Hierdie berig in Times Live wat bevestig dat die Guptas iewers ‘n hefboom hou wat getrek kan word wanneer tenders en kontrakte om geld te maak tersake is, dui duidelik op die moraliteit van die regime se staatsinstellings.
Die steen uit die muur roep en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord! ‘n Mens staan verwonderd dat die wêreldgeesdrywers wat die fondasie vir hierdie toestand gelê het, nie die noodkrete van die steen in hulle opgerigte muur van onreg kon voorsien nie. Dit skyn dat selfs noudat die steen se gille luid en dawerend oor Suid Afrika se vlaktes trek en deur die kranse ge-ego word, nie deur hulle gehoor word, of liewer gehoor wil word nie! Volgens hulle volgehoue uitsprake is hierdie oorverdowende krete beter as die sagte stilte van wet en orde, van reg en geregtigheid waarin Suid Afrika deur die Afrikanervolk opgebou is met God’s gebooie as riglyn.
Die wanstaltige “democracy” in Suid Afrika wat sy oorsprong in die verval van politieke integriteit en geloofwaardigheid van die vóór 1994 blanke regering het, stoom steeds voort op misdaad, en dekadente bandeloosheid met die blankebelastingbetaler as finansier van die beplande ondergang.
Die feitlik onaantasbare posisie waarin ZUMA deur getallepolitiek ingegrawe is, word beklemtoon deur die onderstaande artikel wat Zuma se onbeskaamde assosiasies opnuut op die tafel plaas.
Daar is géén argument wat aangevoer kan word wat die de Klerkregering van voor 1994 sal verontskuldig van dié toestand waarin Suid Afrika hom tans en sedert 1994 bevind nie. Die aanhoudende beklemtoning van die lafhartige en verraderlike politieke kapitulasie van die regering van daardie tyd sal bepaald nie die toestand verander nie. Dit dien egter wel om afgedwaalde Afrikaners terug te bring by die denkstroom van Christelike Nasionalisme wat die teenvoeter was en is en sal wees vir die absurde abnormale gemors wat deur hulle as ‘n regering bestempel word en verwag dat ons dit moet aanvaar!
Hierdie is nie net ’n onwettige regime nie maar ook ’n totale onbevoegde een wat besig is om Suid Afrika te vernietig met die medewerking en ondersteuning van almal wat onder die illusie van ’n reenboognasie verkeer!
Keeping Up With The Guptas:
Nie die sterkste nie, nie die slimste nie, nie die gelowigste nie, maar die meeste, die domste, die ongelowigste, bloot omdat hulle deur onreg dieselfde reg verkry het, is die beskawing met die oerwoud vervang waar geweld die wet is en die wet geweld is.
Dít is die gevolg as jy aan die wêreldeise toegewings maak. As Ian Smith nie gekapituleer het voor John Vorster se verraad nie, sou daar nie vandag kommer op hierdie boere se gesigte gewees het nie, maar glimlagte! Mugabe se onlangse praatjies van hervestiging van blanke boere wat hulle eie grond by die staat kan terughuur, terwyl hy steeds van die oorblywende boere se grond uitdeel en mense van hulle eiendom verdryf word sonder vergoeding, is verwerplik omdat sy woord niks werd is nie.
Noudat hongersnood dreig en Rhodesië besig is om sy laaste stuiptrekkings te gee, nou moet die blanke dit vir hom kom regstel, net totdat hy en sy onderdane hulle weer verdryf! ’n Blanke is volgens die swart ras “Foreigners who have no claim to African land”
Hebreërs 2:1-18
“Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.” (:17)
Ons lees in verse 6&7 van die gedeelte die heenwysing na die woorde van koning Dawid in Psalm 8. Dit is in hierdie Psalm waar Dawid verwonderd staan oor God se liefde en agting vir die mens, sy nietigheid ten spyt. Dawid besef opnuut tydens die skrywe van Psalm 8 dat die mens ‘n nietige wese in vergelyking met die grootheid van die heelal en die heerlikheid van God is, tog is die mens kosbaar en hooggeag in God se oë en met heerlikheid en eer gekroon.
Het die hele Suid Afrika kranksinnig geword? Met tonele soos hier onder, geen beskerming van landsburgers teen moordenaars, verkragters, diewe en rowers. Dreigemente van grondonteiening sonder vergoeding, bankrot plaaslike owerhede en korrupte regeringsamptenare wat hoe langer hoe meer steel en ons moet glo dit is ’n beter toestand as onder dr. Verwoerd?
Ons word teruggedwing na die steentydperk en barbarisme na ’n beskaafde tydperk van etlike honderde jare en ons word gemaak glo dat ons vooruitgaan! Word wakker Afrikaners, dit is tyd om op te staan!!
Die berig hieronder is nie van die AVP nie en is aan ons webmeester gestuur. Ons gee erkenning aan die bron wat vir ons onbekend is.
In die artikel hieronder wat handel oor die toestroming van Europa deur sogenaamde vlugtelinge, word die beginsel van afsonderlike ontwikkeling sterk beklemtoon.
Afrikaners moet opnuut respek kry vir die insig van Afrikanerleiers soos dr. Malan, adv. Strydom en dr. Verwoerd vir die insig, moed en beginselvastheid wat hulle openbaar het. Deur die handhawing van Afsonderlike Ontwikkeling is die Afrikanervolk in staat gestel om Suid-Afrika te ontwikkel en te beskaaf tot die land wat dit was tot en met 1966.
Europa kom nou onder die gevolg van rasvermenging met alles wat daarmee gepaard gaan en waarvan ons vrywaar was tot na 1966. Wat Europa as bonus bykry, is die Moslem aanslag op hulle lewens-en-wêreldbeskouing wat van hulle rassiste gaan maak indien hulle hulle daarteen verset.
Josua 7:1-26
“Staan op! Heilig die volk en sê: Heilig julleself teen môre; want so sê die HERE, die God van Israel! Jy sal nie kan standhou voor jou vyande totdat julle die ban onder julle uit verwyder het nie.”
Ons sien in die gelese gedeelte wat die verpletterende gevolge van Agan se ongehoorsaamheid was. Agan het sy hand uitgesteek na die bangoed van Jérigo waarvan God hulle belet het om van te neem. Die prys van sy ongehoorsaamheid was ses-en-dertig krygsmanne van sy volk, sy hele huishouding met al sy geliefdes en sy totale besitting asook sy eie lewe!