DIE BEGIN VAN DIE OPLOSSING
Dr. D.F. Malan het by geleentheid gesê : “Oor die pad van SA sal u ook moet trek, oor bergreeks en deur dorsland heen. Koers hoef u nie te vra nie. Dis daar. Sal u dit hou? Lig hoef u nie te ontbeer nie. Die fakkel met vaste voet oor honderd jaar gedra, word vir u in u hand geplaas. Sal u hom brandend hou?”
Nasionalisme is die lewende, ontwikkelende, onsterflike gees van die volk. Die party wat die gees van die volk reg begryp, en wat vertolk dit wat die volk help om sy eie bestaan en sy eie bestemming te besef en wat sy kragte inspan om die volk op te bou en groot te maak, so ‘n party groei met die volk en is so blywend as die volk. (Aldus dr. Malan)
Dit was op 17 Maart 1992 wat die de Klerkregering ‘n referendum uitgeroep het waardeur die Afrikanervolk sy politieke mag oor Suid Afrika verloor het.
Die AVP weet en verklaar, dat as die werklike doel met die referendum nie in die referendumvraag versteek was nie, die Afrikanervolk bankvas, met enkele uitsonderings, op 17 Maart 1992 daarteen sou gestem het.
OPSOMMENDERWYS, NOU DIE BETEKENIS EN DOEL VAN DIE VOORGAANDE BETOOG
Vanaf die “WINDS OF CHANGE” van Harold MacMillan, nog voor die sluipmoord op dr. H.F. Verwoerd, is dit onteenseglik duidelik dat daar ‘n internasionale sameswering was om die Afrikanervolk op bedrogvolle wyse uit die pad te kryOns van die AVP is dus die mening toegedaan dat wat op 17 MAART 1992 gebeur het, bedrogvol beplan en uitgevoer is en dat dit die plek is waar ons moet begin om aan die hele wêreld te bewys dat dit onaanvaarbaar is en nie die Afrikanervolk se steun sou gehad het indien die bedoeling met die referendum duidelik was nie.
Die uitslag van die tussenverkiesings na die referendum het daarop gedui dat die Afrikanervolk in verset was. Dit is die rede waarom daar nie bekostig kon word om die belofte dat die nuwe grondwet voor aanvaarding, weer aan ‘n referendum onderwerp sou word, na te kom nie! Dit is die kern van die bedrog wat die Afrikanervolk sy politieke mag ontneem het!
Daar word voorgegee, dat wat nou in Suid Afrika gebeur uitsluitlik Jacob Zuma en die ANC se skuld is. Dit is ‘n vals beeld wat reggestel moet word en wat slegs deur die meerderheid van die Afrikanervolk gedoen kan word!
Dus, oor die REFERENDUM VAN 17 MAART 1992: KOM ONS STEM WEER!
Die ANC-regime se volgende algemene verkiesing is in 2019. Die AVP gaan ‘n elektroniese referendum aanlê waarin die blankes in Suid Afrika ja of nee kan stem oor die werklike betekenis van die NP se referendumvraag van 1992. Ons sal die vraag formuleer en die prosedure vorentoe verduidelik.
Indien die meerderheid blanke burgers in Suid Afrika en ook daarbuite die resultaat van 17 Maart 1992 verwerp, sal dit die eerste tree in verset wees wat die Blankes in Suid Afrika gee na die 1994 onheilige verraad! Die gevolge daarvan is legio en sal stapsgewys ontgin word op ons pad na
Dit is insiggewend om in terugskouing die politieke insig en versig van voor die referendum van 17 Maart 1992 opnuut te kan be-oordeel aan die hand van wat ons tot vandag toe ervaar het sedert die “positiewe” uitslag in de Klerk se guns.
Daar is in Maart 1992, voor die referendum sou plaasvind op die 17e, ‘n vraelys geformuleer wat in pamfletvorm versprei is, sodat die Blanke kieser kon weet waarvoor hy ja of nee sou stem. Die AVP se standpunt is dat daardie referendum se uitslag nie verteenwoordigend van die meerderheid blanke kiesers was nie, vir verskeie redes wat al by herhaling op die AVP se webblad bespreek is.
Die belangrikste feit is die opvolgreferendum wat de Klerk as staatshoof belowe het gehou sou word voordat die onderhandelde grondwet deur die regering aanvaar sou word maar wat hy doelbewus nagelaat het!
Dit is juis hierdie onderhandelde grondwet wat die NP regering instaat gestel het om die Afrikanervolk se politieke mag, skole, universiteite, hospitale, kultuurgoedere, in kort ons land en voortbestaan, aan ‘n swart kommunistiese, meerderheid te oorhandig, sonder slag of stoot!
Laat ons oor die bedrog, as gevolg waarvan ons nou onmeetlike onreg moet verduur, wéér stem om die AVP, en ons glo elke ware Afrikaner se standpunt daaroor te bevestig.
REFERENDUM 17 MAART 1992
Die bewoording op die stembrief vir die referendum van 17 Maart 1992 is soos volg:
“Ondersteun u voortsetting van die proses van hervorming wat die Staatspresident op 2 Februarie1990 begin het en wat gerig is op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling?”
“Voortsetting van die hervormingsproses” is dus die kern van die saak. Daarom is die vrae wat elke kieser vir homself of haarself moes beantwoord soos hieronder gestel:
1. Sou jy ja gestem het vir ‘n hervormingsproses, om onder ‘n Swart Kommunistiese meerderheidsregering te moet leef?
2. Sou jy deur voortsetting van die hervormingsproses ‘n een mens, een stem kiesstelsel in Suid Afrika wou hê sodat Blankes onderploeg kan word, soos wat ons nou beleef?
3. Sou jy ja gestem het vir voortsetting van ‘n hervormingsproses wat Blanke kinders saam met swartes dwing in skole waar ontug, dwelmhandel, aanranding van onderwysers en verbranding van boeke, die orde sal wees?
4. Sou jy dit goedgekeur het dat voortsetting van die hervormingsproses daartoe lei dat Blanke vroue van Suid Afrika motors moet was en huisbediendes moet word om ‘n lewe te maak?
5. Sou jy die voortsetting van die hervormingsproses wou hê wat daartoe sou lei het dat minder as 10% van die vorige jaar se matrikulante werk kan kry, duisende ander hulle werk verloor en nie kos vir hulle kinders het nie?
6. Sou jy daarvoor wou stem dat voortsetting van die hervormingsproses verbruikers kon uitmergel deur onophoudelike prysstygings van voedsel, medisyne en ander lewensmiddels?
7. Sou jy voortsetting van die hervormingsproses wou laat voortgaan wat gepaard gaan met die woekery van rentekoerse van 20% en meer, waardeur tienduisende dorps-en stadsbewoners van hulle huise beroof en tienduisende boere van hulle plase verdryfsou word?
8. Sou jy ingestem het vir voortsetting van die hervormingsproses waardeur honderde duisende Swartes by ons dorpe en stede plak en “moet steel om te leef”, soos dit nou is?
9. As dit vooraf vir jou gesê is, sou jy voortsetting van die hervormingsproses waardeur Swartes aangehits word om Blankes te vermoor, soos deur die kreet: “One setler, one bullet”, sonder dat die regime daarteen optree, goedgekeur het?
10. Sou jy voortsetting van die hervormingsproses wou hê waarvan die resultaat nou die grootste golf van moorde, rooftogte, diefstal, aanranding en verkragting in die geskiedenis van Suid Afrika is?
11. Wat sou jy gestem het as die voortsetting van die hervormingsproses gepaard sou gaan met die politieke bedrog van valse versekerings en gebreekte beloftes, soos dat Blanke skole blank sou bly en die Groepsgebiedewet nie herroep sou word nie, soos dat magsdeling verwerp sou wees, en soos dat daar nie met terroriste onderhandel sou word nie?
12. Sou jy ingestem het vir voortsetting van die hervormingsproses wat gelei het tot die vernedering van ons vlag en ons volkslied deur die ongelowige Kommunistiese volgelinge?
13. Indien vir jou gesê is dat voortsetting van die hervormingsproses beteken dat Mandela President van Suid Afrika gaan word, soos wat Harry Schwarz, as de Klerk se verteenwoordiger in die VSA, gesê het, sou jy ja gesê het?
14. Indien jy geweet het dat die finale uitkoms van die hervormingsproses beteken dat alle blankes uit Suid Afrika uitgedruk gaan word, sou jy gesê het dat dit reg is?
Oorweeg die gevolge van die 17 Maart 1992 se referendum vraag aan die hand van wat voorspel was, aan die regering van de Klerk gestel was, wat uit die geskiedenis se ervaring die grondslag van ons beginsels en beleid was, en maak uself gereed om u weer daaroor uit te spreek! Dit is die mees sinvolle, haalbare en kragtige handeling van verset wat daar nou in ons omstandighede beskikbaar is!