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie