Die uiterste pogings om bestaande wetmatighede met allerhande uitoorlê truuks te probeer omseil, het vernietigende gevolge vir ‘n bestaande orde.
Propaganda wat ‘n voorkeur vir die eie stigmatiseer met terme soos diskriminasie en rassisme het ‘n uiters negatiewe uitwerking op die beginselstandpunte van ‘n samelewing waar die humanisme en liberalisme vir baie jare soos ‘n kanker die pilare van die geloof en nasionalisme ondergrawe het.
Die gevolge is dat sommige Afrikaners die eens verwerplike, degraderende en uiteindelike vernietigende integrasiebenadering, nou as ‘n gegewe aanvaar en hulle stemme uitbring vir veelrassige organisasies soos die DA en die VF-Positief.
Op Woensdag die derde Augustus 2016 word daar in Suid Afrika gestem oor wie die beheer oor die grootliks hoofsaaklik bankrot plaaslike owerhede sal hê in ’n verdere tydperk van uitloog van belastingbetalers se swaarverdiende inkomste, in ruil vir swak, indien nie géén dienslewering nie.
Die illegitieme wyse waarop ’n Een-mens-een-stemstelsel die politieke beheer van die Afrikanerdom ons in ons eie vaderland ontneem het, vereis ’n stérk standpuntinname van die Afrikanervolk!
Die sterkste vorm van verset in die omstandighede wat deur verraad op ons afgedwing is, is om nie dié omstandighede te aanvaar nie en dit te betuig deur nie aan die regime se verkiesings deel te neem nie!
Soos wat mnr. Jaap Marais by geleentheid gesê het, sal ons volk se totale geskiedenis as krimineel uitgebeeld word.
Afrikaner culture belongs in the dustbin of history – Judge Jafta
Die opinie van Jafta na aanleiding van die uitspraak van die konstitusionele hof in die saak van die straatnaamkwessie tussen AfriForum en die “Tswane” metropolitaanse munisipaliteit wat Afriforum verloor het, is behalwe dat dit betekenisvol is, ook niks anders as wensdenkery nie! Die Afrikanervolk se kultuur is onuitwisbaar in die geskiedenis vasgelê en word reeds in feitlik die hele Europa oorweeg in die lig van die immigrantetoestroming aldaar! Al wat Jafta bereik met sy opinie, is bevestiging van die onhaalbaarheid van iets wat nie bestaan nie, naamlik Nie-rassigheid!
Hebreërs 13:1-19
“Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.” (:4)
In ‘n samelewing waar mense genot put uit oppervlakkigge singenot is dit nie vreemd dat mooi, eerbare en heilige instellings toenemend “verwater” nie. Die mooiheid, die erns en die kosbaarheid van die huwelik as ‘n instelling deur God is maar nog een van die mees kosbare dinge wat deur mense verontagsaam word en nie in ons huidige samelewing naastenby met die nodige erns benader word nie.
"Who can defeat us when our ancestors are with us?
Dit is in hierdie verklaring van Zuma tydens sy munisipale verkiesingsveldtog in Port Elizabeth in die Dan Qeqe Stadium in Zwide, op Saterdag 3 Augustus 2016, waarin die onderskeid tussen die blanke Afrikanerdom en die onderskeie swart volke sy beslag kry. Daar is wel ‘n magiese krag beskikbaar in die geloof in die voorvadergeeste, maar dít setel in die duisternis. Zuma trek dus ‘n duidelike en onbetwisbare lyn van skeiding tussen lig en duisternis met hierdie verklaring in Port Elizabeth, as in aanmerking geneem word dat die ware nasionalistiese Afrikaner se grondslag sy geloof in God-Drie-Enig is en was en altyd sal wees!
Dit was hierdie miskenning van die de Klerkregering en hulle internasionale ondersteuners, dat daar onderskeid is en móét wees wat die “dans met die duiwel” begin het!
Josua 9:1-27
“...maar die mond van die HERE het hulle nie geraadpleeg nie.” (:14).
Dit is maklik om in retrospek ‘n saak krities te kan beoordeel. So is dit vir ons maklik om na, of selfs tydens die bestudering van hierdie gedeelte die opmerking te kan maak dat Josua mos moes geweet het dat hy God eers moet raadpleeg alvorens belangrike besluite gemaak word.
Josua was die leier wat Moses moes opvolg en hy het derhalwe geen maklike taak hier benede gehad om te verrig nie. Dit was egter vir Josua gerusstellend dat God hom soveel keer bemoedig het en verseker het dat Hy hom sou bystaan en hom nooit sou begewe of verlaat nie.
Die onderstaande artikel dui op die geldwaarde van die ou en bestaande energiebronne waaraan die besitters teen wil en dank vasklou. Behalwe dat sonkrag verniet, betroubaar en wêreldwyd beskikbaar is, word die gebruik daarvan ondermyn en die vervaardiging van die panele geweldig geprys sodat dit moeilik is om daarmee ‘n aanvang te neem.
‘n Mens wonder hoelank hulle daarmee sal kan volhou voordat individue hulleself daarmee sal begin toerus om die stygende koste van kragvoorsiening vry te spring? Uit die aard van die beheer van volkere en nasies se lewensstandaard wat deur kragopwekking verkry en behou word, saamgelees met die enorme bron van inkomstewat daardeur voorsien word, sal vrae wel gevra word wat moeilik sal wees om te antwoord!
The sun is setting on solar power, the money’s gone and nobody’s asking any questions.