Soos wat daar deesdae met al die afkortings kortpad gevat word, wil dit voorkom of hierdie drie bo-vermelde organisasies die kortpad is na totale wêreldoorheersing! Dit was egter Langenhoven wat die insig gehad het om te voorspel dat as die kortpad die regte pad was, die grootpad daarlangs sou geloop het!
Die vraag wat dringend gevra moet word is, waar kry hierdie organisasies hulle mandaat, of beter gestel, hulle reg om besluite te neem, uitsprake te maak en optrede te laat implimenteer wat jou en my lewens en wêreldbeskouing ingrypend moet verander?
Was u daar? En indien u daar was, onthou u nog en het u dit aan u kinders oorgedra? Klop hulle harte ook soos u s'n op daardie heugelike dag?
Die AVP ONTHOU EN GEDENK DIE STRYD VAN ONS VOORGESLAGTE WAT UITEINDELIK DIE OORWINNING OOR ENGELSE OORHEERSING FINAAL IN 1961 BEHAAL HET!
WEES SAAM MET ONS BLY EN BEREI VOOR VIR SO 'N SAAMKOMS WANNEER ONS WEER VRY IS!
Dit is hierdie toedrag van sake waaroor Afrikanerleiers vroeg en laat gewaarsku het! Nie net gewaarsku het nie, selfs gepleit het dat de Klerk gestuit moet word om nie hulle voorneme om van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling af te wyk, uit te voer nie. Die enigste Afrikanerleier, mnr. Jaap Marais van die Herstigte Nasionale Party wat vir 4 ure in ‘n byeenkoms, waar àl die regse groepe wat destyds saak gemaak het byeen was, gepleit het dat de Klerk gestuit moet word deur ‘n verkiesing af te dwing, kon nie ‘n enkele ondersteuning vir sy standpunt in daardie byeenkoms verkry nie!
Deur prof. Anthony J. Hall Global Research, 26 Mei 2022
Ons leef te midde van hope sigbare en onsigbare wrakstukke, baie daarvan giftig, terwyl ons voortgaan met ons reis na die derde jaar van die vervaardigde COVID-krisis. Alhoewel dit nie op die maniere wat deur ons goewerneurs se sentraalbeheerde mediamonopolieë beklemtoon word nie, het die gesoute stryd teen die oorverhitte koronavirus ernstige trauma gebring aan die fisiese, geestelike en ekonomiese toestand van 'n groot deel van die mensdom.
Nie vrede, voorspoed en vooruitgang nie maar misdaad, geweld en gebrek aan veiligheid! Nie wat die AVP verkondig nie, wel wat ons steeds saam met vorige ware en werklike Afrikanerleiers voor gewaarsku het en wat nou deur die media in groot, swart en vetletters in hulle hoofblaaie verkondig word!
Terwyl onrus en onlus deur vyandige elemente aangeblaas is na die sluipmoord op dr. Verwoerd, sodat die kreet vir vrede geregverdig kon word, is alle geldige argumente oor die gevaar van magsdeling oor rasgrense heen, van die tafel afgevee!
2 Konings 17:24-41 “Tog het die Here met hulle 'n verbond gesluit en hulle bevel gegee en gesê: Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie. Maar die Here wat julle uit Egipteland laat optrek het met groot krag en met 'n uitgestrekte arm, Hom moet julle vrees en voor Hom buig en aan Hom offer. En die insettinge en die verordeninge en die wet en die gebod wat Hy julle voorgeskrywe het, moet julle altyd sorgvuldig onderhou, maar ander gode mag julle nie vrees nie.” (:35-37). Geliefdes, hoe identies is hierdie gebeure in die lewe van die volk Israel nie met die geskiedenis van die Afrikanervolk se geskiedenis hier aan die Suidpunt van Afrika nie?