1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7403731

Besoekers aanlyn

Ons het 5 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE DANS MET DIE DUIWEL

Belhar belydenisAs jy met die duiwel dans sal jy noodwendig die gelag betaal. Dit is so tragies om kerkmense te ontmoet wat nie weet wie hulle is nie, waar hulle vandaan kom of waarheen hulle op pad is nie. Die toets van die ware geloof sal altyd wees dat dit wat jy glo intelektueel sinvol wees.

Die padda wat in ’n prins verander het sal altyd net ’n ammusante kinderstorie bly. Godgeskapenheid is ’n feit soos ’n koei. Dit is nie iets wat deur ’n mens negeer kan word met diaboliese dogma nie. Die mensheid is ’n verskeidenheid en nie ’n eenheid nie.

Mense praat verskillende tale, bly in verskillende lande, het verskillende leefwyses, behoort tot verskillende rassegroepe en lyk selfs anders. Die Belhar belydenis is in ons midde geplaas juis om die bygeloof te verhef tot die ware geloof. Dit is veel eerder ’n politieke dokument as ’n teologiese waarheid. Die duiwelsheid daarvan is die dubbel agenda van een bo die tafel en die ander een onder die tafel. Die Belhar belydenis het meer te doen met Biologie as Teologie. Dit het ten doel om verbastering by die agterdeur in te smokkel.

Die Skepping is ’n wetenskaplike werkbaarheid waarin wetmatighede en grense ingebou is om te kan funksioneer. Dit is ’n onbetwisbare blywende gegewe wat nie met ’n soort van ’n kompromie die Godswil kan aftakel om die menswil te laat geld nie. As jy die liefde vir God en die mens niet het nie, verval alle respek en lei dit tot chaos en selfhaat dogma.

Die wrange vrugte wat die Belhar belydenis tot sóver voortgebring het 9kerkskeurings en broedertwis) moet ’n mens noodwendig tot nadenke stem. Kan mens dit rym met Godswil? Die Belhar belydenis het sy oorsprong in die rewolusionêre teologie waar die geloof gedemokratiseer moet word volgens getalleoorwig, wat verkieslik met geweld op die res van die bevolking afgedwing moet word!

Bid jou dit aan, God word uitgestem! Die skare het geskreeu kruisig Hom, laat vir Barabas los!

Primus Maximus

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie