CU/SGP STYG MET 3,0 PERSENT EN WEN 155 RAADSSETELS EN IS IN BYNA ALLE STEDE DIE GROOTSTE!!
Die kombinasie ChristenUnie/Staatkundige Gereformeerde Party het by die die Nederlandse verkiesings vir die munisipaliteit van 19 Maart baie wins geboek. In sommige steden het die CU of die SGP selfstandig meegedoen soms ondersteun deur die Christen Demokratiese Appel( CDA) . Hulle het dit so gemaak om as daar 'n ressetel was hierdie veilig te sit. As hulle dit nie doen nie het dalk die linkse partye daai setel gekry.
Ons sal hieronder 'n kort-kort oorsig gee van 'n paar provinsies
In die provinsie Suid Holland het hulle in Vlaardingen een setel gewen en gaan van 2 na 3, en in die naby geleë stad Schiedam kom die CU/SGP selfs vir die eerste keer in die raad. In Alblasserdam kry die SGP 'n setel daarby en in Delft gaan die ChristenUnie van een na twee setels. In Katwyk gaan die SGP van een na twee en die CU bly gelyk. In Cromstrijen doen net die SGP mee maar wen ook daar een setel in die raad. In Waddinxveen doen albei die partye nie mee nie en is daar net die
Protestantse Combinatie Waddinxveen (PCW) wat op ses bly staan maar tog die grootste is.In Gouda wen die SGP een setel en gaan na 2 en die CU wen ook 'n setel en gaan na 4. In Gorichem styg die CU/SGP deur die ondersteuning van die CDA van 2 na 3 setels.In Sliedrecht behou die SGP/CU hul 7 setels. In Den Haag haal die CU 'n setel en verlies die Party vir die Vryheid 'n setel en gaan na onder van 8 na 7. Leefbaar Leiden wen 'n setel en gaan na 2. In Rotterdam bly Leefbaar Rotterdam (dié party wat opgerig is deur mnr Pim Fortuyn) op 14 staan, maar die Party vir die Arbeid wat ook 14 setels het, verloor 6 en het nou nog 8 oor.
In Haarlem die hoofstad van Noord Holland was die ChristenUnie nie verteenwoordig in die raad en gaan van 0 na 1.
In Haarlemmermeer wen die CU/SGP ook 'n setel en die party Forza! Haarlemmermeer gaan van drie na vier. In Zaanstad gaan die CU van een na twee.
In Almelo in die provinsie Overijssel wen die CU 'n setel en in Zwolle wen hulle twee setels en gaan van 6 na 8. In Ommen boek die CU een setel wins en styg van 2 na 3 en in Deventer van 1 na 2. In Staphorst bly die SGP op 5 setels staan en die CU op 4. Hulle is die grootste in die raad. In Rijssen-Holten het die SGP 7 setels en die CU 4 en behou dit.
Op die eiland Urk in die provinsie Flevoland boek die Staatkundige Gereformeerde Party 'n winst van 2 setels. Hulle had 3 en gaan nou na 5 setels. Die CU bly op 4 setels staan. Saam is die Christelike partye die grootste in die raad. In Almere behou die Party vir die Vryheid hul 9 setels en die CU hul ene setel. In Zeewolde gaan die ChristenUnie van 2 na 3 en BurgerBelang Zeewolde wen hul eerste setel.
In die provinsie Gelderland wen die CU in die stad Culemborg 2 setels en styg van 1 na 3. In Barneveld bly die SGP die grootse met 8 setels en gaan dit CU van 4 na 6. In Ede kry die SGP 'n setel daarby en gaan van 6 na 7. Die CU bly op 6. Ook in hierdie stad is albei die partye die grootste. In Lochem wen Gemeentebelangen Lochem (GBL) 'n setel en gaan van 4 na 5. Die CU/SGP ding in daardie stad nie mee nie. In Elburg wen die CU 'n setel en bly die SGP op 3 staan.
In die stad Utrecht in provinsie Utrecht gaan die CU omhoog van 1 na 2. In Renswoude kom die CU vir die eerste keer in die raad en bly die SGP op 3 setels staan. In Leusden wen die CU/SGP 'n setel en kom op 3. In Amersfoort gaan die CU van 3 na 5 en boek 2 setels wins. In Lopik gaan die CU van 2 na 3 en bly die SGP op 2. In Rhenen boek sowel die SGP as die CU wins en hulle gaan van 3 na 4 en van 1 na 2.
In die provinsie Zeeland wen die SGP en gaan van 0 na 1 setel. Die CU behoud hul een setel. In Veere is dit die SGP/CU kombinasie wat winst boek. Hulle gaan van 4 na 5.In Goes wen hulle 'n setel en gaan van 3 na 4.Op Tholen bly die SGP op 6 staan en die CU gaan van 2 na 3. In Borsele gaan CU/SGP van 4 na 5.
In Werkendam in die provinsie Noord-Brabant bly die SGP gelyk met 3 setels en wen die CU en gaan van 2 na 3. In Bergen op Zoom haal die CU net as vier jaar gelede geen setel In Aalburg bly die CU op 2 staan, in Moerdijk op 1 en in Roosendaal op nul. In Waalwijk bly die CU op 2 en die SGP op 1.
In die provinsie Limburg is die opvallendste die party Hart-Leers in die stad Heerlen kry 'n setel en styg van 2 na 3. In Brunssum gaan BBB/Lijst Palmen van 3 na 4.
In Littenseradiel wat lê in die provinsie Fryslân, bly die Fryske Nasionale Pary (FNP) op 4 setels. In Smallingerland wen die CU en styg van 4 na 5. In Franekeradeel gaan die FNP van 2 na 4 en bly die CU op een setel. In Opsterland kom die FNP vir die eerste keer in die raad en bly die CU op 2 setels. In Tytsjerksteradiel bly die FNP op 5 en gaan die CU van 1 na 2. In Menameradiel wen die FNP 'n setel en gaan van 2 na 3. In Achtkarspelen wen die FNP 'n setel en gaan van 5 na 6.
In die stad Groningen wat lê in die provinsie Groningen bly die CU op 2 setels staan en in Delfzijl op 3. In Bedum gaan die CU van 2 na 3. In Pekela kom die CU met 'n setel in die raad. In Menterwolde verlies die CU hul ene setel.
Die sosialistiese Party vir die Arbeid het oral in die land verlies en is soms gehalveer of uit die raad verdwyn. Dit laaste is oa die geval in die Suid Hollandse stede Kaag en Braassem en in Lisse.
Die Demokrate 66 (D'66) en die Sosialistiese Party (SP) het ook baie gewen. Die Liberale Volksparty vir Demokrasie (VVD) het in sommige stede gewen én in andere verloor. Hulle is selfs in die stad Vlaardingen gehalveer en gaan van 4 na 2 setels.
Die Nederlanders sien uit na die verkiesings van 21 Mei waar hulle hul stem kan gee aan die partye wat van mening is dat Nederland uit die Europese Unie moet stap. Daardie politieke partye is die Party vir die Vryheid, die Staatkundige Gereformeerde Party, die ChristenUnie en die Sosialistiese Party.