Last Boer general fears for the future
As jy uit die nasionale politieke denkstroom uitgeprop is, is ‘n politieke kortsluiting jou voorland! Daar is tenminste twee, nee drie dinge wat Nasionalisme nié is nie. Dit is nie ‘n ideologie nie! Dit is nié ‘n middelpuntvliedende krag, (Volgens Johann Wingard) en dus vernietigend nie. Dit is nié ‘n sonde(Volgens Denise Woods van “Oes die Stormwind”) nie! Terwyl die Liberalisme, Kommunisme en Humanisme by al drie die bo-vermelde dinge ingepas kan word!
Nasionalisme is volgens die Afrikaanse Vertalende Woordeboek in wese ‘n liefde vir die eie. “ ‘n Voorliefde vir die eie nasie ‘n strewe om alles wat as nasionaal beskou word, te bevorder en te aksentueer, gepaard met ‘n sekere afkeer van die vreemde. Vaderlandsliefde”.
Elke element van Nasionalisme word egter nou aangeval en verdag gemaak sodat die gemeensaamheid, die gemeenskaplikheid wat volkwees en nasieskap verseker, wat kultuur en identiteit bevestig en bewaar, as misdaad teen die mensheid verdoem word. Selfs Angela Merkel van Duitsland het Europa gewaarsku dat hulle besig is om terug te val na nasionalisme toe, na aanleiding van die strome vlugtelinge en asielsoekers wat die Europiëers probeer beheer en selfs stop.
1 Johannes 1:1-10
“EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.” (:5&6)
Ons hoor gereeld in die media hoe donker die toekoms van Suid-Afrika lyk. Hierdie uitsiglose en donker toekomsverwagting wat geskep en gepropageer word, veroorsaak dat menig mense elders in die wêreld na ‘n heenkome gaan soek. Mense voel asof daar vir hulle geen toekomsvooruitsig is nie en wanneer hulle die toekoms inkyk, is daar vir hulle ‘n donker tonnel met geen ligpuntjie nie.
In die onlangse ontleding van die leier van die AVP oor die sogenaamde volkstaat wat as lokmiddel aangewend word om die Afrikanervolk op subverse wyse weg te hou van verset, het hy bewys gelewer van geheime sameswerings wat gedien het om die Afrikanervolk op bedrogvolle wyse te onderwerp aan ‘n Swart Kommunistiese Meerderheidsregime.
Die enkele bewyse wat hy aangehaal het is egter net die punt van ‘n ysberg van sameswerings wat plaasgevind het en by die meeste van ons volksgenote onopgemerk verby gegaan het. Die effek daarvan het nog nie sy volle maat bereik nie en sal nog lank nadat die wiel weer sy volle omwenteling gemaak het en ons weer vry is, duidelik sigbaar wees.
Na 25 skole in brandstigting in puin gelê is en nog 100 miljoen rand se skade deur die brand in die auditorium van ’n universiteit aangerig is, kan ’n mens dan werklik nog sê dat die regter verkeerd was?
As dit deel van jou samestelling is om enigiets en enigiemand skade te berokken, selfs jouself skade aan te doen wanneer jy van mening is dat jy verontreg word, kan ’n mens dan nog sê dat regter Mabel Jansen verkeerd was in haar uitlating met betrekking tot swart mans?
’n Mens kan wel vra wat vernietiging van eiendom te make het met verkragting. Vraag is egter wat is die verskil tussen die vernietiging van die een teenoor die vernietiging van die ander? Feit is dat dit telkens optrede is teen iets of iemand wat absoluut niks te make gehad het met die veronderstelde verontregting nie wat dan vernietig moet word!
Klaagliedere 3:1-66
“Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die HERE.” (:26).
Die lewe is vir ons menigmaal raaiselagtig. Dinge in die lewe kan vir ons soms so ooglopend verkeerd lyk. Daar gebeur dinge in die lewe wat ons geensins kan verstaan en soms ook nie kan verklaar nie. Dit kan dan ons gemoed met soveel vrae vul.
Die skrywer van die boek Klaagliedere was niemand anders as Jeremia nie. Dit laat ‘n mens verstom om te dink dat die man van wie ‘n mens lees in Jeremia 1 wat spesiaal deur God geroep is as Sy dienskneg in Klaagliedere hierdie wanhopige woorde kan uitroep – “My het Hy gelei en laat wandel in duisternis sonder lig. Ja, altyd weer draai Hy die hele dag sy hand teen my. Al skreeu ek ook en al roep ek om hulp, Hy laat my gebed onverhoord.” (:2,3&8).
Wat beteken versoening en wat is die oorsprong van die begrip? Dit maak skynbaar glad nie meer saak nie!
Soos met die begrip demokrasie word daar ander betekenis geheg aan verskillende woorde vir politieke oogmerke wat sulke woorde verby hulle oorspronklike betekenis neem om kragwoorde te word wat sommige mense moet benadeel en ander bevoordeel.
’n Paar sulke woorde is bv. Demokrasie, gelykheid, vryheid, veiligheid, diskriminasie, grondhervorming, diefstal, ideologie, nie-rassigheid, rassisme, voorheen benadeelde, selfbeskikking, volkstaat en versoening.
Demokrasie beteken vir die meeste inwoners van Suid Afrika meerderheidsregering, overgesetsynde, “people’s power” , mits die peoples swart is! Selfs “majority rule” gaan deur as ’n demokrasie.
DIE BEGIN VAN DIE OPLOSSING
Dr. D.F. Malan het by geleentheid gesê : “Oor die pad van SA sal u ook moet trek, oor bergreeks en deur dorsland heen. Koers hoef u nie te vra nie. Dis daar. Sal u dit hou? Lig hoef u nie te ontbeer nie. Die fakkel met vaste voet oor honderd jaar gedra, word vir u in u hand geplaas. Sal u hom brandend hou?”
Nasionalisme is die lewende, ontwikkelende, onsterflike gees van die volk. Die party wat die gees van die volk reg begryp, en wat vertolk dit wat die volk help om sy eie bestaan en sy eie bestemming te besef en wat sy kragte inspan om die volk op te bou en groot te maak, so ‘n party groei met die volk en is so blywend as die volk. (Aldus dr. Malan)
Dit was op 17 Maart 1992 wat die de Klerkregering ‘n referendum uitgeroep het waardeur die Afrikanervolk sy politieke mag oor Suid Afrika verloor het.
Die AVP weet en verklaar, dat as die werklike doel met die referendum nie in die referendumvraag versteek was nie, die Afrikanervolk bankvas, met enkele uitsonderings, op 17 Maart 1992 daarteen sou gestem het.
OPSOMMENDERWYS, NOU DIE BETEKENIS EN DOEL VAN DIE VOORGAANDE BETOOG