Daar is vele boeke geskryf en nog meer lesings en toesprake gehou oor hierdie onderwerp. In meeste gevalle rol dit van die rug af want dit raak my nie eintlik nie. Ek het genoeg ander verantwoordelikhede om my besig te hou en het dus in elkgeval nie tyd vir hierdie praatjies wat nou al vir so lank ek kan onthou, in omloop is! Wat daarvan as jy een oggend opstaan en jy het nie meer werk nie? Jou huis en motor word weggeneem want jy mag niks meer besit nie! Jou ouers word weggeneem en jy verneem later dat hulle gedood is. Jou plaas of besigheid word in besit geneem, jou kinders weggeneem na wie weet waar?
Dit is hier waar die onrus, die bitterheid, die vernietiging van lewens en eiendom wêreldwyd hulle voortgang het! In Suid Afrika kan die Afrikanervolk daarvan getuig sedert ons volksplanting, tot vandag toe.
Dit is reeds in die voor Bybelse tyd dat Jesus vir die Fariseërs en skrifgeleerdes beskuldig het dat hulle die vader van die leuen as vader het! Geheime beplannings en sameswerings om ander volkere en nasies se binnelandse aangeleenthede binne te dring is in ons tyd die Britte se "nasionale sport". Om regerings omver te gooi deur befondsing van terroriste, rebelle en "geplante" aanstigters, alles in belang van wat die Engelsman as noodsaaklik ag vir gewaande wêreldvrede, terwyl dit eintlik gaan oor mag en selfverryking.. en sonder twyfel, gemeet aan die ongeregtigheid waarmee dit gepaard gaan, in diens van satan self!
Markus 4:35-41
“En ‘n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat selfs
die wind en die see Hom gehoorsaam is!” (:41).
Geliefdes, is dit nie ‘n interessante vraag wat Jesus se dissipels in vers 41 van ons gelese
gedeelte stel nie – “... Wie is Hy tog,? ...”. Dit is die dissipels van Christus wat hierdie vraag
stel – mense wat elke dag saam met Hom geleef en gewandel het. ‘n Mens sou verwag dat
húlle meer as enigeen sou weet Wie Hy tog is.
MEV. ANNETTE VISSER: "EK WAS ONTHUTS TOE SY MY MET AFKEER BEJEËN HET"
Geagte leser. Daar is dikwels geskryf oor die sg. Genderideologie wat deur alle fassete van die lewe lyk deur te dring. 'n Ma uit die Rotterdamse hawestad het onlangs ervaar hoe dit in die
praktyk uitwerk. Ons het nav. die feit 'n insiggewende onderhoud gehad met mevrou Annette Visser,(37) wat, toe sy op Saterdag 24 Julie, 'n besoek het gebring aan die spraakterapeut onaangenaam verras was. Sy moes haar verantwoord hoekom sy haar seuntjie (ouderdom 5 jaar) nie na die Disney fliek 'Frozen' laat kyk waar die genderideologie mos 'n groot rol in speel. Ons het haar vrae gestel oor die gebeure maar ook oor wat haar mening is oor hierdie dwingelandy. Die Ma het beklemtoon dat sy net anoniem haar verhaal wou doen. (ns: haar regte voornaam en van is bekend)
'n Ideologie is volgens die Engelse woordeboek "Fancifull speculation"! Sy saampraat, napraat en kafpraat agter F.W. de Klerk aan het egter nou 'n klemverskuiwing ondergaan. Sy Rip van Winkelvertoning mislei egter niemand in Suid Afrika meer nie, al dink hy in sy verstommende, indien nie verbysterende eenvoudigheid dat Afrikkaners te dom is om vir hulleself te dink nie.
Buys, Afrforum se leierskorps en die F.W. Stigting se bestuurkarakters se verbeeldingsvlugte van magsdeling, demokrasie, verandering tot by utopia in 'n veelvolkige Suid Afrika lê in skerwe voor hulle voete en in hulle struikeling daaroor, is daar na 27 jaar 'n vae gewaarwording by hulle dat daar iewers 'n foutjie is.
Elsa Wessels (Joernalis)
Sjoe, ek weet ek is blond, maar kan 'n SLIM mens my dan reghelp, want ek kan wragtig nie langer die mediastrooi (mooiste woord waaraan ek kan dink) sluk nie.
Hierdie is verlede jaar se verslag van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en daarvolgens is die normale jaarlike sterftesyfer weens SEISOENALE griep in SA tussen 7 000 en 12 000.
Ná 7 maande se volgehoue, vreesaanjaende media-massahisterie oor die Covid-19 "pandemie" en ondanks erg opgeblase en vals statistiek, is die sterftesyfer tot op datum weens "alle Covid-verwante" siektes (dit sluit ALLE griepverwante siektes in plus sommer baie ander ook) steeds net 5 173 . . .en die "seisoen" eindig oor 'n maand?
Neh. 5:1-19 “Verder het ek gesê: Dit is nie goed wat julle doen nie. Moet julle nie in die vrees van onse God wandel ter wille van die smaad van die heidene, ons vyande, nie?” (:9). Geliefdes, hoeveel vrees vir die HERE is daar in ons tyd nog in mense se harte? Ek wil selfs vra of ons weet wat dit beteken om die HERE te vrees? Ons lees op soveel plekke in die Woord van die HERE hiervan, maar weet ons wel wat dit van ons vereis? Ja, luister na die opdrag uit Ps. 2:11:”Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.” Dit klink nogal na ‘n teenstrydigheid – om met vrees te dien en om met bewing te juig, nie waar nie?
Josua gee ook hierdie bevel aan die volk Israel in die woorde van Jos. 24:14:”Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, ...”.