DR HENDRIK FRENSCH VERWOERD
ONS ONTHOU HOM
Op Dinsdag 6 September 2016 sal dit 50 jaar wees sedert Dr H F Verwoerd die middag van 6 September 1966 om veertien minute oor twee deur die sluipmoordenaar Tsafendas in die Volksraad in Kaapstad vermoor is. Daarmee is ‘n einde gemaak aan die lewe van een van die grootste staatsmanne van die twintigste eeu en ‘n geliefde leier van die Afrikanervolk. Hy bly egter voortleef in die harte van honderde duisende van sy volksgenote en verskillende inisiatiewe is geloods om sy nalatenskap in herinnering te roep en vir die nageslag te bewaar.
Dit gebeur nie baie dat die kranksinnige sienswyse van die liberalisme bruikbaar is nie. Om die waarheid te sê is dit hoogs uitsonderlik en kom dit slegs voor in onbeheerbare helder oomblike waaroor die liberalis géén beheer het, soos met onwillekeurige spierspasmas nie.
Dit was met só ’n toevalligheid dat Max du Preez, in Engels gelukkig, só ’n bruikbare stukkie wysheid kwytraak toe hy sê: “ Come on, Mmusi Maimane, you are in a better position than any other South African politician to help get rid of the verses from Die Stem in our national anthem.”
Die bruikbare gedeelte van dié uitlating waarmee die AVP volmondig saamstem, is om weg te doen met verse van DIE STEM uit die terroristiese bevrydingslied van die ANC wat oa. in sy refrein ses maal soebat dat die “gees” moet neerdaal!
Rom. 9:6-33
“En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het. Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is; terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie. Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.” (:29-32).
As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, voorwaar soos Sodom sou ons geword het. Wanneer ons as gelowiges rondom ons kyk en die chaos en sedelose verval rondom ons aanskou, kan dit vir ons voel asof ons midde in Sodom woonagtig is.
INTERNE ONTROU
Dat daar binnelands en nog nader, selfs binne die Verwoerd kabinet “Judasse” gesit het, word bevestig deur die feit dat daar vlytig saamgewerk is om vir Harold Macmillan die geleentheid te skep om beide die senatore en volksraadslede toe te spreek sonder dat die Eerste minister vooraf daaroor ingelig is.
In die eetsaal van die Parlement, aan die hooftafel sit Harold Macmillan met ’n uitgewerkte, fyn beplande en versigtig bewoorde toespraak, waarvan dr. Verwoerd niks geweet het ten spyte daarvan dat Macmillan by die Verwoerds tuisgegaan het tydens sy besoek nie.
Langs hom, aan sy regterkant sit kommandant C.A. van Niekerk, President van die Senaat. Aan sy linkerkant sit mnr. J.H. Conradie, Speaker van die Volksraad, dan dr. Verwoerd en De Villiiers Graaf Leier van die Opposisie.
Om hierdie beleidsrigting te vernietig, wat die Britte verkies het om “apartheid” te noem, in teenstelling met die feit dat hulle die Afrikaner se taal deurgaans aangeval en probeer vervang het met Engels, moes hulle die Afrikaanse woord bly behou. Dit het die voordeel gehad dat hulle dit kon verketter. Die negatiewe betekenisse wat hulle daaraan gekoppel het, kon hulle nou aan die Afrikanervolk laat klewe om hom in die beskuldigdebank te plaas van verdrukker van die swart ras. Dit ten spyte van die feit dat dit hulle was wat die beginsel van rasseskeiding in wet en toepassing in Suid Afrika gevestig het tydens hulle bewindsoornames.
Die sukses van die beleid en die toepassing daarvan waarby al die volke in Suid Afrika onder die leiding van dr. Verwoerd gebaat het, was egter soos ’n onoorkomelike struikelblok in hulle magstrewe om hierdie mineraalryke Suidelike punt van Afrika, wat die Afrikanervolk onder die seënende Hand van God uit die wildernes ontwortel en beskaaf het, onder hulle beheer te kry.
Soos ’n Tornado wat kolk en draai en verbreek. Wat die penwortel van Nasionalisme uit Afrikanergrond uitruk met geweld! Van die “Winds of Change” toespraak op 3 Februarie 1960 van die Britse Eerste Minister van Brittanje, mnr. Harold Macmillan voor senatore en volksraadslede, dus albei huise van die parlement in Kaapstad, is dié wind al sterker gestu deur die blaasbalk van die liberalisme van buite en binne Suid Afrika, tot die rukwind van 6 September 1966! ’n Kunsmatig geskepte “politieke stormwind” wat moes verander, maar ook moes vernietig wat die Britte nie deur oorlog en barbaarse verskroeide aarde beleid mee kon vermag nie! Wat in sy kolkspoor agterbly is chaos, verwarring, wantroue, verval en agteruitgang.... maar ook tog die oorblyfsel van ankerwortels wat onverbidddelik ge-anker in vaste grond van geloof en beginsel, gewond maar onoorwonne, weer sal bloei en uitloop in sy vaste spoor!
Hendrik Frensch Verwoerd.
In onderskeid was dr. Hendrik, Frensch Verwoerd in terme van wêreldleierskap, ’n Godgestuurde na Suid Afrika as gelowige,intellektuele politieke leier met ’n ingebore begrip vir die grondbeginsel van behoud van God se skeidingswerk. ’n Anker vir behoud van identiteit en onderskeid tussen ras en volk en etnisiteit, wat sonder die ingryping van onnatuurlike mensgemaakte ideologië, ’n ongeskrewe lewenswet is vir vreedsame naasbestaan.
Gen. 2:1-3
“En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.” (:3).
Ons moet dalk begin deur te kyk na wat die term “heilig” beteken. Ons lees gereeld in die Bybel van ‘n insetting, persoon, besitting, dag of selfs ‘n volk wat vir God geheilig is. Die betekenis blyk duidelik te wees dat iets wat vir God geheilig is, vir Hom afgesonder is. Ons as Sy kinders is so byvoorbeeld –heilig- omdat ons afgesonderd ons lewens aan God se diens toewy ten spyte van die feit dat ons steeds met menslike tekortkominge sit.