‘n Mens hoor so gereeld hoedat daar mense is wat hulle verkeerde lewenswandel probeer verontskuldig met die gerieflike verskoning dat “die kerke ons nooit reg geleer het nie.”
Die feit dat die kerke in Afrikanergeledere lelik ontspoor het, is nie te betwyfel nie. Hierdie is egter nie veronderstel om deur gelowiges misbruik te word as ‘n verksoning om ‘n lewe van sondigheid en sinsgenot te leef en dan agter die verskoning weg te kruip dat jy nie van beter geweet het nie omdat die kerk jou dan nie geleer nie. Het ‘n mens dan net op ‘n Sondag by die kerk toegang tot jou Bybel of is dit die enigste plek waar ‘n mens kan bid en God in gedagtenis kan bring? Is daar geen ander tyd gedurende die week om Bybelstudie te doen en die kristalhelder vermaninge, soos ook vervat in vanoggend se gelese gedeelte, raak te lees nie?
Terwyl die tweede fase van die kommunistiese revolusie begin stoom kry en die land se wiele duidelik besig is om af te val, is die vraag: Wat nou gemaak in hierdie omstandighede?
Dis reeds baie duidelik dat die studente onrus oor baie meer gaan as blote studiegelde. Dit gaan daaroor om die laaste vestings van die Blanke te vernietig. Daarom is die pogings van studente (hoe verdienstelik ookal) om Totius se standbeeld op die Noordwes-kampus van die Pukke te beskerm, futiel. Dis futiel omdat hulle rektor en sy hele raad slapgatte is. 'n Beter woord om sulke lafhartigheid te verwoord ontbreek ongelukkig. Terwyl studente nog iets van hulle patriotisme wys, gee die owerhede van Afrikaanse kampusse oor en lieg hulle vir studente oor die uiteinde van hulle oorgawe mentaliteit.
MEV. NANCY SIX:"MOSLEMSE BEURS WORD TOEGESTAAN MAAR HULLE VERBIED TENTOONSTELLING OOR MOHAMMED".
Geagte leser. U sal u dalk nog die verskillende vraaggesprekke herinner wat ons met mev. Nancy Six die raadslid vir Vlaams Belang het gehad. In hierdie nuwe vraaggesprek sal u deelgenoot wees van haar baie pogings om 'n saal te kan huur vir 'n Mohammed tentoonstelling. Dit is mos Vlaandere 2015 waar Moslems meer regte het as Vlaminge.
Op die foto staan links mev. Nancy Six se Pa (Daniël Six) , in die midde mev. Six self en langs haar staan mnr Filip Dewinter. Hierdie twee mense is baie dierbaar vir die raadslid.
MEV. NANCY SIX:"MOSLEMSE BEURS WORD TOEGESTAAN MAAR HULLE VERBIED TENTOONSTELLING OOR MOHAMED".
Geagte leser. U sal u dalk nog die verskillende vraaggesprekke herinner wat ons met mev. Nancy Six die raadslid vir Vlaams Belang het gehad. In hierdie nuwe vraaggesprek sal u deelgenoot wees van haar baie pogings om 'n saal te kan huur vir 'n Mohamed tentoonstelling. Dit is Vlaandere 2015 waar Moslems meer regte het as Vlaminge.
In die foto in die bylae staan links mev. Nancy Six se Pa (Daniël Six) , in die midde mev. Six self en langs haar staan mnr Filip Dewinter. Hiedie drie mense is baie dierbaar vir mev Six.
Op 14 Junie 2015 hou die DA ‘n byeenkoms in die Jabulani Technical High School in Soweto waar Mmusi Maimane die DA se visie vir hulle sogenaamde nuwe 2029 veldtog voorlê.
Ten minste 8% ekonomiese groei, ‘n kabinet met slegs 15 ministers en die arrestasie en skuldigbevinding van korrupte regeringsamptenare as slegs enkele oogmerke om Suid Afrika op ‘n pad van toonaangewende vooruitgang te bring.
Geloofwaardig? Dit kom ten minste uit die mond van ‘n swart pastoor.
Slegs enkele maande later word Dianne Kholer Barnard haar DA lidmaatskap ontneem oor ‘n uitlating wat die ANC se dienslewering kritiseer in ‘n vergelyking met die ampstermyn van P.W. Botha.
Die Afrikanervolk het ʼn geskiedenis wat ryk is aan voorbeelde van voortreflike, intelligente en beginselvaste leiers. Daar was helaas ook die uitsonderings! In terugskouing was dit die eerstegenoemdes wat die Afrikanervolk tot hoë hoogtes gelei het. Wat ‘n swart, Kommunistiesbeheerde meerderheidsregime nou al vir meer as twintig jaar met hulle Afrikamentaliteit nie ten gronde kon rig nie, is dié wat in die ná era van Verwoerd gekom het en beginsel en beleid versaak het. Tenspyte daarvan is daar vele van hulle wat kommentaar te lewer het oor die eienskappe en kwaliteite al dan nie van verskeie van ons ontslape begaafde,uitstaande en volkstroue leiers.
1 Samuel 2:27-36
“…want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.”
Sien u in hierdie gedeelte hoedat die almagtige God wat hemel en aarde geskape het, onderneem om aan die mens eer te bewys? Ja, Hy onderneem om diegene te eer wie Hom eer, maar weë diegene wie weier om Hom te erken en te eer.
Hierdie woorde van God val soos hammerslae op humanistiese- en individualistiese afgodsteologie. God stel die boodskap met hierdie woorde weereens onomwonde – Hy eis om geëer te word bo alles in ons lewens. Wanneer ons sê dat ons Hom moet eer bo alles, beteken dit letterlik bo enigiets wat ek besit en liefhet in my lewe, selfs bo my gesin en my familie.
Dit is dalk nodig dat ons vir ‘n oomblik stilraak by hierdie boodskap uit God se Woord om te besin tot watter mate Hy in ons volkshuishoudings geëer word. Ons lees dat in Eli se huishouding sake nie na God se wil verloop het nie en daarom het God vir Eli gewaarsku dat Hy ‘n einde aan sy huis gaan maak.