Dit is ‘n uiterste bron van kommer dat ons Afrikanervolk sy hegtheid, sy samehorigheid en veral sy eensgesindheid grootliks verloor het. Dit was een van die eerste benaderiings van die Britte in die wyle na anneksasies, om ons eensgesindheid te verbreek. Die begin van Milner se uitlating by die vredesluiting in 1902, “ It may be peace but it will be war still! Not by the means of bullets, but by other means!”, was die onderwys.
Taal as onderrigmedium was die teiken en hoewel die Afrikaner sy taal bly handhaaf het, was daar tog diegene wat gedink het dat dit verheffend was om Engels te praat, so asof ons taal agterlik was. Die aanslag was egter berekend en fel! In die media is die Afrikaner nie net deur die Engelse pers beledig nie, maar erg belaster. Om dit in perspektief te plaas sal dit goed wees dat u weer blootgestel word aan ‘n brief van wyle mnr. Jaap Marais wat hy destyds aan die engelse koningin gerig het.
In ons Afrikanervolk se geskiedenis was ons Afrikanerleiers en grootliks ons ganse volk, gekant teen Kommunisme. Waarskynlik omdat Kommunisme assosieer is met antichristelike waardes vanweë hulle uitsprake en optrede sedert die 1800’s.
Marx se toegewyde dissipel, Vladimir Lenin, het verklaar dat ateïsme die natuurlike en onafskeidbare deel van kommunisme is. Ons moet haat. Haat is die grondslag van kommunisme. Onder Vladimir Lenin was een van die slagspreuke van die Sowjetunie: “Ons veg teen God om gelowiges van Hom weg te ruk.” ‘n Prominente slagspreuk van die Kommuniste Party van die Sowjetunie was: “Laat ons die kapitaliste van die aarde verdryf, en God uit die Hemel.”
2 Kor. 12:1-10
“En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.” (:9&10).
Geliefdes, dit klink asof daar nie sin is in dit wat Paulus in hierdie brief aan die Korinthiërs skryf nie. Hoe kan ‘n mens sterk wees wanneer jy swak is?
Terwyl vandag se datum ons Afrikanervolk se gedagtes moet terugneem na die oorsprong van ons volkswording, word ons gedagtes beset met ‘n dreigende derde wêreldoorlog, vlaag op vlaag gefabriseerde “virus” bedreigings as regverdiging vir ramptoestand beperkings wat in wetgewing opgeneem is om ons ad infinitum te kan beheer!
So het die mees “moderne” demokrasie van 1994, in ‘n demonokrasie ontaard soos wat behoudende Nasionaliste in aanloop na 1994, sonder ophou gewaarsku het!
Selfs die kerk besef dat die leuens nie langer verswyg kan word nie en is daar enkelinge wat poog om die kerk se aansien te probeer red. Wat hierdie biskop kwytraak mag dalk sommige ontkenners oor sameswerings, die nuwe wêreld orde, die geheime geldmag en die hele spinnerak van onheilige geheime organisasies wat tans die hele wêreld tot gehoorsaamheid gedwing het deur valse en leuenagtige mediaberigte, oortuig dat die stryd tussen lig en duisternis ‘n werklikheid is!
FAKSIEVOORSITTER MNR. JOHAN DECKMYN: "LINKS HET SEKER GEDINK DAT DIE EIENAARS VAN KOSSTALLETJIES NA HULLE PYPE GAAN DANS?
Geagte leser. Ons het 'n baie insiggewende vraaggesprek gehad met die faksievoorsitter van
Vlaams Belang afdeling Gent. Hierdie stad is die hoofstad van die provinsie Oos-Vlaanderen. Die aanleiding hiervoor is die berig dat kosstalletjies hierdie jaar gedwing word om tenminste vir die helf veganiese kos te verkoop. Die besluit is onlangs geneem deur Bram van Braeckevelt,die wethouder van die politieke party Groen wat eis dat dit sal gebeur tydens die Gentse feeste.
Rom. 3:21-31
“want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.” (:23&24).
Geliefdes, ons lees in Génesis 1 dat God die mens na Sy Beeld geskape het. “En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape;...” (Gén. 1:27). En in Ps. 8:6 stel Dawid dit as volg – “U het hom weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.” Ons lees dan ook hiervan in 1 Kor. 11:7:”Want ‘n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is;...”. En hier, in die tuin van Eden, kon die mens, geskape na die beeld en heerlikheid van God, ook in die heerlike teenwoordigheid van God se nabyheid leef.