OPRIGTER EN VOORSITTER MNR. GEORGES SCHEFFER: "TRADISIES IS NET OM TE KOESTER EN ONS SAL NOOIT TOELAAT DAT VREEMDELINGE EN MINDERHEIDSGROEPERINGE DIT SAL AFNEEM NIE"
Geagte lesers. Ons het 'n baie insiggewende onderhoud gehad met meneer Georges Scheffer
van die Party Vir Behoud van die Nederlandse Identiteit nav. sy bydrae aan die protesdemonstrasie vóór Swarte Piet wat hy op Saterdag 13 November saam met die Nederlandse Volks Unie gehou het. Ons sal hom nie net vrae stel oor hierdie gebeure dog ook oor die ontstaan van sy party.
Josua 14:1-15
“En dié dag het Moses gesweer en gesê: Waarlik, die land wat jou voet betree het, sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as 'n erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om die Here my God te volg.” (:9).
Geliefdes, na die volk se uittog uit Egipte het hulle eindelik tot by die beloofde land gekom. Hierdie wonderlike land wat hulle gedurende hul trek aldeur voor oë gehou het. ‘n Begeerlike land; ‘n land wat oorloop van melk en heuning. Die volk het nie sonder uitdagings tot hier gekom nie. Daar was gevare van oorloë, honger, dors en dergelike dinge.
Volgens die syfers wat deur Psira, Privaat Sekuriteitsbedryf Reguleringsowerheid en die SAPD vrygestel is, is dit duidelik dat die getal geregistreerde sekuriteitsbeamptes se verhouding tot die bevolking 1:106 is terwyl die aantal polisielede1:413 is.
Aan die Noordgrens van die Kruger wildtuin, het verval, swak bestuur, geldjagterry en Etniese twis, ongebrydelde wildstropery deur middel van draadstrike waarin diere op barbaarse en wreedaardige wyse aan hulle einde kom, in die hand gewerk.
Die AVP plaas enkele fotos uit Daly Maverick se artikel wat die area besoek het, om aan te toon waartoe enersyds die de Klerkregering se politieke misvattings en andersyds, ons Afrikanervolk se onge-ergdheid oor wie die leisels vat en waarheen dit sou lei, selfs nadat kundige leiers by herhaling daaroor gewaarsku het!
Rom. 14:13-23
“Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.” (:17&18).
Geliefdes, is een van die grootste begeertes wat ons as gelowige kinders van God moet koester nie om te doen wat voor God welgevallig is nie? Wanneer ons sê dat ons Hom werklik liefhet, bo alles liefhet, behoort ons mos daardie dinge te doen waarin Hy ‘n behae het.

Uit 'n artikel van Daly Maverick is dit duidelik dat Aspen die entstof van J&J (Johnson en Johnson) by hulle Aspen Pharmacare aanleg in Port Elizabeth, nou Gqberha, onder lisensie gaan vervaardig, Terwyl die koerant dit as 'n ongelooflike mylpaal beskryf, beskou die AVP dit as nog 'n ingreep van die Nuwe Wêreld Orde in Suid Afrika. In hierdie geval deur Aspen.
Uit die artikel blyk dit ook dat die inhoud van die entstof vir Aspen voorgeskryf is en die effek by die toediening daarvan dus ook dieselfde sal wees.
Dit is duidelik dat een van die oogmerke met die regeringsverandering in 1994, die implimentering van die totstandbring van die "Nuwe Wêreld Orde" en die fiktiewe "Pandemie" met sy beperkende maatreëls, was ook en veral die bates van ons land wat hulle in die oog gehad het.