1 Tim. 5:17-25
“…en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.” (:22).
Geliefdes, ek dink dat ons meer gereeld hierdie vermaning uit die Woord van die HERE in ons tyd moet aanhoor. Hou jou rein. Moenie besmet en besoedel word nie. Bly skoon. Hou jou rein. Hou jou rein. Hou jou rein!
Daar is in ons tyd soveel dinge in hierdie wêreld wat ons kan bekoor. Dit is geld, dit is weelde, dit is sukses, eer en ook ‘n lekker en gemaklike lewe – om maar net ‘n paar te noem.
Die bekende Rudie Rousseau is besig met ‘n projek om die boeregrafte, ander besienswaardighede en geskiedkundige tekens wat oorgebly het van die Boerekrygers wat na Sint Helena verban is, op film en video vas te lê.
Rudie het reeds omvangryke en waardevolle werk oor die afgelope 7 jaar gedoen oor die Britse konsentrasiekampe en hy het wyd en syd oor die land heen gereis om dit te dokumenteer en op film vas te lê.
Luister na meer besonderhede oor die projek deur op die volgende skakel te klik:
https://www.youtube.com/watch?v=10UIA5voC90&t=16s
Ongeveer 6000 Boere krygsgevangenis, wat in die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) deur die Engelse magte gevange geneem is, is na die eiland Sint Helena verban. Hier het hulle in baie moeilike omstandighede verkeer totdat hulle stelselmatig na Suid-Afrika terug gestuur is na afloop van die oorlog.
VOORSITTER MNR. JOHN STUBENITSKY VAN DIE NUWE AFDELING: "ONS SAL NET AS ONS KOLLEGAS UIT EINDHOVEN BEWERKSTELLIG DAT DIE ERWE VAN PIM FORTUYN ONTHOU SAL WORD"
Geagte lesers. Ons wil 'n heuglike feit met u deel. Daar is na 4 jaar naas die Lys Pim Fortuyn Eindhoven nou ook 'n afdeling Breda van dieselfde party. Na 'n paar jaar se harde werk, was die oomblik op Donderdag 16 September regtig daar: LPF Breda was 'n feit! Nie -amptelik was hulle al 'n rukkie daar, maar nou het hulle regtig groot geword as 'n partytjie. Almal wat geen brood daarin gesien het nie, het dit hopeloos gedink of daaroor lekker gelag, dog hulle het nie reg gehad nie.
Ons het nav. hiervan 'n baie insiggewende vraaggesprek met die voorsitter mnr. John Stubenitsky gehad wat van mening is dat die Bredanaar eerste kom en, ons kultuur en tradisies bly soos dit is, Ook wil hy 'n veilige stad vir elke inwoner van Breda en ondersteuning vir die hardwerkende spysenieringsbedryf en entrepreneurs in sy pragtige stad.
Hy het ons ook verseker dat net as die politieke party uit Eindhoven, die nuwe afdeling die erwe van wyle Pim Fortuyn sal hoog hou.
By Debra Heine Global Research, October 13, 2021
'N "Doktersverklaring" wat deur 'n internasionale alliansie van dokters en mediese wetenskaplikes opgestel is, veroordeel die internasionale strategie om COVID te behandel, wat beleidmakers van potensiële "misdade teen die mensdom" beskuldig, wat verhoed dat dokters lewensreddende behandelings vir hul pasiënte kan verskaf en oop en wetenskaplike bespreking onderdruk. Die dokument verklaar dat die "een grootte pas almal" behandeling wat aanbeveel word, het gelei tot onnodige siekte en dood.
AVP HOU SUKSESVOLLE KONGRES
Die AVP het op Saterdag 9 Oktober 2021 ‘n suksesvolle kongres gehou. Die dagbestuur het hard
gewerk om al die reelings betyds te tref. Dit was die 14 de Jaarkongres wat die party sedert sy stigting gehou het.
Mnr Danie Varkevisser het die hoofrede op die kongres gelewer. Die tema was ‘n Era van sameswerings – ‘n bron van ellende. Mnr Varkevisser het daarop gewys dat sedert die dood van dr. Verwoerd die Afrikanervolk blootgestel is aan ‘n reeks sameswerings om hom van sy vryheid te ontneem.
As ‘n mens na die opskrif kyk is daar twee sake wat jou dadelik voor die gees kom. Wat is die waarheid waarna hier verwys word en tweedens, as die waarheid jou begin inhaal, moes jy iewers op die pad daarby verby gegaan het!
Die Beeldkoerant verwys na ‘n tweede transformasie waarop nou gefokus word, wat dan ook aanduidend is dat daar ‘n eerste transformasie is wat agter die rug lê. Dit is volgens die berig in Beeld, Jeff Radebe wat enkele ontstellende geluide gemaak het toe hy die beleidsvoorstelle van die ANC bekend gemaak het.
Met 'n verwikkeling in die politiek,wat reeds vir eeue lank beplan is en openlik in ons tyd propageer word, oordonder dit op die oomblik alle ander verwikkelinge op elke lewensterrein, sodat nugterheid vertroebel word en vervang is met irrasionele optrede wat die Afrikaner se vryheidstryd nie net op die agtergrond dryf nie, maar op die punt is om dit heeltemal van die tafel af te vee!