Bewapening van elke Afrikaner teen die fyn beplande oorlog teen ons volk waarmee saamhorigheid en dienooreenkomstig, eenheid vernietig word, durf nie verder uitgestel word nie!
INLEIDING:
Die aanklag wat gewoonlik teen ons ingebring word is dat ons ewig terugkrap in historiese gebeure tot so ver terug as Jan v Riebeeck! “Ons wil weet van hier en nou!”, klink die refrein. “Die geskiedenis is iets wat verby is. Ons ry nie meer met ‘n ossewa nie! Wat staan ons noù te doen?”
Die vraag wat egter eers beantwoord moet word, ongeag van waarmee jy deesdae ry, is watter pad moet ek vat, want in die politiek is daar vele paaie. Elkeen gerig op ‘n bepaalde staatkundige model met ‘n vooruit bepaalbare bestemming, indien dit ‘n reeds beproefde pad vanuit die geskiedenis is. Nuwe paaie se uitkoms is gewoonlik duister. Watter pad gaan my by my gekose bestemming uitbring, want dat die Afrikanervolk verdwaal het, is onbetwisbaar so!
2 Kron. 26:1-23
“En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Amásia gedoen het. En hy het God gedurig gesoek in die dae van Sagaría, wat onderrig gegee het in die vrees van God. En in die dae dat hy die HERE gesoek het, het God hom voorspoedig gemaak.” (:4&5).
Ons lees gedurig in die geskiedenis van die konings van Israel van daardie konings wat van God afvallig geraak het. En dan lees ons andersyds ook weer van daardie konings wat na God gesoek het.
Daar word baie bespiegel oor waarom die AVP in 2008 weggebreek het van die Herstigte Nasionale Party. Veral vanuit die HNP self is die leuen versprei dat dit 'n stryd oor leierskap was. Die waarheid is egter dat dit oor 'n geleidelike aanslag op beginsels en uiteindelike beginselversaking gegaan het.
Die bron vir hierdie verklaring is die brief van Johan Wiesner, “Verwoerdburg”, in Beeld van 8 September 2021 op die middelblad waarin opnuut bevestig word dat die breuk in die HNP sy ontstaan in die uiteindelike strooi wat die kameel se rug gebreek het, in 'n openlike aanslag op beginsels na die dood van mnr. Jaap Marais in 2000.
Die AVP se tema is “’n Oorlog Sonder Koeëls”. In wese is dit wat die “New Age” werklik is, ‘n oorlog sonder koeëls. Dit is bloot 'n woord wat geskep is om die Bybelse waarskuwing dat die stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die magte, die owerhede, die heersers van die duisternis van hierdie eeu en die bose geeste in die lug, in kort, om die stryd tussen lig en duisternis, te vervang deur woordspeling!
Dit is skrikwekkend indien jy daarop fokus om te begryp wat hierdie magte, owerhede, wëreldheersers van die duisternis en bose geeste al bereik het!
22 April 2009 word die nasie in Suid Afrika opgeroep om te kom stem.
‘n Nasie waarbinne volke se reg misken word deur die opsteek van hande! Meer nog, waar diè Volk wie se land dit regtig is, doelmatig uitgewis word saam met alles wat hulle tot stand gebring het, onder die dekmantel van misdaad! ‘n Land waar die Imperiale Brits-Amerikaanse magte ‘n nasie aan bewind help bring het wat die onbeskryflikste onreg mag pleeg in die naam van “demokrasie en regstellende aksie”, terwyl die wêreld skaamteloos toekyk!
ONS STAAN HIER, WANT ONS KAN NIE ANDERS NIE!
Waarom staan ons hier? Ons staan hier omdat dit Dr. Verwoerd, wat planmatig uit die weggeruim is, se pad is wat hy aangedui het, die enigste volhoubare en moreelregverdigbare pad is waarop die Afrikanervolk instaat sal wees om sy identiteit te bewaar en te behou.
Ons is intens bewus daarvan dat as iemand iets profeties kwytraak en dit gebeur nie soos wat voorspel is nie, dan is dit nie van God af nie! Jy moet bepaald blind én horingdoof wees, indien nie daarby ook nog swaksinnig, as jy na alles wat dr. Verwoerd ons oor gerig en gewaarsku en ons opposisie vermaan het, nie kan waarneem nie.
“Moenie wees soos die hond wat met 'n groot stuk vleis in sy bek oor 'n brug oor 'n helder rivier geloop het, en in die rivier sy eie beeld gesien het en toe so lus gekry het vir die ‘vleis’ in daardie ‘hond’ se bek dat hy na die beeld gehap het nie. Toe val sy eie stuk vleis in die rivier. En hy het niks nie! (Dr.H.F.Verwoerd 1963)
Dit is vandag presies 55 jaar gelede dat Dr. H.F.Verwoerd, eertydse Eerste minister van die vooruitstrewende blanke Republiek van Suid-Afrika, tydens ‘n wreedaardige sluipmoord in die Volksraad met ‘n dolk dood gesteek is. Dit was ook ‘n dolksteek in vryheid van die Afrikanervolk. Dit het uitgeloop op die stelselmatige en veraadelike prysgawe van ons vryheid as ‘n trotse en onafhanklike volk wat met prysenswaardigheid oor homself regeer het in sy eie vaderland. Vandag bevind die Afrikanervolk hom in die grootste krisis van sy geskiedenis en bestaan en veg ons in ‘n oorlog sonder koeëls om oorlewing.