1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7465118

Besoekers aanlyn

Ons het 41 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

VERKIESING VAN BEHEER OOR PLAASLIKE OWERHEDE

StemOp Woensdag die derde Augustus 2016 word daar in Suid Afrika gestem oor wie die beheer oor die grootliks hoofsaaklik bankrot plaaslike owerhede sal hê in ’n verdere tydperk van uitloog van belastingbetalers se swaarverdiende inkomste, in ruil vir swak, indien nie géén dienslewering nie.

Die illegitieme wyse waarop ’n Een-mens-een-stemstelsel die politieke beheer van die Afrikanerdom ons in ons eie vaderland ontneem het, vereis ’n stérk standpuntinname van die Afrikanervolk!

Die sterkste vorm van verset in die omstandighede wat deur verraad op ons afgedwing is, is om nie dié omstandighede te aanvaar nie en dit te betuig deur nie aan die regime se verkiesings deel te neem nie!

Deur te stem is dit ’n erkenning dat jy die omstandighede aanvaar en is jy in onderdanigheid gebonde aan die uitslag.

Deur te stem betuig jy dat die swart ras ’n regmatige aanspraak op die Afrikaner se erfdeel het.

Deur te stem ontken jy terselfdertyd dat die Republiek van Suid Afrika Afrikaner besit is.

Deur te stem aanvaar jy dat die verraad deur die de Klerk regering reg was.

DEUR WEG TE BLY VAN DIE STEMBUS VERTOON DIE AFRIKANERVOLK AAN DIE WÊRELD DAT DIT ONREGMATIG WAS WAT IN 1994 GEBEUR HET EN DAT ONS DAARTEEN IN VERSET IS!

STEM DUS REG, BLY DAAR WEG EN VERSTERK DIE AFRIKANERVOLK SE VRYHEIDSTRYD!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie