Dit blyk duidelik uit die onderstaande artikel dat die ou Afrikaanse gesegde van "Bloed is dikker as water" deur die vingers gesien is in die lig van "veranderde omstandighede". Tye het mos verander, word so graag deur die liberaliste aangevoer. Geld sal in strome moet vloei waar bloed kruip, en selfs dan is die Afrika logika onvoorspelbaar. Hoe dit ookal sy, die AVP voorsien 'n aansienlike verhitting van die geweldklimaat onder die swartes wat noodwendig sal oorspoel na die blankes. Moet u dus nie onverhoeds en onvoorbereid laat vang nie!
DID ZUMA PLAY THE 'YUGOSLAV CARD'?
2016-04-07 11:00 Terry Bell News 24
Let wel, ek sê dit is stemtyd en nie verkiesingstyd nie. Die komende verkiesing het ons reeds verloor. U gaan weereens uitgeleweer wees aan die tirannie van ’n swart meerderheid. Intellektuele weerstandiges noem dit mos ’n demokrasie. In Suid Afrika is dié soort “demokrasie” bloot ’n kamera geleentheid.
Onthou u nog die leuens van wigte en teëwigte ... vryheid, vrede en voorspoed? Eie skole, eie woonbuurtes en eie hospitale was ook ’n heilige belofte. Danksy Judas de Klerk en genote was die eindbestemming van sy stemmery ’n stem in die woestyn, ’n stem in die wind!
Die minagting vir die politieke insig van voormalige NP-Leiers wat Suid-Afrika en sy totale bevolking tot ’n toonaangewende moondheid opgebou en bestuur het, het nie lank geneem om by die voorspelde verval en diktatoriale beheer aan te land nie.
Getalle politiek spel getalle oorheersing waar nóg meriete, nóg intellek, nóg geregtigheid of enige ander beskaafde norm wat bedink kan word, enige waarde het.
Dít gesê, watter waarde het hierdie onderstaande betoog van die de Klerkstigting? Hulle, wat vanuit ’n magsposisie hierdie onheilige teelaarde geskep het vir die voorspelde onreg, wat hulle nou vanuit ’n onmagtige toestand kritiseer? ’n Toestand wat daagliks en onvermydelik van erg na erger sal eskaleer!
Só ’n powere terugkrabbeling in ’n deursigtige poging om verlore gesigswaarde te probeer terugwen sal nie ’n duik maak aan die swart stoomroller se vaart waarvan die rem in 1994 deur de Klerk en sy kabinet losgemaak is nie. Dit is bepaald buite hulle beheer!
The FW De Klerk Foundation has countered Deputy President Cyril Ramaphosa’s statement that the economy is owned and controlled by white people, saying that black South Africans control economic and fiscal policy.
Romeine 6:1-23
“So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.” (:11).
Ek wonder hoeveel mense van Jesus Christus weet, maar nog versuim om Hom waarlik te dien? Daar is soveel mense wat reken dat hulle geloofsbelydenis in Jesus binne paar minute voor ‘n kansel afgehandel word waarna hul met hul eie lewe en planne kan voortgaan. Die ligsinnigheid waarmee hierdie verbintenis aan Jesus Christus voltrek word verskil nie veel van die ligsinnigheid waarmee mense deesdae huweliksbeloftes aan mekaar maak nie. Laasgenoemde siening wek vir ons ‘n beter begrip waarom hierdie verbintenisse in die huidige samelewing so maklik inmekaar tuimel.
BRITSE KONINGIN VERBIED ENGELS AS AMPSTAAL IN SUID-AFRIKA
Deur Klaas Windsor 01 April 2016 00:00
Koningin Elizabeth II, die Britse monarg, het ’n spesiale dekreet uitgereik ingevolge waarvan Brittanje Engels as ampstaal aan Suid-Afrika onttrek omdat dit hier “misbruik” word.
Die koningin het in ’n ongewone stap gelas dat Engels summier onttrek word omdat dit deur die Suid-Afrikaanse owerhede gekaap is om daarin korrupsie te pleeg en so word die koningshuis in ’n slegte lig gestel.
Die koningshuis beplan ook om ’n boete van 100 Britse pond op te lê aan enigiemand wat Engels voortaan “onwettig” in Suid-Afrika inspan. Dié boetes sal deur ’n spesiale eenheid wat soos die Home Guard in die Anglo-Boereoorlog (ABO) uit meestal Afrikaners bestaan, ingevorder word.
Dit het tyd geword dat iemand baie hard en duidelik aan die swart politieke "parapleë" en hulle blanke gatkruipers sê dat hulle leuens nie die waarheid en die werklikheid kan of sal verander nie! Die AVP roep julle tot orde oor die leuens en aansprake gebaseer op die leuens. Aan hulle in besonder maar in die algemeen aan die hele wêreld daar buite wat met hulle saamsing in die koor wat die Afrikanervolk uit sy erfgoed wil uitpraat, daag ons julle uit om te kom bewys dat Suid Afrika nie die Afrikanervolk se erfland is nie!
Julle is tydelik deur verraad vanuit ons eie Afrikanergeledere in ‘n magsposisie geplaas om Suid Afrika op ‘n “wettige” wyse te plunder tot rommelstatus. Die geskiedenis is egter besig om julle bloot te lê vir diegene wat nie bereid was om die lesse van Afrika as riglyn te glo, te aanvaar en daarvolgens die bewese suksesvolle beginsels en beleidsrigtings te volg ten einde die voorspelde verval te kon vermy nie.
Luister opnuut na mnr. Jaap Marais se bevestiging deur geskiedkundige verhaling van ons aanspraak dat Suid Afrika aan niemand anders behoort as aan die Afrikanervolk nie. Dit verduidelik dan ook sommer die verbete aanslag op name!
RIGLYN NA VRYHEID
Is dit nie ontstellend om te sien hoe skaam mense is om Afrikaners te wees nie? Gesien in die lig daarvan dat ons allerweë as ‘n Christelike volk beskou word, moet ek die eerste twee gebooie van die Wet van God in herinnering roep.
Wanneer ons die Wet van God in Exodus 20 en Deuteronómium 5 saamlees met Matt. 22 (Die Groot Gebod), word die volgende vir ons baie duidelik:
Ons moet die HERE onse God liefhê met ons hele wese en ons moet Hom volgens Sy voorskrifte dien en uit liefde aan Hom gehoorsaam wees. Ons moet ons naaste liefhê soos wat ons onsself liefhet