Goeiemore Hannes, hartlik dank vir 'n inspirerende oordenking, gerig en sinvol be-oordeel vir die gees van ons tyd! Mag God ons hemelse Vader ons mense aanraak om daaraan blootgestel te word tot versterking, vermaning en opbouing in geloof in afwagting op Sy koms! Mag jy Sy seën ontvang en self gesterk word in volharding om die basuin te blaas vir almal wat wil hoor!
Vriendelike groete,
Oom Danie.
1 Pet. 3:8-22 “Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag. Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.” (:10-12).
Geliefdes, wat ‘n raak beskrywing vir die huidige toestand in die wêreld is dit nie om dit te stel dat die wêreld onderstebo is nie. Dit wat veronderstel is om reg te wees, word as verkeerd afgemaak.
Wat hieronder geskryf is het al by herhaling op hierdie webblad verskyn uit die penne van verskillende skrywers. Ons volk het egter 'n geneigdheid om te vergeet en dan in onderskeid van wat belangrik is, agter aandagafleiers aan te verdwaal op paaie wat gekies is om ons te mislei.
RAMAPHOSA STUUR WAARSKUWING OOR AANVAL TEEN DIE GRONDWET
Staff Writer 22 February 2021
Cyril Ramaphosa het sy kommer uitgespreek oor individue wat 'minagting' vir Suid-Afrika se grondwet en sy howe toon. Hy het Maandag (22 Februarie) in sy weeklikse brief aan die publiek gesê dié individue ondermyn die land se regstelsel en veroorsaak skade aan die oppergesag van die reg.
Die ANC moet begryp dat die feit dat die AVP en baie ander Afrikaners die "grondwet" waarna hy verwys, verdra, dit nie beteken dat ons dit aanvaar het nie! Ons is verraai deur die de Klerk kabaal wat onder internasionale druk geswig het en wat die huidige beheer oor Suid Afrika illegitiem maak! Dit sal nooit verander solank as wat daar Afrikaners in Suid Afrika is nie.
MANDAAT.
Die betekenis van die woord mandaat: Toesig oor ‘n gebied, lasbrief, bevelskrif, volmag.
Wanneer daar in ‘n demokrasie ‘n mandaat aan ‘n regering gegee is deur ‘n volk, behels dit benewens toesig oor ‘n betrokke gebied, ook ‘n bevel soos vervat in ‘n lasbrief wat indien dit nie uitgevoer word nie, dit as oortreding beskou word waarvoor jy aangekla kan word. By gebreke aan die uitvoering van die mandaat, tree so ‘n regering onwettig op en is die handelinge wat buite die mandaat val, onwettig! In sagter terme, illegitiem!
Gén. 22:1-24 “Toe roep die Engel van die Here vir die tweede keer na Abraham van die hemel af en sê: Ek sweer by Myself, spreek die Here, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.” (:15-18).
Die Ramapokkerkrasie van die nuwe Suid-Afrika word gekenmerk deur lieg, steel, roof, brand, stakings, verkragting en Afrikanerhaat in die algemeen. Saamgevat is die nuwe Suid-Afrika een groot misdaadtoneel.
Die DA en VF met die swart plus verkeer in ‘n diepe politieke koma, opsetlik onbewus van die bewuste. Die onregmatigheid van die Ramapokkerkrasié as ‘n gegewe. Niemand kan dit betwis wat by sy volle positiewe is nie. Zondu as ‘n swartman het dit self bekragtig met sy ondersoek
FARMERS DEFENCE SE GELDERLANDSE STREEKSBESTUURDER MNR. ALBERT MARKERINK: "EK IS BAIE BLY DAT OOK DIE BURGERS NOU INSIEN WAT AANGAAN"
Geagte leser,
U sal ongetwyfel onthou dat ons op 18 Augustus 2021 'n baie insiggewende onderhoud gehad het met mnr. Mark van den Oever, wat die voorsitter is van Farmers Defence Force, oor die feit
dat die Nederlandse regering die agrariese sektor van sy eie grond wil verjaag. Tans het ons die genoeë gehad om met mnr. Albert Markerink, die Gelderse streeksbestuurder van dieselfde organisasie 'n interessante onderhoud te hê. Ons sal vir hom vrae stel oor die ontwikkelings wat aan die gang is, sedert die regering die plan opgevat het om Nederlandse boere te verdryf van hul grond wat hulle regmatige eiendom is. As 'n foefie beweer die regering dan dat die agrariese sektor te veel stikstof produseer.