2 Konings 17:24-41 “Tog het die Here met hulle 'n verbond gesluit en hulle bevel gegee en gesê: Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie. Maar die Here wat julle uit Egipteland laat optrek het met groot krag en met 'n uitgestrekte arm, Hom moet julle vrees en voor Hom buig en aan Hom offer. En die insettinge en die verordeninge en die wet en die gebod wat Hy julle voorgeskrywe het, moet julle altyd sorgvuldig onderhou, maar ander gode mag julle nie vrees nie.” (:35-37).
Lucifer denke is die stukrag wat nasionalisme as iets boos voorstel. Dekadensie van die mensheid is hul doelwit. Respek vir die eie en ‘n geordende samelewing het vir die kwaadpraters geen waarde nie. Alles maar alles, wat mooi en skoon en rein is, moet belaster word. Die natuurlike moet vervang word met die onnatuurlike, sodat hulle, hulle kan verlustig in die twis wat ontstaan in ‘n multikulturele en veelrassige samelewing. Almal se lewens moet vergal word deur ’n twistende saam-bestaan, volgens lucifer se strewe wat hul koning is. Die dans met die duiwel gee hul plesier.
“Ons is in oorlog met die wittes wat ons grond gevat het en ons wil dit nou terug hê. Ons wil ons grond en ons wil ons rykdom terug hê; as julle in ons pad staan sal ons julle verpletter!”
Die AVP se antwoord op hierdie oorlogsverklaring in die lig van Ramaphosa se stelling in sy onlangse staatsrede, dat grond nou onteien sal word sonder vergoeding, is: As julle wil oorlog hê, sal julle oorlog kry! Ons het gewerk en betaal vir alles wat ons het, en ten duurste omdat julle al vir eeue op ons rug ry!
Dit was in 2005 toe die leier van die AVP onder andere ook die woordvoerder oor onderwys in die Herstigte Nasionale Party was, dat hy dit beklemtoon het dat vaste beginsels in die onderwys onontbeerlik is vir die voortbestaan van 'n volk. Die uittog van ons kundige en deeglik geskoolde volksgenote, is sekerlik een van die mees negatiewe simptome wat spruit uit die versaking van die nasionalistiese beginsels waarop die Afrikanervolk totstand gekom het.
Deelname aan die aftakeling van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling bied geen voordeel vir die handhawing van identiteit, vryheid of vrede nie! Die bewys daarvan lê na 28 jaar se futiele beproewing, ons land van grens tot grens vol, in stof en as! Die moedswillige bekladding van apartheid as sondig, euwel, 'n misdryf teen die mensheid, grens aan kranksinnigheid as daar gekyk word na die resultaat van 28 jaar se rasseintegrasie met magsdeling terwille van "mensereg", en dit nadat daar by herhaling deur van die kundigste leiers wat die wêreld opgelewer het, gewaarsku was en meer nog, in geen onduidelike terme vorspel was!
Deut. 10:10-22 “Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.” (:14).
Geliefdes, wanneer laas het u ‘n bietjie nagedink waarom ons die HERE aanbid en dien? Dit klink dalk na ‘n vreemde vraag, maar hierdie is tog ‘n belangrike vraag om aan onsself te stel. Dalk aanbid u die HERE omdat u maar van kindsbeen af so geleer is. Dit is wat my ouers aan my geleer het om te doen. En dit het nou maar deur die jare heen ‘n gevestigde gewoonte by my geword. Ek lees gereeld Bybel, ek bid en ek gaan elke Sondag kerk toe.
As jy lyk soos ‘n eend, loop soos ‘n eend en kwaak soos ‘n eend, dan is jy ‘n eend. Jou oë én jou ore vertel jou dit. Jy is die stempel wat die Skepper op jou geplaas het. Dit is ‘n gegewe wat onveranderlik is. Om te argumenteer dat identiteitspolitiek rassisties is, verklaar jy die Skepper as ‘n rassis. Die mensheid is nie ‘n eenheid nie, maar ‘n verskeidenheid. Slegs uit selfhaat sou jy iemand anders wou wees. Anders gestel, ‘n Babelse verwarring heers in jou kop as jy nie weet wie jy is, of wil glo dat ander ook soos jy is, al kan jy sien en hoor en selfs ruik dat dit nie so is nie.
Die Britte se oorlog sonder koeëls teen die Afrikanervolk, is besig om wat bo was na onder te bring met die strekking dat die onreg wat deur hulle teen ons volk gepleeg is, besig is om hulle in te haal.
Boris Johnson se bedanking saam met die redes daarvoor, is tekenend van die verval van die eens “magtige” Britse Koningryk. Sy verleentheid vir die Britse volk, wat deur sy verkiesing as eerste minister, ook die Britte se verleentheid geword het, saamgelees met prins Harry se huwelik oor die kleurgrens, Brexit en die Engelse betrokkenheid by die oorlog in die Ukraїne, dui op ‘n volk wie se regering nie meer in beheer is nie.