Jes. 1:1-31
“’ n Os ken sy besitter en 'n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.” (:3)
Geliefdes, hierdie is nie ‘n geïsoleerde geval waar God Sy volk oor hul gebrekkige kennis aanspreek nie. Luister gerus na die woorde van die HERE uit Jesaja 5:13. “Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, ...”. En die profeet Hoséa getuig ook hiervan. “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis;...” (Hos. 4:6).
VLAAMS BELANG SE VOORSITTER: MNR. TOM VAN GRIEKEN: " EK KAN TERUGKYK NA 'N KONFERENSIE VAN GOEIE BLOOTSTELLING EN SINVOLLE BESPREKINGS".
Op die byeenkoms van die CPAC wat in die Hongaarse stad Boedapest gehou is, het duisende belangstellendes opgedaag uit alle dele van die wêreld. Hulle was oa. afkomstig uit die VSA, Duitsland, Oostenryk, Italie, Frankryk, Spanje, Vlaanderen en uiteraard Hongarye. Die CPAC staan vir “Conservative Political Action Conference” en het hul eerste kongres gehou in 1974.
Nadien is daar reeds in verskeie lande soos bv. Suid-Korea, Japan, Australië en Brazilië byeenkomste gehou. Die CPAC van Hongarye was die eerste konferensie wat in Europa plaasgevind het op Donderdag 19 Mei en Vrydag 20 Mei in die hoofstad Boedapest. Daar was 46 sprekers waaronder die voorsitter van Vlaams Belang mnr. Tom van Grieken. Ons het weer die genoeë gehad om 'n insiggewende onderhoud te hê. In hierdie agste vraaggesprek sal ons hom vrae stel oor sowel sy toespraak as sy besoek aan premier Viktor Orbán.
Chris Hedges is 'n Pulitzer-prys-bekroonde joernalis wat vyftien jaar lank 'n buitelandse korrespondent was vir The New York Times, waar hy as die Midde-Ooste-burohoof en Balkan-burohoof vir die koerant gedien het. Hy het voorheen oorsee gewerk vir The Dallas Morning News, The Christian Science Monitor en NPR. Hy is die gasheer van die program The Chris Hedges Report
Sy ontleding van die huidige gebeure in die wêreld is nugter en op die man af. Dit skets egter ‘n donker prentjie met bitter min hoop vir oorlewing volgens hom, indien die mag van die geldmag nie gebreek word nie.
Poetin herlei kritieke gasvoorsiening ooswaarts! Europese sanksies is besig om Europa ernstig te benadeel.
Deur Mike Whitney Global Research, 16 Junie 2022
“Verwerping van Russiese energiebronne beteken dat Europa die streek met die hoogste energiekoste ter wêreld sal word. Dit sal die mededingendheid van die Europese industrie ernstig ondermyn, wat reeds besig is om die mededinging te verloor aan maatskappye in ander dele van die wêreld .... Ons Westerse kollegas het blykbaar die elementêre wette van ekonomie vergeet, of verkies om dit bloot te ignoreer.” Aldus -Vladimir Poetin, president van die Russiese Federasie
Met ‘n onwettige regering in beheer van ‘n land is aanspreeklikheid ‘n luukse! Strafreg word vervang met die een kommissie van ondersoek na die ander en diegene onder verdenking op betaalde verlof vir die aantal jare wat die ondersoek duur!
Hoe natuurlik is dit om in feitlik elke dag se nuusblaaie opskrifte te sien soos: “Police brigadier nabbed with seven others over almost R1m in dodgy contracts” In dieselfde berig lees jy dan: “Another damning matter concerns former acting national police commissioner Khomotso Phahlane and his co-accused who have been slapped with charges emanating from the R191-million “blue light” tender to supply emergency equipment to the SAPS in 2017.”
Nasiebou is nog een van die towerwoorde waarmee die Afrikanerhaters smous. Ironies genoeg het die ANC bekendheid verwerf as brekers instede van bouers. Sedert die ANC bewind het polarisasie tussen volke in die nuwe SA drasties toegeneem. Selfs binne party verband is faksie gevegte aan die orde van die dag. Meer akkuraat kan die ANC beskryf word as twee georganiseerde misdaad groepe. Hul fokus is diefstal instede van landsbestuur, soos dit aan die lig gekom het met die Zondu ondersoek.