Dit is vebysterend dat daar hoegenaamd ‘n debat moet wees of Godsdiens (m.a.w. Diens aan God) in ons skole toegelaat moet word al dan nie. As hierdie debat dan nog moet ontaard in samewerking met ongelowiges, d.w.s sinkretisme, dan besef ‘n mens eers hoe omvangryk en ingrypend die de Klerk-oorgawe van 1994 was en hoeveel blankes al deur die “winde van verandering” saamgesleep word.
Die vraag wat Bartlett moet oorweeg, is of die probleem wat geskep is deur die verandering waaruit daar noodwendig, kultuur, taal, godsdiens en rasseprobleme sou ontstaan met die onvermydelike getalsoorwig wat daarop gerig is om die Afrikaner uit sy alles te verdruk, verantwoordbaar is. Indien hy ‘n gelowige is val sy ontleding hier onder vreemd op die oor. As die Afrika wysheid ter harte geneem moet word van die Afrika-spreekwoord wat lui: “As jy vinnig wil vorder, doen dit op jou eie. As jy ver wil vorder, doen dit saam met ander,” soos wat Bartlett voorstel en jy neem die vordering in Suid Afrika sedert 1994 in aanmerking behoort alle Afrikaners dringend byeen te kom met die oog op alternatiewe onderwys vir ons kinders.
Bartlett se stelling, “Die huidige krisis (as dit werklik ’n krisis is)”... laat ‘n mens sprakeloos dat die moontlikheid dat Godsdiens uiteindelik uit die skool geban kan word nie as ‘n krisis beskou en hanteer word nie. Behalwe vir die bestaande en beskikbare statistiek van die toename in drastiese agteruitgang in Amerikaanse skole nadat Godsdiens uitgeban is, behoort hierdie aanslag op die geestelike opvoeding van ons kinders vir elke gelowige Afrikaner onaanvaarbaar te wees!
6 SEPTEMBER 1966 WAS 'N DOLK IN DIE AFRIKANER SE HART
Met verwysing na die artikel op 6 September 2014 van Gawie met die opskrif, “WIE HET DR. VERWOERD VERMOOR?”, is die betekenis van daardie sluipmoord op die voortbestaan van die Afrikanervolk heeltemal onderbeklemtoon en dus nodig om ook by herhaling in oënskou te neem. (Let op die dolklem wat later verwyder is op hierdie afbeelding)
Die ideaal is sterker as die werklikheid
Dr HF Verwoerd
Die moord deur die geldmagte op dr Verwoerd op 6 September 1966 deur middel van die "mal" Demetrio Tsafendas is in die afgelope 48 jaar slegs deur enkele Afrikaner nasionaliste onder die soeklig geplaas. Sogenaamde regse en konserwatiewe leiers het dit, soos die liberale media, afgemaak as die enkeloptrede van 'n mal man. Van hierdie leiers se optrede was natuurlik berekend omdat hulleself 'n vername rol in die moord op dr Verwoerd gespeel het.
Die impak van hierdie daad is nog nooit behoorlik verreken deur die Afrikanervolk nie. 6 September 1966 het nie maar net ons volk se grootste leier verwyder nie, maar was 'n berekende hou om die idealisme van die Afrikanervolk te vernietig. Nou, na bykans vier dekades is min van die idealisme wat dr Verwoerd verteenwoordig het, sigbaar. Berekend is te werk gegaan om elke instelling te infiltreer en ons psige te rysmier sodat ons vandag 'n ongekende krisis in ons volk se voortbestaan beleef.
Openbaring 3:14-22 Vers 14 – 15: “…Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God: Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!” Let daarop in vers 14 dat dit nie die woorde of getuienis is van Johannes nie, maar dat die waaragtige Getuie met ‘n hoofletter geskryf staan – dit is dus God se eie getuienis! In vers 15 getuig Hy dan dit wat ons weet – dat Hy alsiende en alwetend is. Ten spyte van die feite dat dit ‘n gemeente is wat aangespreek word, wys Hy die aangesprokene daarop dat sy werke nie pas by die geloof nie. Hy wys die gemeente daarop dat hulle dalk besig is met godsdiensbeoefening, maar die gesindheid is nie reg nie en daarom is die werke wat daaruit spruit ook nie reg voor Hom nie. Die boom dra nie vrugte wat by die bekering pas nie.
APARTHEID 'N EUWELE BELEID? Ons sal aanhou om die waarheid oor die Afrikanervolk se bedoeling met apartheid te verkondig. Soos Sadam Hoesein, Muamar Gadafi en nog vele ander uit die weg geruim is vir totaal ander redes as wat opgegee is, so is dr. Hendrik French Verwoerd verwyder om Suid Afrika onder korrupte bewind toeganklik te maak vir die magte wat hom benodig vir oogmerke waarin die Afrikanervolk 'n versperring is en dus geoffer moet word! As apartheid nie daar was nie sou iets anders soos bv. wapens vir massa vernietiging of iets dergeliks gebruik geword het, ongeag of dit waar was al dan nie!
Met verwysing na die onlangse verklaring van die Israelse regering dat: “Ek tree nie teen hulle op weens vreemdelingehaat nie, maar uit ’n liefde vir my volk en om my geboorteland te red,”deur Eli Yishai, Israelse minister van binnelandse sake, is dit betekenisvol om weereens die ware bedoeling met die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling te bekyk en die skuldlas van rassisme vir ewig van ons nekke af te haal! Ons haal aan uit die DEBATTE VAN DIE VOLKSRAAD DEEL 101, KOL. 6513-40; PELZER, BL. 254-75, en beklemtoon gedeeltes om valse aantygings wat deesdae na willekeur rondgeslinger word sonder enige substansie daarvoor, met die waarheid te konfronteer.
Hoewel hierdie artikel al vantevore op ons webblad verskyn het, is dit noodsaaklik dat daar weer en weer na gekyk word sodat die werklikheid en veral die waarheid nie verlore sal gaan nie. Die moord op dr. Verwoerd se oorsaak en gevolg is die ellende wat die Afrikanervolk vandag beleef en daarom belangrik dat ons terwille van ons toekoms nie die verlede sal vergeet nie.
Dr HF Verwoerd, voormalige eerste minister van die Republiek van Suid-Afrika, is sowat 48 jaar gelede vermoor. Vir baie is dit ‘n afgehandelde saak. Word die beskikbare bronne oor die sluipmoord egter nagegaan en die saak nagevors, is dit baie duidelik dat daar meer vrae as antwoorde is oor hierdie dramatiese gebeure. Daar kan trouens geen twyfel wees dat die werklike moordenaars van dr Verwoerd nooit aan die kaak gestel is nie. En omdat dit so is, besef meeste Afrikaners steeds nie waarom ons sedert 1966 in ‘n proses van geleidelike oorgawe aan ‘n onbevoegde terroristebende uitgelewer is nie.
Maar het Tsafendas dan nie vir Dr. Verwoerd vermoor nie?
Deur Leonard van der Dussen - www.saonderwys.wordpress.com
Daar is tans groot ontsteltenis aan die een kant, maar helaas ook verlustiging aan die ander kant oor die eis wat ingedien is dat ses openbare skole hulself moet weerhou om as christelik voorgehou te word en om christelike geloof in die skool te beoefen. Dit word tereg aanvaar dat die saak op die oomblik nie gaan om die ses skole nie, maar ‘n landswye nasionale saak is, en kommentaar en menings flits van orals.
Daar is met die opstel van die grondwet van die nuwe Suid-Afrika meer as twee dekades gelede, gesê dat daar “wigte en teenwigte” is om die regte van belangegroepe te beskerm. Daar word op die oomblik in die skoleverband hewig gepraat oor godsdiens en meer spesifiek, christelikheid, op skole, maar hoofsaaklik met aanvoeling en emosie en min met helder verstand en inligting.
Die grondwet van die nuwe Suid-Afrika sê:
Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening
5. (1) Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.
Die AVP se volgehoue kritiek teenoor georganiseerde landbou se tallose futiele gesprekke, samesprekings, onderhandelings en toegewings oor veral landbougrondbesit het uiteindelik tot die TLU deurgedring. Hoewel ons nie saamstem dat die waarskuwings uit monde van die TLU betyds is nie en maan dat waarskuwings alleen vrugteloos is as daar nie optrede beplan word nie, is ons dankbaar vir die lig wat daar opgaan.Die afgelope 20 jaar se verlies aan landbougrond, boere en landbouproduksie is die produk van ‘n beleid van toegewings in teenstelling met verset teen die onregmatige en niks minder as die onwettige aansprake, leuens, eise en beledigings wat die Afrikanervolk moes verduur nie. Hierdie land is ons land! Die swart meerderheidsregime deur kommuniste beheer en bedryf het onwettig aan bewind gekom deur verraad en behoort op georganiseerde wyse teëgegaan te word in hulle ongeldige aansprake, eise en dreigende grondbesettings. Wat Bennie van Zyl en die TLU hier onder ontleed het, is die arsenaal van die OORLOG SONDER KOEËLS wat teen die Afrikaner gevoer word waarvan die Grondwet ‘n kanonskoot verteenwoordig. ‘n Oorlog waarteen ons onsself moes verweer het in teenstelling met vredespraatjies wat geen ander prestasie gelewer het as om ons vyande meer tyd te verleen vir verstewiging van hulle greep op Suid Afrika. Die AVP kan ons egter vereenselwig met die laaste paragraaf van die TLU se inleiding tot die ontleding, wat reeds met hulle bepleit is deur ‘n afvaardiging van die HNP onder leiding van mnr. Willie Marais in die omgewing van 2006 toe hy aan die TLU gevra het, "Hoe lank wil julle nog wag? Totdat ons almal uitgemoor is?"! (AVP)