
Barend Uys (Afriforum se Hoof van Interkulturele Samewerking, het die volgende in sy hart vertroetel en nou bepleit. “Ons moet van ’n rasgebaseerde narratief en samelewing wegbeweeg. Deur ras te gebruik is nie net fundamenteel verkeerd nie, maar dit skets ook ‘n onakkurate prentjie van die komplekse werklikheid op voetsoolvlak. Hoe kan ons steeds verwag dat mense hulself in rasgoepe moet klassifiseer as rasklassifikasie afgeskaf is”.
Jes. 9:1-6 “Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors – tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.” (:5&6).
Geliefdes, laat ons saam met Dawid die HERE se lof uit Psalm 7:18 besing – “Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing.”
LPF SE LYSTREKKER MNR IWAN DIENJES:"OP HIERDIE WYSE WORD ONS BY VOORBAAT UITGESLUIT OM ONS MENING TE KAN VERKONDIG"
Geagte leser. U sal ongetwyfel nog onthou het dat ons twee onderhoude gehad het met respektiewelik mnre. Carlo van Remortel en John Stubenitsky van die Lys Pim Fortuyn afdeling Breda.
Ons het nav. die feit dat hierdie reeds genoemde party nie mag deelneem aan die sg. Diversiteitsdebat wat op Woensdag 9 Februarie deur die organisasie 'Bo Diversity' in die Noord-Brabantse stad word georganiseer, 'n baie insiggewende vraaggsprek gehad met die lystrekker van hierdie politieke party mnr. Iwan Dienjes. Vir hierdie debat is net ses politieke partye wat in die Bredase gemeenteraad setel genooi, wat nagenoeg dieselfde mening het oor die reënbo(o)gnasie. Ons sal hom oa. vrae stel hoekom sy LPF uitgesluit word van deelneming.
Steeds 'n simptoom van die afwyking van 'n suksesvolle beleid van Nasionalisme, in ruil vir 'n rasgemengde "moderne demokrasie"
Hierdie simptoom wil Afriforum uitwis deur ras te negeer as 'n onderskeidingsterm!
In 'n verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE), wat verlede week gepubliseer is, het dit aan die lig gekom dat 5 467 kontrakte toegeken is aan 3 066 diensverskaffers teen 'n totale waarde van R14,3 miljard. Nadat vasgestel is dat 4 549 kontrakte afgehandel is, waarvan reeds 2 803 as onreëlmatig bevind is, is daar niemand in die regime wat 'n geluid maak nie!
Dit verstom 'n mens dat wanneer daarin geslaag word om 'n politieke koers te verander, baie van diegene wat daardie aanvanklike koers ondersteun het omdat hulle daarin geglo het, daardie koers versaak asof dit nou uitgedien is!
Dit ten spyte daarvan dat daardie koers vir meer as sewe dekades as uiters suksesvol bewys is ten opsigte van elke lewensterrein en veral tot voordeel van elke betrokke ras in Suid Afrika. Dit was 'n gekose beleid wat daarop gerig was om die identiteit van elke ras en volk te beskerm en te bewaar soos wat ons hemelse Vader dit geskep en bedoel het om te wees.
Waarom sou die AVP hom hoegenaamd bemoei met die plasing van 'n artikel, wat nadat dit op sosiale media vir dae lank as die "waarheid" sirkuleer is en nou deur die hoofstroom media as fopnuus uitgewys word?
In die eerste plek omdat die hele wêreld nou al vir nagenoeg twee jaar deur leuens en fopnuus ingeperk, bemasker, belieg en bedrieg word met syfers en "virusvariante", as begronding vir inperkings en verlenging van 'n fop ramptoestand, terwyl berigte oor sterftes en beserings, verminkings en permanente imuunstelselbeskadiging oral soos "varkmasels" uitslaan en dit feitlik onmoontlik geword het om te onderskei tussen wat waar is en wat leuen is.
Satire van ons Parlementêre Korrespondent in Kaapstad
“BREAKING NEWS” (gebreekte nuus)
Dit is welbekend dat ‘n kakkerlak ‘n atoomontploffing (Zondu Verslag) kan oorleef. Só is dit in ons Parlement. Die menslike spesie het ‘n beskermingsmeganisme vervolmaak, genaamd herontplooiing, of te wel kaderontplooiing. As die habitat in die Parlement te giftig geraak het, word die kameraad huis toe gestuur waar hy in vrede en veiligheid kan gedy teen volle betaling en in weelde kan leef.