As jy met die duiwel dans sal jy noodwendig die gelag betaal. Dit is so tragies om kerkmense te ontmoet wat nie weet wie hulle is nie, waar hulle vandaan kom of waarheen hulle op pad is nie. Die toets van die ware geloof sal altyd wees dat dit wat jy glo intelektueel sinvol wees.
Die padda wat in ’n prins verander het sal altyd net ’n ammusante kinderstorie bly. Godgeskapenheid is ’n feit soos ’n koei. Dit is nie iets wat deur ’n mens negeer kan word met diaboliese dogma nie. Die mensheid is ’n verskeidenheid en nie ’n eenheid nie.
Mense praat verskillende tale, bly in verskillende lande, het verskillende leefwyses, behoort tot verskillende rassegroepe en lyk selfs anders. Die Belhar belydenis is in ons midde geplaas juis om die bygeloof te verhef tot die ware geloof. Dit is veel eerder ’n politieke dokument as ’n teologiese waarheid.
Saterdag 3 September 2016 se voorblad opskrifte in onderskeidelik Citizen en Beeld.
In Rapport van 4 September op bladsy 4 gaan die hele bladsy oor moord en misdaad, met die hoof opskrif:”Suid Afrika word ál gevaarliker” Ons praat nog nie eers van die onberekenbare verlies en verval deur korrupsie, diefstal, onvermoë en blatante moedswilligheid wat ons land lankal reeds in ’n verdoeselde rommelstatus gedompel het nie. Apartheid se skuld omdat dr. Verwoerd verkeerd was???
Is daar ’n beter erkenning uit die hoofstroommedia wat vir vyftig jaar lank dr. Verwoerd en sy beginselbeleid aangeval, verdaggemaak, en verketter het tot ’n euwele beleid, dat hy reg was en hulle verkeerd?
Vyftig jaar na die dood van dr HFVerwoerd het die stof oor die beleid van apartheid steeds nie gaan lê nie. Daarom is dit dalk gepas om sy vertolking van hierdie beleid in oënskou te neem wat deur die vyande van die Afrikanervolk as 'n vergryp teen ander volke gesien was. Die vraag is naamlik of dit nie te rym is met die reg op selfbeskikking van volkere wat vandag allerweë as 'n internasionaal-erkende reg beskou word nie.
Apartheid is deurgaans skerp veroordeel as sou dit 'n miskenning wees van die reg op selfbeskikking. Dit was gedoen ten spyte van uitsprake van vroeëre regerings van Suid-Afrika dat apartheid juis uitdrukking gee aan die reg op selfbeskikking van volkere. In 1976 nog het die Minister van Buitelandse Sake, Hilgard Muller, soos volg verklaar:
Our objective is self-determination for all the peoples in Southern Africa. The majority of every nation or population group should be enabled to elect their own Government....
Psalm 23:1-6
“...Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.” (:3)
Sommige sal sê – “Jesus het reeds vir ons sondes gesterf en daarom kan ek leef soos wat ek wil en steeds die saligheid beërwe”. Die Woord van God leer vir ons egter anders. ‘n Persoon wat die dood van Jesus Christus probeer gebruik om sy gewete te sus eerder as om vrygemaak te word van die mag van sonde, sal die saligheid misloop. Die saligheid is ‘n genadegawe van God aan Sy kinders wat die sondige lewe afgesterf het om in Jesus weergebore te word tot ‘n lewe van geregtigheid. “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” (Joh. 3:3). “...Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?” (Rom. 6:2).
‘n BEKNOPTE AGTERGROND.
As minister van naturellesake moes hy wyd reis en het hy oor die lengte en breedte van Suid Afrika die beleid van afsonderlike ontwikkeling verkondig,
Sy standpunt was, ‘n kans vir elkeen maar binne eie kring
Hy het sy parlementêre loopbaan op 3 September 1948 ingelui met ‘n indrukwekkende redevoering oor die beginsel van rasseskeiding.
Hy was onder andere ‘n voorstander van moedertaal onderrig en het so die swartes se kinders gevrywaar van volksvreemde onderwys, veral in die laerskool. Hy het ook swart ouers groter seggenskap oor die onderwys van hulle kinders laat verkry. Hy was ernstig gekant teen dubbel medium skole, soos dit waaraan ons kinders vandag deur die swart onderwysowerhede onderwerp word!
Hierdie pragtige verhaal uit die geskiedenis, dien soos so baie ander om jou lewens-en wêreldbeskouingskompas op koers te hou! Dit het op die AVP se lessenaar beland en verdien om deur die ganse Afrikanervolk gelees te word. Indien jy een van diegene is wat slegs vorentoe wil beur sonder om die pad waarlangs ons volk gevorm is in ag te neem, sál jy koers verloor ... én moed verloor .... en dalk ook jou geloof verloor! In die benouende tyd waarin ons volk ons bevind, is hierdie maar één van die ankers van ons volk. Dit is egter ‘n onbreekbare anker wat die potensiaal het om jou op elke lewensterrein waarop jy jou mag bevind te versterk, op te hef en jou op koers te hou!
Ons dank aan die onbekende outeur van die verhaal wat die krag daarvan besef en dit met ons almal kom deel het!
‘n POLITIEKE LES EN PROFETIESE WAARSKUWING
‘n Ongelooflike les aan etiek en staatsmanskap, waarskynlik onge-ewenaard in die wêreld se politieke geskiedenis wat uit die hart van ‘n hoogsbeskaafde maar nederige Afrikaner staatman aan die Britse Eerste Minister bedien is, maar nie sonder gevolg nie! Dr. Verwoerd se politieke insig in belang van sy eie volk, maar ook en veral sy vêrsig in terme van wêreldpolitiek was profeties toe hy Macmillan daarop gewys het dat, “Ons matig ons dit nooit aan om die toepassing van ander beleidsrigtings in die gebiede waarvoor u verantwoordelik is te kritiseer nie, maar wanneer ons by ‘n geleentheid soos die huidige, waar ons heeltemal openhartig is, krities daarna kyk, sien ons, anders as u, dat daardie beleidsrigting groot gevare kan inhou. Juis die doel wat u beoog, kan deur hulle verydel word.” Dit word vandag in September van 2016, vyftig jaar na die beplande sluipmoord op dr. Verwoerd, deur die fisiese geskiedenis wat ons in Suid Afrika, en Europa en elders beleef, met akklamasie bevestig!