Die enigste sinvolle kommentaar waaraan die AVP kan dink in reaksie op hierdie “briljante” konferensie toespraak van Zokwana is: “This shop is closed because it’s not open! Eishhh” Some people are educated beyond their intelligence.
2014-09-23 11:00
Johannesburg - The apartheid-era land use system caused degradation of land, Agriculture Minister Senzeni Zokwana has said. "All these forms of degradation have compromised the capacity of black rural communities to derive economic growth from the agriculture sector," Zokwana said at the sixth biennial land care conference in Durban on Monday. The summit ends on Thursday. The apartheid land tenure system denied black farmers access to land management support from the state, he explained.
In die lig van die onlangse twee lugrampe, Malaysia Airlines se vlug MH370 wat in Maart 2014 verdwyn het met 239 mense dood en Malaysia Airlines se vlug MH17 waarin 298 mense dood is op Donderdag 17 Julie 2014, is van die mees skokkende gebeure waarin die minagting vir menselewens demonstreer is vir die wêreld om te sien. Die bring van nuwe getuienis bring nou egter Suid Afrika ook in gedrang! In albei hierdie gevalle is daar wyd bespiegel oor die oorsake, dog geen klinkklare bewyse of getuienis van wat werklik gebeur het is beskikbaar nie. Daar word ‘n sluier getrek oor die werklike gebeure om die betrokke lande, persone en instansies wat by hierdie verskriklike vergrype betrokke is, te beskerm.
In Sondag se Sunday Times verskyn daar nou ‘n berig van nuwe getuienis oor die Helderberg vliegramp vlug SA 295 van 28 November 1987 waarin 159 onskuldige mense dood is. Hierdie vliegtuig van die Suid Afrikaanse lugdiens blyk dit nou, het hoogs ontvlambare vuurpylbrandstof aan boord gehad waarop daar ‘n internasionale wapenverbod was.
Daniël 3:1-30
“…Is dit met opset, Sadrag, Mesag en Abednégo, dat julle my gode nie dien nie en die goue beeld wat ek opgerig het, nie aanbid nie?” Koning Nebukadnéser is klaarblyklik so stomgeslaan dat hierdie drie manne nie in vervoering raak soos die menigte van mense en hul tesame neerbuig voor sy afgodsbeeld nie, dat hy hulle voor hom laat verskyn om ‘n verduideliking te eis van hul versuim om hierdie afgodsbeeld te aanbid. Dalk het hulle nie die opdrag mooi verstaan nie of dalk het die boodskap nie betyds by hulle uitgekom nie? Dit kan tog nie wees dat hierdie manne doelbewus weier om voor die glorieryke beeld wat hy laat maak het, te buig in afgodsaanbidding nie?
Ons sien egter in vers 16 van hierdie gedeelte dat hierdie manne nie skaam is om by hul geloofsoortuigings te bly nie en in ‘n vaste vertroue op God onwrikbaar bly staan in hul getrouheid en gehoorsaamheid aan Hom. Hulle vertrou Hom volkome om hul te verlos uit die hand van die dood, sou dit Sy Wil wees. (Vers 17: “As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;”).
So skree die voorbladopskrif van die RIDGE-TIMES van die Hoëveld in Evander op 19 September 2014! Onder enige omstandigheid, in enige land, ‘n opskrif wat dui op anargie! Dié woorde, tussen 50 en 100 mense het op ons losgebrand, kom uit die mond van adj. Offisier Oosie Oosthuizen wat saam met adj. Offisier Marietha Wright op ‘n oproep reageer het toe diewe die sekuriteitsbeamptes by ‘n myn gevange geneem het.
Volgens Jana Oosthuizen van die Ridge Times het die voorval om 11:45 vm plaasgevind toe daar by hulle aankoms dadelik op die polisievoertuig gevuur is. “Ten minste tussen 50 en honderd mense het met AK45’s op ons losgebrand”, sê adj. Oosthuizen.
So asof dit iets nuuts is. Behalwe dat die Nasionale Polisiekommissaris nou openlik erken dat misdaad toeneem, is dit in wese ook ‘n erkenning dat die polisie of klaaglik faal in misdaadbekamping, of dat misdaad deel is van die regime se ekonomiese beleid en die polisie daarom nie onder druk geplaas word om effektief te werk nie. Miskien moet ‘n mens dit saamlees met die Konstitusionele hofuitspraak oor die Renate Barnard aangeleentheid.
Dat daar in afsienbare tyd ‘n bom gaan bars in Suid Afrika, is ‘n nugtere beoordeling van die regime se regeringspraktyk. Sou Moeletsi se insig iewers in Afrika ondersteuning kry van die swart ras waarvan hy ‘n ongewaardeerde voortreflike leiersfiguur is, sou hy ‘n voortreflike president of eerste minister onder sy eie mense kon wees, mits hy bly by wat hy hier onder in sy beoordeling van die ANC regime kwytraak. Sy kritiek en verwysing na Mugabe se Chaotiese beleid in Rhodesië neem nie Mugabe se openingstoespraak van 1980 in aanmerking, toe Mugabe ook sulke wonderlike wyshede as beleid in Rhodesië onder swart beheer in die vooruitsig gestel het. Hy het egter gaandeweg daarvan vergeet en die Afrika patroon gevolg waarvan die uitkoms terug is by die bedelstand.
Moeletsi Mbeki se herhaalde kritiek en beredeneerde remedie op die ANC se bestuurstyl en beleidsrigting, is egter ook ‘n bewys dat nie alle swartes Zumas en Malemas is nie. Hy is egter ook ‘n gevangene van getalle, soos almal wat ‘n volk reduseer tot die getalsbegrip van minderheid en meerderheid, waar die minderheid noodwendig ondergeskik is aan die meerderheid. Sy betoog is dus ‘n fluit in die wind en ‘n verlore stem wat roep in die woestyn.
SOUTH AFRICA: ONLY A MATTER OF TIME BEFORE THE BOMB EXPLODES Moeletsi Mbeki (Thabo Mbeki's brother)
Wat ‘n wonderlike land... die nuwe Suid Afrika waarin ons nou woon. Baie beter as voor 1994 sê de Klerk, die hoofknoeier in die oorgawe sonder grense! As die polisie se beroep op lede van die publiek nie resultate oplewer nie, het misdaad voorwaar ‘n hoogsbetalende beroep geword. Van speurwerk het daar waarskynlik ook nie veel oorgebly nie, veral nie in Soweto waar die “publiek” waarskynlik dieselfde voordeel uit vry brandstof trek as uit vry water en krag wat sommer deur die regime se handlangers in plaaslike owerheid self bewerkstellig word deur dit af te skryf en dan te verhaal uit verhoging van die blanke gemeenskap se tariewe.
Mia Lindeque JOHANNESBURG – Police are appealing to members of the public to come forward with any information after a truck transporting 35,000 litres of petrol was hijacked in Johannesburg.