Mantashe beweer dat Amerika studente oplei om onrus op Universiteitskampusse te stook en om mense op te lei om behulpsaam te wees met ’n staatsgreep om van Zuma ontslae te raak.
Dit is op hierdie uitlatings van Mantashe wat Spector ’n baie siniese kommentaar lewer. Maar wie is Spector en is dit werklik net ‘n teorie? Dit dien van nader bekyk te word ten einde enersyds die waarde van Spector se kommentaar te bepaal en andersyds die oogmerk daarmee te probeer peil.
Hoewel Mantashe die witman as ’n struikelblok beskou en baie onlangs gesê het dat voedselsekerheid nie net aan die rassistiese blankes toevertrou kan word nie, behoort dit nie die helderheid van denke van die nasionalis te beinvloed nie.
HAAGSE PVV RAADSLID MEV WILLIE DILLE: "DIE ISLAM IDEOLOGIE IS 'N GEWAS WAT ALLES WIL VERNIETIG".
Ons het 'n baie insiggewende vraaggesprek in die Nederlands met die Haagse raadslid van die Party vir die Vryheid mev. Willie Dille wat die woede op haar hals gehaal het van die politiek korrektes deur die opmerking dat die islam vinnig mag verdwyn.
"Mevrouw Dille wanneer heeft u de wens geuit dat de islam ideologie wat u betreft mag verdwijnen?"
"Sedert ik actief ben voor de PVV. De islam is een bedreiging voor onze manier van leven: vrijheid om je leven in te richten zoals je wil, gelijkheid tussen man en vrouw en vrijheid van meningsuiting. De ontstane ophef komt door een filmpje dat ik geretweet heb, waarin de boodschap wordt uitgedragen hoe vreedzaam de wereld zou zijn zonder deze door velen als religie geziene ideologie".
Gén. 15:1-21
“En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.”
Die era waarin ons leef, word deur die beskikbaarheid van inligting gekenmerk. Daar is sefs diegene wat reken dat om in die hededaagse tyd oningelig te wees, niks anders as ‘n persoonlike keuse is nie. Aangesien die internet soveel inligting vryelik tot mense se beskikking stel, word menig geheime en interessanthede uit die geskiedenis geopenbaar.
Dit is hartroerend om te sien hoedat ‘n volk wat die afgelope twee dekades maar min erns met sy Godsdiens gemaak het, besig is om opnuut vrae te begin vra en na antwoorde te soek op hierdie gebied. ‘n Mens moet egter baie versigtig wees waar jy na antwoorde gaan soek op jou vrae en ook by wie jy dit moontlik gaan soek.
Dit is geen geheim dat menig institusie-kerke die weg van die Woord verruil het vir die weë van die wêreld nie. Die prediking van geloof in God, liefde vir Hom en gehoorsaamheid en diensbaarheid aan Hom is vervang met motiveringspraatjies in die kerke om mense te beweeg om ruim finansiële bydraes te lewer.
Die AVP plaas hierdie artikel met interressante inligting wat relevant klink in die lig van gebeure in die MIDDE-OOSTE,om u op hoogte te bring met gebeure aldaar. Die moontlikheid van ‘n derde wêreldoorlog was sedert die onrus daar begin het, deurgaans ‘n dreigende moontlikheid. Indien ons oor hierdie inligting beskik het en dit nie aan u bekend gestel het nie, sou dit uiters onverantwoordelik wees indien wat in hierdie artikel in die vooruitsig gestel word wel realiseer.
Lees met aandag, en ondersoek deur middel van ander berigte en wees bedag op die gevolge van wat so ‘n gebeurtenis op Suid Afrika kan hê.
WW III: 18 Days Away-Russia Prime Minister Warns US and Arab Countries: Invading Syria “Will Start a NEW WORLD WAR
February 14, 2016 N678sdrtopert 25
WW III: 18 Days Away-Russia Prime Minister Warns US and Arab Countries: Invading Syria “Will Start a NEW WORLD WAR
UPDATE 2/17/2016
Russia has publicly warned Saudi Arabia, the US, and other countries, they risk “a new world war” if they act on plans to send troops into Syria. WW3: 18 days away.
I am not certain if you are familiar with me, I am Hal Turner, a talk-radio host on WBCQ International Shortwave (7.490 MHz) and 95.1 FM in New York City, “SuperStation95.” I do not own this web site nor do I author any of the news or articles which appear here. This is my very first contribution to this web site’s content and I am taking this unusual step because something terrible is taking place: All of us are now in grave danger and it is imperative that you be told before it is too late.
National Security Intelligence Asset; FBI Joint Terrorism Task Force
Dit mag vir baie mense vergesog klink om te beweer dat die Amerikaanse geldmagte 'n onstabiele Suid-Afrika begeer. Juis omdat 'n ekonomie van 'n land mos eerder floreer in stabiele en vreedsame toestande. Die probleem is net dat dit vir die geldmagte nie gaan om 'n ideale vryemark situasie in vreedsame toestande nie; of soos ons dit altyd genoem het — kapitalisme — nie, maar eerder 'n verworde kapitalisme.
Wat word daarmee bedoel? In 'n landsekonomie waar daar stabiliteit is en aan elkeen die volle geleentheid gegee word om sy talente te ontwikkel is daar kompetisie en daardie kompetisie is meestal heilsaam vir al die inwoners van die land. Dit het deurgaans as kapitalisme bekend gestaan. Die Blanke veral was ten gunste van hierdie soort kapitalisme.
Is hierdie uitspraak van Malema dalk ‘n onbedoelde politieke profesie? Dit is mos vir presies dieselfde rede waarom die AVP nie met die ANC-regime onderhandel of gesprek voer nie, omdat hulle ’n onwettige regering is, net soos wat Zuma ’n onwettige president is! Jy praat of onderhandel nie met mense en instansies wat onwettig is nie! Veral nie oor jou erfreg nie!
Dít is dan ook waarom géén Afrikaner- of Afrikanergesinde instansie met die regime moet onderhandel nie. Hier verwys ek spesifiek na die landbouorganisasies wat nou al vir een en twintig jaar praat en onderhandel oor “grondhervorming” wat nou al uitgebrei word na jou totale besit, en dit met ’n onwettige regime! Het ons dan nou heeltemal waansinnig geword?
Terwyl die publiek hulle blykbaar verlekker in die manewales van die hanswors Julius Malema, en veral die feit dat hy vir Jacob Zuma 'n steen des aanstoots geword het, word die situasie in Suid-Afrika al meer plofbaar en kan die "beheerde chaos" dalk eersdaags totaal onbeheerbaar word.
Die vraag is egter: Hoe was dit moontlik dat iemand met so 'n agtergrond soos Malema, en wat vir alle praktiese doeleindes die einde van sy politieke loopbaan bereik het toe die ANC hom die rug gekeer het, nou skielik soveel aanhang kan geniet? En dit terwyl die ANC-regime, op die oog af, min daaromtrent kan doen?
Die antwoord is baie duidelik dat 'n ander mag agter Malema sit. Hyself het nie die politieke, finansiële en intellektuele vermoë om 'n duik te maak aan die politieke landskap nie.