In Beeld van Saterdag 4 Junie2016, onder die opskrif “Aansporing vir verandering”, verskyn ’n artikel deur Elise Tempelhoff en Mary-Ann Palmer van 30,000 oud mynwerkers wat voor die dood se deur staan nadat hulle jarelank diep onder die aarde goud uitgehaal het.
Dit is veral die Afrikanervolk wat al menigmaal deur die Engelse se gebrek aan integriteit en betroubaarheid moes deurloop. Hulle verwaandheid om in ander lande se binnelandse aangeleenthede op koverte wyse in te meng is berug en meedoënloos met ’n baie lang geskiedenis. Dít was ons onlangse kommentaar na aanleiding van die Britte se weermagsending om te verseker dat die ANC nie die volgende algemene verkiesing verloor nie.
Crowds Welcome Prime Minister, Dr DF Malan,
at Pretoria Station, 1 June 1948
Filippense 3:1-21
“Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;” (:3).
Die algemene toestand van die samelewing rondom ons stem ‘n mens maklik tot neerslagtigheid. Wanneer ons kyk na die ellende waarin mense leef, vervalle en hartseer lewens en boonop hoor van die lelike dinge wat met mense gebeur, kan ons maklik moedeloos en neerslagtig raak. Die hoeveelheid mense wat hul uitkoms uit hierdie moedeloosheid gaan soek in dwelm- en alkoholmisbruik of selfs selfmoord as laaste uitweg verkies, is verbysterend.
Hier is duidelik ’n botsing van belange tussen die Britte se mynbelange en hulle strewe om die Weste se belang in Afrika te beskerm teen die Brics invloed.
Vir die Engelse se pogings om die Zulu Zuma te vervang met die Venda Ramaphosa, om tegelyk hulle mynbelange te beskerm en Brics se invloed te bekamp, is bloot ’n bewys van die Britte se minagting vir die belang van gewone inwoners van ’n land teenoor hulle materiële en imperiale strewes. Dit is ook terselfdertyd ’n bewys van hulle minagting vir die etniese verskille en die onvermydelike bloedige botsings wat dit ten gevolge sal hê.
Dit is veral die Afrikanervolk wat al menigmaal deur die Engelse se gebrek aan integriteit en betroubaarheid moes deurloop. Hulle verwaandheid om in ander lande se binnelandse aangeleenthede op koverte wyse in te meng is berug en meedoënloos met ’n baie lang geskiedenis.

REPUBLIEKDAG!
Die grootste veldslag wat die Afrikanervolk teen Brittanje gewen het op hierdie dag in ons verlede, word deur die geskiedenis bewaar ten spyte daarvan dat hulle en die swart lakeie poog om dit uit die geskiedenis te ignoreer.
Die Republiek van Suid Afrika is onder die seënende Hand van God in die bewindstydperk van dr. H.F. Verwoerd tot stand gebring en staan steeds vandag as baken op ons pad as inspirasie vir die Afrikaner se vryheidstryd. ’n Prestasie wat onmoontlik gelyk het en tog met onderskeiding geslaag het! Laat ons dit nie vergeet op die pad vorentoe wanneer die aanslae om ons van die geskiedenis verhoog af te vee, al feller word nie! Vir God kom dit nie daarop aan om deur baie of deur in te verlos nie!
Dit is vandag presies 55 jaar nadat Suid-Afrika formeel 'n republiek geword het - d.w.s. grondwetlik geheel en al vry geword het van Britse seggenskap oor die regering van Suid-Afrika. Daarmee het Brittanje die oorlog wat sy teen die Boererepublieke in 1899 ontketen het finaal op politieke terrein verloor.
Ps. 19:1-15
“Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!” (:15).
God openbaar Homself aan die mens op twee maniere, nl. deur die natuur en deur die Woord. Wanneer ons die natuur bestudeer, word ons menigmaal asemloos gelaat weens die wonder daarvan. Die hardwerkendheid van ‘n klein diertjie soos ‘n mier, die onvoorspelbaarheid van die wind, die verkwikkende uitwerking van gietende reën en die asemrowende grootheid van die sterrehemel.
Wanneer ons na die natuur rondom ons kyk, wil ons ook uitroep – hoe groot is U, Here? Die hele skepping laat weerklink die heerlikheid van Sy grote Naam. Dit is wanneer ons op hierdie wyse stilraak in ons gemoed dat ons onsself weer die vraag afvra: ”Wat is my doel in hierdie ontsagwekkende groot heelal?” Die mens se doel word ook in die natuur en die Skrif baie duidelik uitgestippel, nl. om te leef in gehoorsaamheid aan God om hom deur ons lewenswandel te dien en te verheerlik.
Hábakuk 2:9-14
9 Wee hom wat vuil gewin maak vir sy huis, om sy nes in die hoogte te bou, om homself te red uit die greep van onheil.
10 Jy het skande beraadslaag vir jou huis: die uitroeiing van baie volke, en het jou lewe verbeur.
11 Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord.
12 Wee hom wat ’n stad bou met bloed en ’n vesting stig deur onreg.
13 Kyk, kom dit nie van die HERE van die leërskare dat volke arbei vir vuur en nasies hulle afmat vir niks nie?
14 Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek.
Die steen uit die muur roep en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord!