Psalm 139:1-24
“Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!” (:23&24).
Ons weet dat koning Dawid ‘n besondere man in God se oë was. Ons leer uit die Psalms wat Dawid geskryf het dat hy weliswaar ‘n besonder noue verhouding met God gehad het. Daar was egter ‘n eienskap van Dawid wat hom, soos menig ander geloofshelde, laat uitstaan het bo sy tydgenote. Hierdie eienskap was natuurlik die opregtheid waarmee hy God gedien en liefgehad het.
Ons lees in Génesis 6:9 van Noag wat ook ‘n opregte man was. “…Noag was ‘n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. …” Hierdie selfde eienskap was ook in Job se karakter duidelik waarneembaar en dit het God klaarblyklik behaag wanneer ons kyk met watter behaaglikheid Hy hierna verwys in Job 1:8:”En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.”
Die onderhoud wat mnr. Robbert Veldman met die voorsitter van Vlaams Belang, Tom van Grieken gehad het, is voorwaar insiggewend. Die AVP is dankbaar vir elke bondgenoot wat sy hand na die Afrikanervolk uitryk in ons tyd van krisis en soveel te meer as dit van ons stamlande afkomstig is.
In ons stryd om vry en soewerein onafhanklik te wees is dit egter noodsaaklik dat daar nugterheid moet wees oor die pad waarlangs die Afrikaner gekom het en waarlangs hy moet vorentoe gaan om weer by daardie doelwit van vry en soewereine onafhanklikheid uit te kom. In die lig daarvan is dit dwingend noodsaaklik dat ons bondgenote met ons een van siel en een van sin sal wees ten einde ons sinvol te kan bystaan, al is dit dan net deur in die media met ons saam te stem. Want op daardie vryheidspad lê Afrikanerbloed en sweet en opoffering waarvan die oogmerk nie ‘n ”Nuwe Suid Afrika” onder Swart Kommunistiese meerderheidsregime was nie, maar Afrikanerland onder die seënende Hand van God, as ewige erfenis van die Afrikanervolk.
MNR. VAN GRIEKEN: "EK IS OORTUIG DAT ONS ONS KIESERS SAL TERUGWEN".

Geagte leser. Ons het 'n insiggewende vraaggesprek met die sedert 2014 nuwe voorsitter van Vlaams Belang mnr. Tom van Grieken. Dalk sal u hom nog kan herinner van die anti halaal aksie, toe Vlaamse kinders gedwing is Moslemse ete te eet en hy geprotesteer het teen hierdie indoktrinasie.
"Meneer van Grieken om maar met de actualiteit te beginnen. De Belgische regering neemt vergaande maatregelen om kwaadwillende moslims achter slot en grendel te zetten. Toen echter Vlaams Blok en later Vlaams Belang veel minder ingrijpende maatregelen voorstelde werden deze weggehoond als zijnde xenofoob en islamofoob en wat niet al. Denkt u dat we hier kunnen spreken van het bekende meten met twee maten?"
Matt. 6:19-34
“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” (:33)
Dit is net vroeër in dieselfde hoofstuk van hierdie evangelie dat Jesus Christus Sy dissipels geleer het hoe om te bid. Die gebedspatroon van die modelgebed (die Onse Vader) stuur dieselfde boodskap uit as wat Jesus vir ons leer in Matt. 6:33. Die boodskap is duidelik om seker te maak dat ons in ons lewens God se Koninkryk voorop stel. Sy Koninkryk is veronderstel om voorrang te geniet in ons lewens.
Die kastige “verswakking” van die rand teenoor ander betaalmiddels na die skielike afdanking van die minister van finansies, is niks anders as ‘n verskerpte ekonomiese aanslag op Suid Afrika nie.
In die eerste plek is Nene bloot verskuif om elders ontplooi te word en ‘n Afrikaanssprekende ANC kader in sy plek aangestel wat net so min aan die land se ekonomie sal kan verander as enige iemand voor hom! Hoe op die aarde kan daar groei en stabiliteit bereik word met ‘n spul diewe en rowers wat boonop onbevoeg, lui en onverantwoordelik is en waarvan die president die voorbeeld is?
Job 2:1-10
“Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.”
Ek wil hê dat u ook vanoggend die volgende vraag eerlik moet beantwoord: “Waarom dien jý God?”
Is dit dalk om die volgende redes?
DAG VAN DANKBARE VEROOTMOEDIGING
Pieter van der Dussen Senior
Ons staan so die HERE wil binnekort op Geloftedag voor Hom. Geloftedag – die Afrikanervolk, óns volk se aangewese dag van verootmoediging. ‚n Volk wat volgens die Raadsplan van God met ‚n besondere roeping aan die Suidpunt van Donker Afrika geplant is. Deur God bekwaam gemaak is om hierdie barre, wilde, dorre, harde landstreek ooreenkomstig Genesis 1-2 te onderwerp, te heers oor alles wat op en in en om hom bestaan, sy grond te bewerk sodat ook hierdie landstreek tot bloei kon kom tot lof van die HERE. Geroepe uit die Reformasie om die Woord hier te saai en tot vrug te laat kom. Drie eeue lank het die Afrikanervolk hierdie tweeledige roeping uitgevoer. Ten spyte van Satan se verbete stryd om dit te verhoed, is daar danksy die Almag van God miljoene gelowiges onder alle volke in die land